Wat alles in ‘n jaar gebeur het……


Wel Maters……

2015 is amper iets van die verlede. Ek besluit toe vanmiddag om ‘n bietjie na my lang verlore Blog te gaan soek. En wraggies waar, hy is nogsteeds hier. Ek besef toe ook met ‘n groot skok dat die laaste keer wat ek ietsie op hom geskryf het was in Januarie 2015. Wraggies waar!!!!!

So, wat het alles met ons sover in 2015 gebeur? Darem nie te veel nie, kan ek met ‘n opregte hart terug rapporteer. 2015 was eintlik ‘n baie goeie jaar gewees, in teenstelling met 2014 wat daarteen amper een van ons ga ga jare was.

Om eerste te noem en seker een van die belangrikste goedjies… Ons 4 mensies leef nog, hulle is nou al ‘n volle 7 jaar en amper 6 jaar oud 🙂 Hulle word darem soeter en makliker om te beheer. Die seuns gaan nou Graad 2 toe en Sussie gaan Graad 0 toe. Graad 1 met die drie mannetjies was rof gewees! I kid you NOT! Super rof!! Met tye het ek nie geweet hoe kry ek hulle deur Graad 1 nie, never mind dat ons ooit die woorde “Q,R,Z slag Graad 1 en word bevorder na Graad 2” sal sien nie, en kan jy nou glo…… Woensdag die 9de Desember het daar op al drie se rapporte daardie woorde gestaan. ERIKA! ERIKA! Nou vir Graad 2, wat ek natuurlik glo ‘n ander Ball Game gaan wees.

Met Kobus gaan dit ook goed. Fietsry, Fietsry, Fietsry….. Need I say more? Hy geniet dit. Hy is happy. So dan maak dit ons ook gelukkig.

Met Mamma en Pappa gaan dit ook goed. Behalwe vir een geval waar Pappa geval het en sy knie baie seer gemaak het. Was 2015 hulle heel goed gesind gewees. Dankie tog daarvoor!

Met my…… Op en Af! Baie op’s gehad. Ek het weer terug gekeer na die Onderwys. En hou nou vir 20 baie besige Graad Nulle skool. Ek geniet dit sover… Moet bieg meer as wat ek ooit gedink het. Ek het wonderlike nuwe vriendinne en vriende gemaak, waarvoor ek baie dankbaar is.

En dan natuurlik my laagte punt van die jaar. My rots, my maatjie Mandy en haar gesin het Amerika toe verhuis. Ek sukkel daagliks, nee uurliks om hierdeur te kom. As dit maar net ‘n nagmerrie was? Ek het probeer sterk staan, maar Hemel nee, ek kan nie meer nie…..

So daar het julle dit… In ‘n Neute dop my 2015 sover. Daar is nog baie om te vertel. So “stick around” ek vertel later meer.

Toedels.

xAx

Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s