MORE SKYN DIE SON WEER……………


Ek sit op die oomblik by die Arbeidsterapeut en wag vir Zander……..

Vanoggend wil wil my moed in my skoene sak, want sien Zander is moeilik vanoggend. Meneertjie het ‘n wil van sy eie en arme Armandi – sy Arbeidsterapeut het haar hande vol. Mamma Arnell is moeg vandag. Ek is moeg! Vandag wil my lyf, my hart en mag ek se my siel nie saam werk nie. Dit is asof “ekself” net  wil afsny en verdwyn. Ek wil onder die komberse inklim en uit skreeu: “Maak my wakker as alles verby is en ek weer voel asof ek kan cope”.  Maak dit sin?

Om voltyds Mamma en Huisvrou te wees is nie maklik nie. Dit is nie iets wat net natuurlik vir my kom nie. Ek mis my werk, ek werk my vriende ek mis dat iemand anders vir my ‘n slag ‘n beker koffie maak. Ek mis my emails, iemand wat sommer net bel om te hoor hoe dit gaan. Ek mis dit alles…..

Ja, vandag is ek bitter. ‘n Deel van my is dood. Ek het soveel verloor die laaste jaar. En tog is daar ‘n deel van Arnell wat skree om uit te kom, ‘n Deel van my wat daar diep binnekant is.Diep binne begrawe is. Ek glo nie sy gaan vandag uitkom nie. Ook nie more nie, maar miskien eendag.

Ek is seker jy het ook al slegte dae gehad. Dae wanneer die wekker net te vroeg afgaan, die kinders (soos in my geval) veeleisend is of daai gunsteling uitrusting in die was gekrimp het….

Mensies, vandag maak ek ‘n wilsbesluit om gelukkig te wees, want jy kan nie kies wat met jou gebeur nie, maar wel hoe jy daarop reageer. En ongelukkig op die oomblik is my reaksies nie wat dit moet wees nie. Dit is dae soos vandag dat ek WIL glo dat die Here beter weet. Dat Hy my nou hier by die huis WIL he, nerens anders. So vir vandag wil ek se – al is dit hoe moeilik en al voel ek nie vandag lus om dit te se nie, maar gaan ek dit se: “Until God opens the next door, praise Him in the hallway.”

Ek kies om nie vandag moed te verloor en sommer in ‘n hopie te gaan sit nie. Byt vas Arnell, more skyn die son weer!

Reality check! Ek beter gaan inloer….. Zander is moeilik verby.

Lekker dagie almal.

xAx

 

Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s