0

Ai toggie! So baie dingetjies……


Sjoe!

Dit was ‘n leeftyd terug….. Vanaand het ek die behoefte om ‘n bietjie te gesels.

Ai toggie! Met wie tog!

Die lewe bly ‘n gejaag. Mense begin by mekaar verby  lewe. Elke een net vir homself. En iewers binne myself, haal ek net net asem. Ek probeer by alles uitkom. Verloor myself in die proses. Vir wie? vir wat? Vir ander, wat nie omgee nie….

Moeg is ‘n understatemet, kom ek vertel jou vandag. Ek is moeg! Kapot! Poegaai!

En hier sit ek, ek kry koud. Ek is moeg. Vir wat? Is dit alles die moeite werd? Vanaand dink ek nie so nie. Vanaand wil ek weg, weg wees van alles. Vanaand verlang ek…. Maar ek weet tog, niks gaan help nie. More is alles nogsteeds dieselfde, presies dieselfde!

xAx

Advertisements
0

Wat alles in ‘n jaar gebeur het……


Wel Maters……

2015 is amper iets van die verlede. Ek besluit toe vanmiddag om ‘n bietjie na my lang verlore Blog te gaan soek. En wraggies waar, hy is nogsteeds hier. Ek besef toe ook met ‘n groot skok dat die laaste keer wat ek ietsie op hom geskryf het was in Januarie 2015. Wraggies waar!!!!!

So, wat het alles met ons sover in 2015 gebeur? Darem nie te veel nie, kan ek met ‘n opregte hart terug rapporteer. 2015 was eintlik ‘n baie goeie jaar gewees, in teenstelling met 2014 wat daarteen amper een van ons ga ga jare was.

Om eerste te noem en seker een van die belangrikste goedjies… Ons 4 mensies leef nog, hulle is nou al ‘n volle 7 jaar en amper 6 jaar oud 🙂 Hulle word darem soeter en makliker om te beheer. Die seuns gaan nou Graad 2 toe en Sussie gaan Graad 0 toe. Graad 1 met die drie mannetjies was rof gewees! I kid you NOT! Super rof!! Met tye het ek nie geweet hoe kry ek hulle deur Graad 1 nie, never mind dat ons ooit die woorde “Q,R,Z slag Graad 1 en word bevorder na Graad 2” sal sien nie, en kan jy nou glo…… Woensdag die 9de Desember het daar op al drie se rapporte daardie woorde gestaan. ERIKA! ERIKA! Nou vir Graad 2, wat ek natuurlik glo ‘n ander Ball Game gaan wees.

Met Kobus gaan dit ook goed. Fietsry, Fietsry, Fietsry….. Need I say more? Hy geniet dit. Hy is happy. So dan maak dit ons ook gelukkig.

Met Mamma en Pappa gaan dit ook goed. Behalwe vir een geval waar Pappa geval het en sy knie baie seer gemaak het. Was 2015 hulle heel goed gesind gewees. Dankie tog daarvoor!

Met my…… Op en Af! Baie op’s gehad. Ek het weer terug gekeer na die Onderwys. En hou nou vir 20 baie besige Graad Nulle skool. Ek geniet dit sover… Moet bieg meer as wat ek ooit gedink het. Ek het wonderlike nuwe vriendinne en vriende gemaak, waarvoor ek baie dankbaar is.

En dan natuurlik my laagte punt van die jaar. My rots, my maatjie Mandy en haar gesin het Amerika toe verhuis. Ek sukkel daagliks, nee uurliks om hierdeur te kom. As dit maar net ‘n nagmerrie was? Ek het probeer sterk staan, maar Hemel nee, ek kan nie meer nie…..

So daar het julle dit… In ‘n Neute dop my 2015 sover. Daar is nog baie om te vertel. So “stick around” ek vertel later meer.

Toedels.

xAx

0

Daddy keep calm and CALL Mommy……


Wat ek persoonlik dink die ou hempies moes se is as volg: “Daddy stay calm, Mom’s running!” Want o vet! Hierdie 4tjies is super besig en gewis nie Zombie Materiaal nie…….

