0

Daddy keep calm and CALL Mommy……


Wat ek persoonlik dink die ou hempies moes se is as volg: “Daddy stay calm, Mom’s running!” Want o vet! Hierdie 4tjies is super besig en gewis nie Zombie Materiaal nie…….

Partydae, ok, meeste van die dae wonder ek hoe doen ek dit? Hoe cope ek? En weet julle wat….. Ek DOEN nie! Hulle is ‘n handvol en party dae werk hulle ore net beter as ander dae of natuurlik GLAD NIE!  Mensies hierdie drie 6 jariges en een amper 5 jarige is baie slim, hulle het super woema en energie (mmmmmm……. miskien is dit al die Cal-C-Vita wat ek daagliks vir hulle gee). Hulle hou net nie op nie, hulle gaan net aan, en aan, en aan.

Trips en Sus: 4.

Mom: 0.

Hulle wen! Ek gee op! 🙂

Toedels van ‘n baie moeg Mamma Arnell wat nie kan wag dat die skool moet begin nie……

Mensies moenie dat hierdie 4 Engel Gesiggies julle bluff nie 🙂

 

10898175_10152992379587915_787784357839936437_n                 10881552_10152992552167915_1799650822955828559_n            10882151_10152992380487915_8157627469950350666_n             10269555_10152992380857915_5250756714299509499_n

Advertisements
0

RAAI WAT HOU 2015 VIR ONS IN???


Ons 3 Mannetjies gaan Graad 1 toe…….

Laerskool Northmead en ons 3 Juffrouens…  Juffrou Anuschka, Juffrou Elsa en Juffrou Riana, baie sterkte met hierdie 3 baie besige, woelige Seuntjies.

Ons 3 Manne gaan Graad 1 toe                                                              10419539_10153044667197915_1274018968606219165_n

All dressed up en reg vir Graad 1                                                                               Pret by Norrieville….

Let the countdown begin…… 2 More Sleeps…..

Jippy!!!!