0

19 JUNIE 1999………


   Verlede Woensdag (19 Junie 2013) was my en Kobus se 14de Huwelikherding. 14 Jaar gelede het ek ‘n belofte gemaak aan die Here en voor 130 Gaste dat ons vir ewig gelukkig saam sal wees, maak nie saak wat gebeur nie. In die goeie tye maar ook in die slegte tye. En mensies glo my daar was baie goeie tye gewees, maar ongelukkig ook ‘n paar moeilike tydjies.

Vandag kyk ek terug en se dankie Liewe Here dat U hierdie wonderlike man op my pad gesit het. Dankie dat hy so ‘n goeie man is, maar dankie dat hy ook  die beste pappa ooit is. As ek weer moet kies, kies ek hom weer. 19 Junie 1999 was die mooiste dag van my lewe, daardie dag het my lewe begin.

Dankie Kobus vir alles! Dankie vir jou! Dankie vir ons 4 pragtige kiddies.

Mag ons nog vir ewig en ewig op Shania Twain se “From this moment” die lewe in dans, net soos op Saterdag 19 Junie 1999.

Lief jou baie. Lief jou elke dag meer en meer.

Jou Outjie Arnell xxxxxxx

994793_10151731366132915_1911829543_n

0

WELKOM TERUG BLESSINGS HAS COME MY WAY……


Genade  mensies, na amper ‘n maand van stilstuipe is ek terug. Nooit, ooit weer nie! Skies julle, ek het ‘n bietjie van ‘n probleem gehad met my liewe ou Laptop, but I’m back!

Hoe gaan dit met ons?

Goed mensies, baie goed dankie. Die laaste maand het ons wonderwerke sien gebeur. Regte wonderwerke!

Mamma se borskanker is weg. Die Onkoloog kon verlede Donderdag geen gewas voel of optel op die sonar nie. Johan in ons Selgroep se Pa is net na Mamma gediagnoseer met Beenmurg Kanker en ook net soos met Mamma na ‘n paar rondtes Chemo is daar geen bewys van kanker in sy bloed of weefsels nie. Albei  gaan egter hulle kursusse Chemo voltooi om dubbel seker te maak dat die kankerselle almal weg is, en nie weer terug sal kom nie. Hoe groot is ons God nie!

Met my spannetjie by die huis gaan dit baie goed. Hulle is super cute, maar nogsteeds ‘n bietjie te stout na my mening. Ons het besluit om hulle volgende jaar na Laerskool Northmead te stuur waar die trips met Gr 0 sal begin en Miss D Gr 000. Mamma Arnell het gister die hele dag spandeer aan hulle toelatingsvorms en al die ander dokumente wat nodig is om hulle in te skryf. Ons almal is super opgewonde vir volgende jaar. 2014 gaan groot wees!

Ek en my maatjie Mandy het weer begin gym. Ons probeer nou elke middag saam gym. Ek geniet dit sommer baie, en waardeer dat sy so hulpvaardig en geduldig is met my en al die masjiene. Ek is maar ‘n gym groentjie 🙂

Oor 7 slapies gaan ek en Manlief Kobus vir 10 sorgelose dagies op vakansie. Ons sal in Kaapstad wees, Hermanus en Hartenbos. Ek is super opgewonde en KAN NIE WAG NIE!

Mensies! Genoeg vir een dag. Ek deel graag ‘n paar nuwe foto’s van Mamma Arnell en haar 4 spanmaats.

Toedels tot more.

xAx

601203_10151692474302915_111272040_n1152_10151692472882915_961545846_n485738_10151692473707915_275719588_n

Blessings!