ONS TYD! ONS BEURT!


Vandat die seuns gebore is, het ek en Kobus ‘n punt daarvan gemaak om elke Julie maand vir ‘n week alleen weg te gaan. Ons is gelukkig genoeg dat die Ouma’s en Oupa’s dan na ons huistoe kom en na die kiddies kyk. Dit werk net makliker as die kids by ons huis is, waar alles nog bekend en hulle s’n is.

Hierdie Julie maand was weereens geen uitsondering nie. Ek en Kobus was vir 10 dagies in Kaapstad, Hermanus en Hartenbos gewees. Hierdie jaar het dit ook makliker gegaan as die voriges, omrede die kids darem groter word en beter verstaan. Ons het ook elke dag met elke een gesels oor die telefoon. Moet nie ‘n fout maak nie, Mamma Arnell en Pappa Kobus het meer na hulle verlang, as hulle na ons! Na 10 dae weg en veilig terug by die huis was hulle reaksie so effens:”O, ok! Julle is terug.” Hulle het gans en al te lekker gekuier by Oupa Koos en Ouma Ellen.

In die verlede, en ek glo nogsteeds word ons deur sommige mense gekritiseer oor ons die kinders by die huis los en lekker gaan vakansie hou. In die begin het dit my nogal gepla en ja, met tye het ek sleg gevoel en gedink ek is ‘n slegte Mamma om die kleingoed net so te los. Mensies! Was ek nie verkeert gewees  nie…….

Gou het ek besef, ons – ek en Kobus het dit nodig. Ons het dit aan mekaar verskuldig. Ons het dit aan ons self verskuldig. Ons het dit aan ons huwelik verskuldig. En boonop ons het dit aan die kinders verskuldig. Want sien, as ons terug keer na die vakansie voel ons beter. Voel ons uitgerus. Het ons weer energie en sien ons weer kans vir die spannetjie van vier baie besige kleuter lyfies!

Wel, nog ‘n Julie vakansie is verby. Heelwaarskynlik was dit ons laaste Julie vakansie alleen, want sien volgende jaar begin die viertjies by die nuwe “groot” skool. Maar mensies, niks keer ons om vir ‘n naweek of twee alleen weg te gaan nie 🙂

Aan al die Mamma’s en Pappa’s wil ek graag aanpor – probeer dit! Al is dit net vir ‘n dagie of twee sonder boeta en sussa. Dit verrig wondere vir ‘n mens se hart en siel. Vra vir Oupa en Ouma, Oom en Tannie of sommer net ‘n goeie vriendin  om julle uit te help. Ek glo daar sal iewers ‘n gewillige hand of twee wees wat sal help.

Ps: Vir eers moenie vir Tannie Arnell vra nie, my spannetjie hou my vir eers baie besig! 🙂

Pss:  Baie dankie Kobus vir ‘n heerlike vakansie. Jy het soveel moeite gedoen met alles. Niks was vir jou te veel gevra nie, jy het my so baie bederf. Lief jou meer en meer elke dag.

Psss:  Baie dankie Ma Ellen en Pa Koos dat julle so mooi na ons kosbaarste besittings gekyk het. Ons waardeer dit so baie.

Pssss: Laaste maar nie die minste nie…. Dankie Liewe Heer dat U ons veilig gehou het na 3500km wat ons op die pad was. Dankie vir die wonderlike vooreg om te kon weg gaan en kon weet ons kinders is veilig en gelukkig. Ons Loof U naam!

Toedels liewe Vrinne.

Blessings!

xAx

Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s