SOOGDIERE – HOE DIE DRIELING DIT VERSTAAN……


Die Kleuterskool Klassies behandel elke week  verskillende temas. Verlede week was dit Reptiele gewees – wat hulle natuurlik baie geniet het, en hierdie week se tema is Soogdiere. Elke kind word dan ook aangemoedig om ietsie skool toe te vat ivm die tema. ‘n Basiese “Show and Tell”.

Gisteraand was hulle so opgewonde gewees en het met groot detail vir my en Kobus vertel van Soogdiere. Hier volg hulle weergawes……..

* REINHARDT:  Soogdiere het hare. Soogdiere drink melkies by hulle Mamma’s. Hulle bly in hulle Mamma se magie en word dan gehoore (gebore). Hulle Mamma broei hulle uit . He He He….. Ek dink hy het ‘n bietjie deurmekaar geraak met die Reptiele.

* QUINTIN: Reptiele is koudbloedig. Soogdiere is warmbloedig. “As die wind waai Mamma, is ons dan koudbloedig?” Oi! en net toe ek dink Quintin het die terme Koud en Warmbloedig onder die knie!

* ZANDER: Soogdiere bly in hulle Mamma’s se magies…….. Short en Sweet 🙂

* DOMINIQUE: Sy voel ‘n veer oor Reptiele en Soogdiere. Sy stel meer belang in Nicki Menasj en Justin Bieber. En wil by my hoor wanneer gaan sy soos Nicki Menasj lyk? En……. Ons is maar net 3 en ‘n half! Kopseer Pappa Kobus, Kopseet wat wag vir jou. 🙂

Ps: Verlede week met die tema Reptiele, het Zander ‘n Speelgoed  Krokodil skooltoe gestuur. Reinhardt ‘n Verkleurmannetjie en Quintin (wat ek gedink het ook maar net ‘n pienk Reptiel ietsie is), moes ek later by hom hoor. Dit is NIE ‘n Reptiel nie, maar ‘n Gemoko Dragon! He??????? Hierdie Mamma gaan nie stry nie, ek het al iewers daardie naam gehoor, so Mamma Arnell glo vir Quintin. Skies Quintin! Mamma Arnell sal volgende keer eers my navorsing gaan doen.

En daar het julle dit mensies. Meer oor Soogdiere en ‘n bietjie van Reptiele.

Ps: As julle meer vra het daaroor, vra vir die Drieling en nie vir Mamma Arnell nie! 🙂

Soogdier en Reptiel Groete: Arnell

xAx

 

 

Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s