0

Ai toggie! So baie dingetjies……


Sjoe!

Dit was ‘n leeftyd terug….. Vanaand het ek die behoefte om ‘n bietjie te gesels.

Ai toggie! Met wie tog!

Die lewe bly ‘n gejaag. Mense begin by mekaar verby ¬†lewe. Elke een net vir homself. En iewers binne myself, haal ek net net asem. Ek probeer by alles uitkom. Verloor myself in die proses. Vir wie? vir wat? Vir ander, wat nie omgee nie….

Moeg is ‘n understatemet, kom ek vertel jou vandag. Ek is moeg! Kapot! Poegaai!

En hier sit ek, ek kry koud. Ek is moeg. Vir wat? Is dit alles die moeite werd? Vanaand dink ek nie so nie. Vanaand wil ek weg, weg wees van alles. Vanaand verlang ek…. Maar ek weet tog, niks gaan help nie. More is alles nogsteeds dieselfde, presies dieselfde!

xAx