Partydae, ok, meeste van die dae wonder ek hoe doen ek dit? Hoe cope ek? En weet julle wat….. Ek DOEN nie! Hulle is ‘n handvol en party dae werk hulle ore net beter as ander dae of natuurlik GLAD NIE!  Mensies hierdie drie 6 jariges en een amper 5 jarige is baie slim, hulle het super woema en energie (mmmmmm……. miskien is dit al die Cal-C-Vita wat ek daagliks vir hulle gee). Hulle hou net nie op nie, hulle gaan net aan, en aan, en aan.

Trips en Sus: 4.

Mom: 0.

Hulle wen! Ek gee op! 🙂

Toedels van ‘n baie moeg Mamma Arnell wat nie kan wag dat die skool moet begin nie……

Mensies moenie dat hierdie 4 Engel Gesiggies julle bluff nie 🙂

 

10898175_10152992379587915_787784357839936437_n                 10881552_10152992552167915_1799650822955828559_n            10882151_10152992380487915_8157627469950350666_n             10269555_10152992380857915_5250756714299509499_n

0

RAAI WAT HOU 2015 VIR ONS IN???


Ons 3 Mannetjies gaan Graad 1 toe…….

Laerskool Northmead en ons 3 Juffrouens…  Juffrou Anuschka, Juffrou Elsa en Juffrou Riana, baie sterkte met hierdie 3 baie besige, woelige Seuntjies.

Ons 3 Manne gaan Graad 1 toe                                                              10419539_10153044667197915_1274018968606219165_n

All dressed up en reg vir Graad 1                                                                               Pret by Norrieville….

Let the countdown begin…… 2 More Sleeps…..

Jippy!!!!

 

0

TA TA 2013…… HELLOO 2014……..


1470008_10152101401052915_1268900547_n 1451971_10152101400017915_9698064_n 1461135_10152101398997915_173970317_n 1461165_10152101398102915_355624195_n 1467487_10152101395907915_142258119_n 1472921_10152101391317915_826555652_n

Hellooha Mensies!

2013…. Wat ‘n Warrelwind jaar was dit nie……….

10 ” Torando’s”, hoeveel “Siklone” en “Haelstorms”  het ons as Botha Gesin nie getref hierdie jaar nie. 2013 was moeilik, bitter, bleddie moeilik gewees…. Mensies, I’m counting the day’s  till 2014!

Ek  was nog nooit een vir onewe getalle nie. Gee my die 2’s, 4’s, 6’se……… en ek voel gemaklik. Maar as dit by die 1’s, 3’s ens…. kom freak ek uit. En weereens het die 13 vir 2013 my  NIE teleur gestel nie.  Vandag gaan ek julle nie verveel met my ga ga jaar nie. Maar wat ek vandag graag met julle wil deel is my pragtige gesinnetjie, wat deur al ons hartseer en moeilike tydjies nogsteeds so awesome was en by Mamma Arnell gestaan het. Moenie my verkeert verstaan nie – hulle was nogsteeds ‘n bietjie baie stout gewees, maar ook vrek oulik en super cute!

Geniet ons foto’s!

Toedels tot later, en sommer ‘n vroee Happy New Year 2014 vir julle almal. Ek is SUPER opgewonde vir 2014! 🙂

xAx

 

0

WAT GELD NIE KAN KOOP NIE…….


Ek hoop nie julle gee om nie……

Ek deel graag vandag Bobby Van Jaarsveld se liedjie: “Wat geld nie kan koop nie.” Mamma Arnell verander net die woorde ‘n bietjie en wil dit graag vandag aan my vier pragtige Pikkewouters opdra – Quintin, Reinhardt, Zander, Dominique EN natuurlik Pappa Kobus.

WAT GELD NIE KAN KOOP NIE…..

A&K (24)

As jy wonder hoe ek  voel, want ek se dit nie genoeg nie.

Soms se ‘n Mamma te veel.

Maar nie wat sy bedoel nie.

