0

SOOGDIERE – HOE DIE DRIELING DIT VERSTAAN……


Die Kleuterskool Klassies behandel elke week  verskillende temas. Verlede week was dit Reptiele gewees – wat hulle natuurlik baie geniet het, en hierdie week se tema is Soogdiere. Elke kind word dan ook aangemoedig om ietsie skool toe te vat ivm die tema. ‘n Basiese “Show and Tell”.

Gisteraand was hulle so opgewonde gewees en het met groot detail vir my en Kobus vertel van Soogdiere. Hier volg hulle weergawes……..

* REINHARDT:  Soogdiere het hare. Soogdiere drink melkies by hulle Mamma’s. Hulle bly in hulle Mamma se magie en word dan gehoore (gebore). Hulle Mamma broei hulle uit . He He He….. Ek dink hy het ‘n bietjie deurmekaar geraak met die Reptiele.

* QUINTIN: Reptiele is koudbloedig. Soogdiere is warmbloedig. “As die wind waai Mamma, is ons dan koudbloedig?” Oi! en net toe ek dink Quintin het die terme Koud en Warmbloedig onder die knie!

* ZANDER: Soogdiere bly in hulle Mamma’s se magies…….. Short en Sweet 🙂

* DOMINIQUE: Sy voel ‘n veer oor Reptiele en Soogdiere. Sy stel meer belang in Nicki Menasj en Justin Bieber. En wil by my hoor wanneer gaan sy soos Nicki Menasj lyk? En……. Ons is maar net 3 en ‘n half! Kopseer Pappa Kobus, Kopseet wat wag vir jou. 🙂

Ps: Verlede week met die tema Reptiele, het Zander ‘n Speelgoed  Krokodil skooltoe gestuur. Reinhardt ‘n Verkleurmannetjie en Quintin (wat ek gedink het ook maar net ‘n pienk Reptiel ietsie is), moes ek later by hom hoor. Dit is NIE ‘n Reptiel nie, maar ‘n Gemoko Dragon! He??????? Hierdie Mamma gaan nie stry nie, ek het al iewers daardie naam gehoor, so Mamma Arnell glo vir Quintin. Skies Quintin! Mamma Arnell sal volgende keer eers my navorsing gaan doen.

En daar het julle dit mensies. Meer oor Soogdiere en ‘n bietjie van Reptiele.

Ps: As julle meer vra het daaroor, vra vir die Drieling en nie vir Mamma Arnell nie! 🙂

Soogdier en Reptiel Groete: Arnell

xAx

 

 

Advertisements
0

VOEL HOE DIE LAG DIEP BINNE-IN JOU BORREL……


Ek dink ons gaan heeltemal te ernstig deur die lewe en raak te vining kwaad as iemand vir ons lag…..

Hoekom lag ons nie eerder saam nie? Hulle se mos lag laat jou nie net beter voel nie, dit verlig ook pyn. Ek weet nie of julle al gehoor het van Norman Coursins wat homself gesond gelag het nie.

Hy het ‘n degenererende siekte oorkom wat die werwelkolom en heupgewrig aantas en baie pyn veroorsaak. Toe die dokters se hy het net ‘n paar weke oor om te leef, het hy homself uit die hospital ontslaan en in ‘n hotel gaan bly. Hy het baie vitamien C gedrink en die een komedie na die ander gekyk. Net tien minute se lag het hom twee uur lank sonder pyn laat slap. Nie lank daarna nie, was hy weer terug by die werk!

Net weereens ‘n bewys dat lag die beste medisyne is vir hartseer en siekte.

Mensies ek daag julle uit vandag. Lag! Lag hard! Lag vir jouself! Lag vir ander! Skater lag! Giggel!  Maak nie saak waar jy is of wat jy doen nie. Lag kos niks nie. Lag is verniet. ‘n Lag en Glimlag is aansteeklik. Deel joune met ander vandag.

Voel vandag hoe geluk, vreugde en vrede in jou borrel!

Kom ons skaterlag!

Skatterlag groete: Arnell

xAx

 

 

0

IS JY ‘N CONTROL FREAK?


Jy hoef nie alleen te voel nie. Daar is baie vroue wie se middelnaam CONROL FREAK is! Lyk my dis geneties. Dis in ons bloed!

Soms, wanneer dinge nie volgens plan verloop nie, voel dit mos of jou wereld ineen gaan stort. En hoekom is ons bang vir die gevolge as dinge skeefloop? Alles kan mos nie altyd gebeur soos jy dink dit behoort te gebeur nie. Daar sal altyd dinge buite jou beheer of persoonlike invloedsfeer wees.

