0

WAT GELD NIE KAN KOOP NIE…….


Ek hoop nie julle gee om nie……

Ek deel graag vandag Bobby Van Jaarsveld se liedjie: “Wat geld nie kan koop nie.” Mamma Arnell verander net die woorde ‘n bietjie en wil dit graag vandag aan my vier pragtige Pikkewouters opdra – Quintin, Reinhardt, Zander, Dominique EN natuurlik Pappa Kobus.

WAT GELD NIE KAN KOOP NIE…..

A&K (24)

As jy wonder hoe ek  voel, want ek se dit nie genoeg nie.

Soms se ‘n Mamma te veel.

Maar nie wat sy bedoel nie.

Dan kyk ek net na jou – Zander, jy wat Mamma regop hou.

En Mamma sien wat jy werd is.

A&K (153)

Daar is soveel wat ek  wil se, wat ek nie altyd wys nie.

Ek hoop dat jy kan sien wat Mamma nie kan beskryf nie.

Dan kyk Mamma in jou oe – Quintin.

Dis jy wat in my glo.

En Mamma weet wat jy werd is.

A&K (199)

Wat geld nie kan koop nie.

Wat woorde nie se nie.

Wat die wereld nie het nie.

Dit alles kry ek by jou.

Wat die oog nie kan sien nie.

En Mamma nie altyd kan voel nie.

Meer as dit alles kry ek by jou – Reinhardt.

A&K (26)

Wanneer tye moeilik raak en ek dit nie verstaan nie.

Is jy altyd daar, wat Mamma nie sal laat gaan nie.

Dan kyk Mamma weer na jou – Dominique.

Dit is jy wat my staande hou.

A&K (205)

En ek gaan op my kniee elke dag.

Ek se dankie vir als wat julle is.

Soveel meer as wat ek voor kon vra.

Kobus, Quintin, Reinhardt, Zander en Dominique…….

Wat geld nie kan koop nie.

Wat woorde nie se nie.

Wat die wereld nie het nie.

Kry ek by julle.

Wat die oog nie kan sien nie.

En ek  nie altyd voel nie.

Meer as dit alles kry ek by julle.

xAx

 

Advertisements
0

MORE SKYN DIE SON WEER……………


Ek sit op die oomblik by die Arbeidsterapeut en wag vir Zander……..

Vanoggend wil wil my moed in my skoene sak, want sien Zander is moeilik vanoggend. Meneertjie het ‘n wil van sy eie en arme Armandi – sy Arbeidsterapeut het haar hande vol. Mamma Arnell is moeg vandag. Ek is moeg! Vandag wil my lyf, my hart en mag ek se my siel nie saam werk nie. Dit is asof “ekself” net  wil afsny en verdwyn. Ek wil onder die komberse inklim en uit skreeu: “Maak my wakker as alles verby is en ek weer voel asof ek kan cope”.  Maak dit sin?

Om voltyds Mamma en Huisvrou te wees is nie maklik nie. Dit is nie iets wat net natuurlik vir my kom nie. Ek mis my werk, ek werk my vriende ek mis dat iemand anders vir my ‘n slag ‘n beker koffie maak. Ek mis my emails, iemand wat sommer net bel om te hoor hoe dit gaan. Ek mis dit alles…..

Ja, vandag is ek bitter. ‘n Deel van my is dood. Ek het soveel verloor die laaste jaar. En tog is daar ‘n deel van Arnell wat skree om uit te kom, ‘n Deel van my wat daar diep binnekant is.Diep binne begrawe is. Ek glo nie sy gaan vandag uitkom nie. Ook nie more nie, maar miskien eendag.

Ek is seker jy het ook al slegte dae gehad. Dae wanneer die wekker net te vroeg afgaan, die kinders (soos in my geval) veeleisend is of daai gunsteling uitrusting in die was gekrimp het….

Mensies, vandag maak ek ‘n wilsbesluit om gelukkig te wees, want jy kan nie kies wat met jou gebeur nie, maar wel hoe jy daarop reageer. En ongelukkig op die oomblik is my reaksies nie wat dit moet wees nie. Dit is dae soos vandag dat ek WIL glo dat die Here beter weet. Dat Hy my nou hier by die huis WIL he, nerens anders. So vir vandag wil ek se – al is dit hoe moeilik en al voel ek nie vandag lus om dit te se nie, maar gaan ek dit se: “Until God opens the next door, praise Him in the hallway.”

Ek kies om nie vandag moed te verloor en sommer in ‘n hopie te gaan sit nie. Byt vas Arnell, more skyn die son weer!

Reality check! Ek beter gaan inloer….. Zander is moeilik verby.

Lekker dagie almal.

xAx

 

0

SOOGDIERE – HOE DIE DRIELING DIT VERSTAAN……


Die Kleuterskool Klassies behandel elke week  verskillende temas. Verlede week was dit Reptiele gewees – wat hulle natuurlik baie geniet het, en hierdie week se tema is Soogdiere. Elke kind word dan ook aangemoedig om ietsie skool toe te vat ivm die tema. ‘n Basiese “Show and Tell”.

Gisteraand was hulle so opgewonde gewees en het met groot detail vir my en Kobus vertel van Soogdiere. Hier volg hulle weergawes……..

* REINHARDT:  Soogdiere het hare. Soogdiere drink melkies by hulle Mamma’s. Hulle bly in hulle Mamma se magie en word dan gehoore (gebore). Hulle Mamma broei hulle uit . He He He….. Ek dink hy het ‘n bietjie deurmekaar geraak met die Reptiele.

