WELKOM TERUG BLESSINGS HAS COME MY WAY……


Genade  mensies, na amper ‘n maand van stilstuipe is ek terug. Nooit, ooit weer nie! Skies julle, ek het ‘n bietjie van ‘n probleem gehad met my liewe ou Laptop, but I’m back!

Hoe gaan dit met ons?

Goed mensies, baie goed dankie. Die laaste maand het ons wonderwerke sien gebeur. Regte wonderwerke!

Mamma se borskanker is weg. Die Onkoloog kon verlede Donderdag geen gewas voel of optel op die sonar nie. Johan in ons Selgroep se Pa is net na Mamma gediagnoseer met Beenmurg Kanker en ook net soos met Mamma na ‘n paar rondtes Chemo is daar geen bewys van kanker in sy bloed of weefsels nie. Albei  gaan egter hulle kursusse Chemo voltooi om dubbel seker te maak dat die kankerselle almal weg is, en nie weer terug sal kom nie. Hoe groot is ons God nie!

Met my spannetjie by die huis gaan dit baie goed. Hulle is super cute, maar nogsteeds ‘n bietjie te stout na my mening. Ons het besluit om hulle volgende jaar na Laerskool Northmead te stuur waar die trips met Gr 0 sal begin en Miss D Gr 000. Mamma Arnell het gister die hele dag spandeer aan hulle toelatingsvorms en al die ander dokumente wat nodig is om hulle in te skryf. Ons almal is super opgewonde vir volgende jaar. 2014 gaan groot wees!

Ek en my maatjie Mandy het weer begin gym. Ons probeer nou elke middag saam gym. Ek geniet dit sommer baie, en waardeer dat sy so hulpvaardig en geduldig is met my en al die masjiene. Ek is maar ‘n gym groentjie 🙂

Oor 7 slapies gaan ek en Manlief Kobus vir 10 sorgelose dagies op vakansie. Ons sal in Kaapstad wees, Hermanus en Hartenbos. Ek is super opgewonde en KAN NIE WAG NIE!

Mensies! Genoeg vir een dag. Ek deel graag ‘n paar nuwe foto’s van Mamma Arnell en haar 4 spanmaats.

Toedels tot more.

xAx

601203_10151692474302915_111272040_n1152_10151692472882915_961545846_n485738_10151692473707915_275719588_n

Blessings!

Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s