Dink jy nie dis tyd dat ons ander begin vertrou om hulle kant te bring nie? Kom ons vergeet daarvan om verantwoordelik te voel vir alles wat gebeur. Kom ons vergeet dat onbeplande verrassings ons laat bewe. Kom ons verander hoe ons oor dinge dink en fokus eerder op dit wat ons kan doen en doen dit behoorlik! Dis tog al waaroor ons beheer het, of hoe?

LET GO AND LET GOD!

Toedels liewe vriende en mag julle ‘n giggel geel Woensdag he.

Voelgoed Liefde: Arnell

xAx

 

 

0

EN PAPPA VAN DIE JAAR GAAN AAN…….


En Pappa van die jaar gaan aan………

** DRUM ROLL **

Pappa Kobus!

Pappa Kobus en die drie seuntjies het gistermiddag – neem in ag, dit is Sondag middag 12 uur alleen gaan fliek. Pop Corn, Astro’s, koeldrank – sommer die hele katoeks! En daarna het Pappa Kobus nog kans gesien om die 3tjies Spur toe te vat vir middagete, terwyl Mamma Arnell en sussie Dominique by Genevieve se Prinses Partytjie was. Well done Outjie! Jy het guts! Ek is so trots op jou!

Wat ‘n heerlike dagie was dit nie. Die kiddies was gisteraand kapot en teen 18:40 was al vier rustig in La La Land. Mamma en Pappa kon tot Carte Blance kyk – en mensies dit gebeur NOOIT.

Shame, Reinhardt bid tot gisteraand in al sy  moegheid: “Dankie Liewe Jesus dat Goliat (let wel Goliat) vir Dawid doodgemaak het, want hy het nie van jou gehou nie.” Got to love them!

Toedels mensies, en ‘n mooi week vir julle.

Blessings!

xAx

 

 

 

0

JY’S FABULOUS NES JY IS!


Ek het haar weer vanoggend in die spieel gesien; Die vrou met die plooie en die groot heupe en die bietjie grys hare en die….. Jy weet van wie ek praat, ne?

Mensies, alhoewel ons heupe groter word en ons middellyf suidwaarts skuif soos ons ouer word, moet ons dankbaar wees dat ons lywe nog sterk is en dat ons nog die lewe kan geniet. Skoonheid is immers soveel meer as net voorkoms, dis eintlik ‘n gevoel hier in jou binneste.

Nianell (die Sangerres) het by ‘n skool vir gestremde leerders gaan sing en vir hulle gevra wie van hulle fabulous is. Party van die kinders was stom en ander spasties. En almal het sonder om ‘n oomblik te huiwer hulle handjies opgesteek!

Dis mos nou vir my en jou ‘n les!

Dit gaan nie oor hoe jy lyk nie. Hoor die stemmetjie in jou binneste wat skree: “Ek’s fabulous!” En glo dit vriende.

‘n Mooi week aan al my fabulous vriende.

Fabulous groete: Arnell

xAx

Blessings!

971177_10151801968292915_830208184_n

0

MAMMA ARNELL SE DONDERDAG BRIEFIES AAN JULLLE 4…….


LIEWE: QUINTIN, REINHARDT,ZANDER EN DOMINIQUE…..

Dit is omtrent ‘n leeftyd terug dat Mamma laas vir julle ‘n briefie geskryf het. Daar gaan nie ‘n dag verby dat Mamma Arnell nie dankie se vir hierdie groot bederf in my en Pappa Kobus se lewens nie. Liewe Jesus het ONS gekies om julle Mamma en Pappa te wees. Wat ‘n voorreg! Wat ‘n belewenis  daagliks.

Quintin, Reinhardt en Zander oor minder as 2 maande is julle 5 jaar oud. Mamma onthou so goed, toe julle nog baie klein was en Mamma en Pappa maar bitter min slaap ingekry het, en met tye maar baie moedeloos was oor hierdie groot verantwoordelikheid om 3 klein mensies groot te kry het almal vir ons gese, dingetjies sal beter gaan as hulle 5 jaar oud is. Daardie tyd het dit gevoel soos ‘n ewigheid, maar die tyd het so goeie verby gegaan en ampertjies is julle 5 jaar oud. En raai wat??? Die mense was reg……… dinge begin makliker word. Julle is nie meer Kleuters nie, maar 3 groot seuntjies 🙂 Mamma en Pappa is so trots op julle. Ons 3 Vitalab Invitro Babetjies!

Dominique’tjie……… Jy is Pappa se Pinky Prinses. Jy is Mamma se “Mini Me”. ‘n Dogtertjie in die volle sin. Die oulikste dingetjie ooit, ons groot verrassing wonderwerk geskenkie van die Here af. Genade, maar ons lewens sou soveel armer gewees het sonder jou!

Quintin, Reinhardt, Zander en Dominique……. Mamma is baie lief vir julle.

Soentjies en baie drukkies altyd. xxxxxxxx

Mamma Arnell

485738_10151692473707915_275719588_n