* QUINTIN: Reptiele is koudbloedig. Soogdiere is warmbloedig. “As die wind waai Mamma, is ons dan koudbloedig?” Oi! en net toe ek dink Quintin het die terme Koud en Warmbloedig onder die knie!

* ZANDER: Soogdiere bly in hulle Mamma’s se magies…….. Short en Sweet 🙂

* DOMINIQUE: Sy voel ‘n veer oor Reptiele en Soogdiere. Sy stel meer belang in Nicki Menasj en Justin Bieber. En wil by my hoor wanneer gaan sy soos Nicki Menasj lyk? En……. Ons is maar net 3 en ‘n half! Kopseer Pappa Kobus, Kopseet wat wag vir jou. 🙂

Ps: Verlede week met die tema Reptiele, het Zander ‘n Speelgoed  Krokodil skooltoe gestuur. Reinhardt ‘n Verkleurmannetjie en Quintin (wat ek gedink het ook maar net ‘n pienk Reptiel ietsie is), moes ek later by hom hoor. Dit is NIE ‘n Reptiel nie, maar ‘n Gemoko Dragon! He??????? Hierdie Mamma gaan nie stry nie, ek het al iewers daardie naam gehoor, so Mamma Arnell glo vir Quintin. Skies Quintin! Mamma Arnell sal volgende keer eers my navorsing gaan doen.

En daar het julle dit mensies. Meer oor Soogdiere en ‘n bietjie van Reptiele.

Ps: As julle meer vra het daaroor, vra vir die Drieling en nie vir Mamma Arnell nie! 🙂

Soogdier en Reptiel Groete: Arnell

xAx

 

 

0

VOEL HOE DIE LAG DIEP BINNE-IN JOU BORREL……


Ek dink ons gaan heeltemal te ernstig deur die lewe en raak te vining kwaad as iemand vir ons lag…..

Hoekom lag ons nie eerder saam nie? Hulle se mos lag laat jou nie net beter voel nie, dit verlig ook pyn. Ek weet nie of julle al gehoor het van Norman Coursins wat homself gesond gelag het nie.

Hy het ‘n degenererende siekte oorkom wat die werwelkolom en heupgewrig aantas en baie pyn veroorsaak. Toe die dokters se hy het net ‘n paar weke oor om te leef, het hy homself uit die hospital ontslaan en in ‘n hotel gaan bly. Hy het baie vitamien C gedrink en die een komedie na die ander gekyk. Net tien minute se lag het hom twee uur lank sonder pyn laat slap. Nie lank daarna nie, was hy weer terug by die werk!

Net weereens ‘n bewys dat lag die beste medisyne is vir hartseer en siekte.

Mensies ek daag julle uit vandag. Lag! Lag hard! Lag vir jouself! Lag vir ander! Skater lag! Giggel!  Maak nie saak waar jy is of wat jy doen nie. Lag kos niks nie. Lag is verniet. ‘n Lag en Glimlag is aansteeklik. Deel joune met ander vandag.

Voel vandag hoe geluk, vreugde en vrede in jou borrel!

Kom ons skaterlag!

Skatterlag groete: Arnell

xAx

 

 

0

IS JY ‘N CONTROL FREAK?


Jy hoef nie alleen te voel nie. Daar is baie vroue wie se middelnaam CONROL FREAK is! Lyk my dis geneties. Dis in ons bloed!

Soms, wanneer dinge nie volgens plan verloop nie, voel dit mos of jou wereld ineen gaan stort. En hoekom is ons bang vir die gevolge as dinge skeefloop? Alles kan mos nie altyd gebeur soos jy dink dit behoort te gebeur nie. Daar sal altyd dinge buite jou beheer of persoonlike invloedsfeer wees.

Dink jy nie dis tyd dat ons ander begin vertrou om hulle kant te bring nie? Kom ons vergeet daarvan om verantwoordelik te voel vir alles wat gebeur. Kom ons vergeet dat onbeplande verrassings ons laat bewe. Kom ons verander hoe ons oor dinge dink en fokus eerder op dit wat ons kan doen en doen dit behoorlik! Dis tog al waaroor ons beheer het, of hoe?

LET GO AND LET GOD!

Toedels liewe vriende en mag julle ‘n giggel geel Woensdag he.

Voelgoed Liefde: Arnell

xAx

 

 

0

EN PAPPA VAN DIE JAAR GAAN AAN…….


En Pappa van die jaar gaan aan………

** DRUM ROLL **

Pappa Kobus!

Pappa Kobus en die drie seuntjies het gistermiddag – neem in ag, dit is Sondag middag 12 uur alleen gaan fliek. Pop Corn, Astro’s, koeldrank – sommer die hele katoeks! En daarna het Pappa Kobus nog kans gesien om die 3tjies Spur toe te vat vir middagete, terwyl Mamma Arnell en sussie Dominique by Genevieve se Prinses Partytjie was. Well done Outjie! Jy het guts! Ek is so trots op jou!

Wat ‘n heerlike dagie was dit nie. Die kiddies was gisteraand kapot en teen 18:40 was al vier rustig in La La Land. Mamma en Pappa kon tot Carte Blance kyk – en mensies dit gebeur NOOIT.

Shame, Reinhardt bid tot gisteraand in al sy  moegheid: “Dankie Liewe Jesus dat Goliat (let wel Goliat) vir Dawid doodgemaak het, want hy het nie van jou gehou nie.” Got to love them!

Toedels mensies, en ‘n mooi week vir julle.

Blessings!

xAx