0

JY’S FABULOUS NES JY IS!


Ek het haar weer vanoggend in die spieel gesien; Die vrou met die plooie en die groot heupe en die bietjie grys hare en die….. Jy weet van wie ek praat, ne?

Mensies, alhoewel ons heupe groter word en ons middellyf suidwaarts skuif soos ons ouer word, moet ons dankbaar wees dat ons lywe nog sterk is en dat ons nog die lewe kan geniet. Skoonheid is immers soveel meer as net voorkoms, dis eintlik ‘n gevoel hier in jou binneste.

Nianell (die Sangerres) het by ‘n skool vir gestremde leerders gaan sing en vir hulle gevra wie van hulle fabulous is. Party van die kinders was stom en ander spasties. En almal het sonder om ‘n oomblik te huiwer hulle handjies opgesteek!

Dis mos nou vir my en jou ‘n les!

Dit gaan nie oor hoe jy lyk nie. Hoor die stemmetjie in jou binneste wat skree: “Ek’s fabulous!” En glo dit vriende.

‘n Mooi week aan al my fabulous vriende.

Fabulous groete: Arnell

xAx

Blessings!

971177_10151801968292915_830208184_n

0

MAMMA ARNELL SE DONDERDAG BRIEFIES AAN JULLLE 4…….


LIEWE: QUINTIN, REINHARDT,ZANDER EN DOMINIQUE…..

Dit is omtrent ‘n leeftyd terug dat Mamma laas vir julle ‘n briefie geskryf het. Daar gaan nie ‘n dag verby dat Mamma Arnell nie dankie se vir hierdie groot bederf in my en Pappa Kobus se lewens nie. Liewe Jesus het ONS gekies om julle Mamma en Pappa te wees. Wat ‘n voorreg! Wat ‘n belewenis  daagliks.

Quintin, Reinhardt en Zander oor minder as 2 maande is julle 5 jaar oud. Mamma onthou so goed, toe julle nog baie klein was en Mamma en Pappa maar bitter min slaap ingekry het, en met tye maar baie moedeloos was oor hierdie groot verantwoordelikheid om 3 klein mensies groot te kry het almal vir ons gese, dingetjies sal beter gaan as hulle 5 jaar oud is. Daardie tyd het dit gevoel soos ‘n ewigheid, maar die tyd het so goeie verby gegaan en ampertjies is julle 5 jaar oud. En raai wat??? Die mense was reg……… dinge begin makliker word. Julle is nie meer Kleuters nie, maar 3 groot seuntjies 🙂 Mamma en Pappa is so trots op julle. Ons 3 Vitalab Invitro Babetjies!

Dominique’tjie……… Jy is Pappa se Pinky Prinses. Jy is Mamma se “Mini Me”. ‘n Dogtertjie in die volle sin. Die oulikste dingetjie ooit, ons groot verrassing wonderwerk geskenkie van die Here af. Genade, maar ons lewens sou soveel armer gewees het sonder jou!

Quintin, Reinhardt, Zander en Dominique……. Mamma is baie lief vir julle.

Soentjies en baie drukkies altyd. xxxxxxxx

Mamma Arnell

485738_10151692473707915_275719588_n

0

ONS TYD! ONS BEURT!


Vandat die seuns gebore is, het ek en Kobus ‘n punt daarvan gemaak om elke Julie maand vir ‘n week alleen weg te gaan. Ons is gelukkig genoeg dat die Ouma’s en Oupa’s dan na ons huistoe kom en na die kiddies kyk. Dit werk net makliker as die kids by ons huis is, waar alles nog bekend en hulle s’n is.

Hierdie Julie maand was weereens geen uitsondering nie. Ek en Kobus was vir 10 dagies in Kaapstad, Hermanus en Hartenbos gewees. Hierdie jaar het dit ook makliker gegaan as die voriges, omrede die kids darem groter word en beter verstaan. Ons het ook elke dag met elke een gesels oor die telefoon. Moet nie ‘n fout maak nie, Mamma Arnell en Pappa Kobus het meer na hulle verlang, as hulle na ons! Na 10 dae weg en veilig terug by die huis was hulle reaksie so effens:”O, ok! Julle is terug.” Hulle het gans en al te lekker gekuier by Oupa Koos en Ouma Ellen.

In die verlede, en ek glo nogsteeds word ons deur sommige mense gekritiseer oor ons die kinders by die huis los en lekker gaan vakansie hou. In die begin het dit my nogal gepla en ja, met tye het ek sleg gevoel en gedink ek is ‘n slegte Mamma om die kleingoed net so te los. Mensies! Was ek nie verkeert gewees  nie…….

Gou het ek besef, ons – ek en Kobus het dit nodig. Ons het dit aan mekaar verskuldig. Ons het dit aan ons self verskuldig. Ons het dit aan ons huwelik verskuldig. En boonop ons het dit aan die kinders verskuldig. Want sien, as ons terug keer na die vakansie voel ons beter. Voel ons uitgerus. Het ons weer energie en sien ons weer kans vir die spannetjie van vier baie besige kleuter lyfies!

Wel, nog ‘n Julie vakansie is verby. Heelwaarskynlik was dit ons laaste Julie vakansie alleen, want sien volgende jaar begin die viertjies by die nuwe “groot” skool. Maar mensies, niks keer ons om vir ‘n naweek of twee alleen weg te gaan nie 🙂

Aan al die Mamma’s en Pappa’s wil ek graag aanpor – probeer dit! Al is dit net vir ‘n dagie of twee sonder boeta en sussa. Dit verrig wondere vir ‘n mens se hart en siel. Vra vir Oupa en Ouma, Oom en Tannie of sommer net ‘n goeie vriendin  om julle uit te help. Ek glo daar sal iewers ‘n gewillige hand of twee wees wat sal help.

Ps: Vir eers moenie vir Tannie Arnell vra nie, my spannetjie hou my vir eers baie besig! 🙂

Pss:  Baie dankie Kobus vir ‘n heerlike vakansie. Jy het soveel moeite gedoen met alles. Niks was vir jou te veel gevra nie, jy het my so baie bederf. Lief jou meer en meer elke dag.

Psss:  Baie dankie Ma Ellen en Pa Koos dat julle so mooi na ons kosbaarste besittings gekyk het. Ons waardeer dit so baie.

Pssss: Laaste maar nie die minste nie…. Dankie Liewe Heer dat U ons veilig gehou het na 3500km wat ons op die pad was. Dankie vir die wonderlike vooreg om te kon weg gaan en kon weet ons kinders is veilig en gelukkig. Ons Loof U naam!

Toedels liewe Vrinne.

Blessings!

xAx