NET ‘N BIETJIE VAN MYSELF…….

Vir die van julle wat my ken sal hierdie bietjie agtergrond kennis maar vaal en vervelig wees. Maar vir die wat my nie ken nie, en graag wil leer ken, wel, hier gaan ons……

Ek is 36  jaar oud. Bly in Benoni aan die Oos Rand. Ek is baie gelukkig getroud met Kobus en ons het 4 pragtige kiddies. ‘n Drieling seuntjies van  4  en hul sussie wat nou 2  en ‘n half  is.

Ek wou nog altyd ‘n Mamma gewees het. En kom ons wees nou eerlik….. Hoe moeilik kan dit wees? Dogtertjies van 15/16  raak tog swanger? Foutjie!!!!! Vir ons het dit nie so maklik gekom nie. Baie Fertiliteitsbehandelinge onder andere 7 Invitro’s , ‘n miskraam later en Whola ons raak swanger met die 3-ling 7 jaar later.  My swangerskap met hulle was fantasties gewees, geen komplikasies nie  en op 32 weke is hulle gebore. Hulle was 7 weke in Sandton Medi Clinic se ICU en Neonatal Highcare gewees. Wat ek nie geweet het nie, was hoe moeilik dit sou wees daardie eerste jaar van hulle lewens. Min slaap, ‘n dom mamma en pappa, tande sny, kruip, loop.

Die drieling was 9 maande oud, toe ek met ‘n “skok” agter gekom het dat ons weer swanger is. Hierdie keer was dit normaal gewees, die Here se werk. Skok, Skok, Skok! Die hele nege maande met Dominique se swangerskap was elke dag, elke minuut ‘n huil sessie. Ek kon nooit glo dat daar mense was wat nie ‘n swangerskap wou he nie, ek het hulle altyd veroordeel en wat doen die Here? Hy plaas my in daardie selfde situasie! Ek wou nie hierdie swangerskap gehad het nie.  Maar, van die eerste oomblik wat ek haar gesien het, het ek geweet die Here het ‘n doel met haar. Die Here het my oe oop gemaak. Ek het dit SO nodig gehad! Op Maandag die 15de Februarie 2010 is Dominique gebore. Haar naampie beteken “Van die Here af”. En watse Blessing is sy nie vir ons nie.

Tydens ons Infertiliteits jare het ek baie besonderse mensies ontmoet, wat vandag nog my beste maatjies is. Van hulle was net so gelukkig soos ons om aan die einde ook Babetjie/s van hul eie te kon he. Maar ongelukkig is daar ook ‘n paar wat babetjies verloor het en wat nooit die voorreg sal he om ‘n Mamma en Pappa te wees nie. In 2010 net na Dominique se geboorte het ek en Kobus besluit om as Surogaat vir baie goeie vriende van ons te wees. Dit was n groot besluit gewees, een wat ons nie ligtelik opgeneem het nie. Ons het baie daaroor gebid en elke keer dieselfde antwoord gekry dat ons dit wel moet doen. Ons en die ander paartjie is deur al die nodige toetse, evalueerings ens. So het ons toe Maart 2011 ons eerste Surogaat poging aangewend. Ongelukkig het dit nie gewerk nie. Ek is bitter jammer dat dit nie gewerk het nie, want daardie paartjie verdien dit om ouers te wees. Ons het nog twee pogings oor – volgens wet. Of ons dit weer ‘n probeer slag gaan gee, hang alles van die betrokke paartjie af. Ons laat ook alles in die Here se hande, Hy weet beter. Ek hou vas aan die volgende: “Mense maak planne, maar wat God besluit, gebeur.”

Soms – korreksie daar – meeste van die tye gaan dit maar dol in ons huis. Ek moet erken ek maak baie foute en cope meeste van die dae nie met my 4 kabouters nie. Soms is dit baie oorweldigend en scary. Maar meeste van die tye is dit so rewarding en is ons so geseen om so ‘n groot, gelukkige  gesinnetjie te wees. Ons het immers gevorder van net 2 mensies in ons huis na 6 in net 17 maande. Alle Eer aan onse Vader. Gou het ek besef dat Life begins at the end of your comfort zone!

Ek en Kobus leer nog elke dag. Ons het ons goeie dae, maar ook ons minder goeie “af” dae. Ons het ook nou besef dat alhoewel ons nou ‘n Mamma en Pappa is vir vier baie-besige-nie so soet-cute kiddies en dat hulle ons eerste prioriteit is, ons ook na onself moet omsien. Ons Geestelike, Fisiese, Emosionele  Welstand MAG NIE agterbly nie. Hy het weer begin oefen, en ek lees meer en probeer myself meeste van die tyd oorreed dat ‘n Treadmill Sessie lekker is en goed is vir die ekstra vetjies 🙂

In hierdie Blog skryf ek graag oor my kinders. Die good, bad and ugly. Sit agteroor en geniet my blog saam met my en as jy wil, is jy welkom om ‘n comment te los.

Kom loer in my wereld! My balancing Act!  The many things I am…. Life is hard – but it’s also amazing, and I will rock the hell out of it!

Liefies: Ekke xx

2 thoughts on “NET ‘N BIETJIE VAN MYSELF…….

  1. Julle klink vir my na mense wat met passie leef. Ek weet dat julle alreeds geluk smaak omdat julle ook vir ander mense leef. Ons bydrae in die gemeenskap kan nie net beperk word tot dit wat ons daaruit kan score nie maar as ‘n kollektiewe score vir almal. Dankie vir die inspirasie wat julle ook nie net praat nie maar ook doen.

    Die surrogaat kwessie is vir my vreemd en ek erken dat ek nie naastenby al die “angles” van die kwessie verstaan nie. Ek weet net dit is ‘n baie onselfsugtige besluit wat teken is van julle karakter. Sterkte daarmee.

  2. Meneer Nel, baie dankie vir die pragtige boodskappie. Ek waardeer dit baie. Ek geniet jou Blog geweldig baie. Ek was ook “eens op ‘n tyd” ‘n JP Onderwyserres of soos ons mede mans studente ons altyd op Dokkies genoem het – die spoeg en plak juffrouens. Baie sterkte vir die volgende kwartaal wat voorle.
    Groete: Arnell

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s