Dan kyk ek net na jou – Zander, jy wat Mamma regop hou.

En Mamma sien wat jy werd is.

A&K (153)

Daar is soveel wat ek  wil se, wat ek nie altyd wys nie.

Ek hoop dat jy kan sien wat Mamma nie kan beskryf nie.

Dan kyk Mamma in jou oe – Quintin.

Dis jy wat in my glo.

En Mamma weet wat jy werd is.

A&K (199)

Wat geld nie kan koop nie.

Wat woorde nie se nie.

Wat die wereld nie het nie.

Dit alles kry ek by jou.

Wat die oog nie kan sien nie.

En Mamma nie altyd kan voel nie.

Meer as dit alles kry ek by jou – Reinhardt.

A&K (26)

Wanneer tye moeilik raak en ek dit nie verstaan nie.

Is jy altyd daar, wat Mamma nie sal laat gaan nie.

Dan kyk Mamma weer na jou – Dominique.

Dit is jy wat my staande hou.

A&K (205)

En ek gaan op my kniee elke dag.

Ek se dankie vir als wat julle is.

Soveel meer as wat ek voor kon vra.

Kobus, Quintin, Reinhardt, Zander en Dominique…….

Wat geld nie kan koop nie.

Wat woorde nie se nie.

Wat die wereld nie het nie.

Kry ek by julle.

Wat die oog nie kan sien nie.

En ek  nie altyd voel nie.

Meer as dit alles kry ek by julle.

xAx

 

0

MORE SKYN DIE SON WEER……………


Ek sit op die oomblik by die Arbeidsterapeut en wag vir Zander……..

Vanoggend wil wil my moed in my skoene sak, want sien Zander is moeilik vanoggend. Meneertjie het ‘n wil van sy eie en arme Armandi – sy Arbeidsterapeut het haar hande vol. Mamma Arnell is moeg vandag. Ek is moeg! Vandag wil my lyf, my hart en mag ek se my siel nie saam werk nie. Dit is asof “ekself” net  wil afsny en verdwyn. Ek wil onder die komberse inklim en uit skreeu: “Maak my wakker as alles verby is en ek weer voel asof ek kan cope”.  Maak dit sin?

Om voltyds Mamma en Huisvrou te wees is nie maklik nie. Dit is nie iets wat net natuurlik vir my kom nie. Ek mis my werk, ek werk my vriende ek mis dat iemand anders vir my ‘n slag ‘n beker koffie maak. Ek mis my emails, iemand wat sommer net bel om te hoor hoe dit gaan. Ek mis dit alles…..

Ja, vandag is ek bitter. ‘n Deel van my is dood. Ek het soveel verloor die laaste jaar. En tog is daar ‘n deel van Arnell wat skree om uit te kom, ‘n Deel van my wat daar diep binnekant is.Diep binne begrawe is. Ek glo nie sy gaan vandag uitkom nie. Ook nie more nie, maar miskien eendag.

Ek is seker jy het ook al slegte dae gehad. Dae wanneer die wekker net te vroeg afgaan, die kinders (soos in my geval) veeleisend is of daai gunsteling uitrusting in die was gekrimp het….

Mensies, vandag maak ek ‘n wilsbesluit om gelukkig te wees, want jy kan nie kies wat met jou gebeur nie, maar wel hoe jy daarop reageer. En ongelukkig op die oomblik is my reaksies nie wat dit moet wees nie. Dit is dae soos vandag dat ek WIL glo dat die Here beter weet. Dat Hy my nou hier by die huis WIL he, nerens anders. So vir vandag wil ek se – al is dit hoe moeilik en al voel ek nie vandag lus om dit te se nie, maar gaan ek dit se: “Until God opens the next door, praise Him in the hallway.”

Ek kies om nie vandag moed te verloor en sommer in ‘n hopie te gaan sit nie. Byt vas Arnell, more skyn die son weer!

Reality check! Ek beter gaan inloer….. Zander is moeilik verby.

Lekker dagie almal.

xAx