As ons maar net almal kan ophou voorgee


Jip, en hier sit ek. ‘n Klompie jare en dae later…..

Skryf was nog altyd my uitlaatklep. Skryf laat my beter voel. Skryf is soos medisyne, want sien, medisyne maak jou beter. Medisyne vat al daardie kieme en gogga’s wat jou so siek maak weg. Net so is dit met skryf. Al daardie eina woorde, sinne, wat later paragrawe word, moet uit.

Maar ongelukkig, die laaste paar jare agv omstandighede (he he he), moes ek minder skryf, minder praat… Want sien…. daar word mos van ‘n mens verwag om “altyd in beheer te wees. Wees dankbaar vir wat jy het. Jy het soveel om dankbaar voor te wees Arnell. Ag nee man, ruk jouself reg en beweeg aan!”

Maar nou is ek moeg! Moenie my verkeert verstaan nie… Asb! Ek is gelukkig! Ek is dankbaar! Maar, en ek bedoel dit MAAR….. ek is moeg vir voorgee.. Hoekom moet ons altyd voorgee mense? Vir wat? Vir wie? Net om vanaand in die bed te klim en te top oor dit alles waaroor jy vandag voorgegee het? Ek het voorgegee ek is die beste Mamma ooit…. My dogtertjie het 4 doele vandag ingeslaan tydens haar spannetjie se hokkie wedstryd. My seuntjie is hierdie kwartaal Top 10. Ah wow! Maar wat niemand weet nie, is hoe ek baklei het en geskree het dat hy moet leer. Hoe ek my naskool maatjies moes indeel om 5 minute weg te “slip” om na my dogtertjie te gaan kyk, en by the way het ek nie een van daardie 4 doele gesien nie.  Om voor te gee dat ek elke liewe dag lief en lus is vir die 25 kleutertjies in my klas. Moet my ook nie hier vandag verkeert verstaan nie, ek is lief vir elke een van hulle. Maar ek is ook net ‘n mens en as ek geen stem het en vrot is van die verkoue en eintlik net in ‘n warm bed wil wees, is ek nie lus om 5 keer vir jou liefste bederfde ou bulletjie  te smeek om sy papier wat hy op die vloer gegooi het op te tel nie.

Voorgee ek is die beste Mamma met die meeste geduld nie. Voorgee ek is die beste Graad R Juffrou nie. Voorgee ek is die beste vrou en eggenoot nie (veral nie as ek 2:00 in die oggend jou moord beplan omdat jy snork en ek nie kan slaap nie). Voorgee dat ek lekker kos maak en die mooiste koek kan bak nie. Ok! Hier trek ek die streep! Ons almal weet ek haat kosmaak en kan nie eers Barbie Cup Cakes in ‘n boks maak nie. 🙂

My punt… Kom ons (ek) hou op met voorgee en wees vir ‘n slag eerlik met onself en met ander. Praat as iets pla.  Huil as jy hartseer is.  Lag as jy gelukkig is. Doen dit net! Wees eerlik en hou op met voorgee. Ek wed jou… alles sal beter gaan, want sien, ek is nie die enigste een wat voorgee nie, jy wat hier lees, gee ook voor. Kom ons staan saam en hou op voorgee!

Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s