MAMMA JOEY……


As jy weet wie jy is en waarheen jy gaan is die reis soveel beter. Want jy val en jy leer om weer op te staan. Dit los jou met die wete dat dit bly net ‘n keuse. Dis my keuse. Laat my lewe. Laat my val en weer begin. Ek sal opstaan en weer aangaan met wat die lewe vir my bring. Laat my lewe vir vandag. Laat my huil en laat my lag. Daar is altyd ‘n deur om oop te maak. Dis die gang van die lewe. En die sleutel hou jy in jou hand. Maar so min van ons weet dit, dis my doel om te groei tot waar ek moet wees. Ek sal opstaan en weer aangaan!

942332_10151674734312915_740918416_n

Mamma, dit is nou amper 2 maande dat ons weet dat jy borskanker het. Kanker het jou lyf oorgeneem, maar nooit jou “Spirit” nie. Mamma jy veg hard teen hom, ons bid hard en ek weet ons Here is in beheer. Hierdie is net ‘n tydelike hekkie op ons pad. Maar saam saam, treetjie vir treetjie gaan ons oor hom kom.

Mamma, jou tweede Chemo sessie is verby. Jy het so goed gedoen en ons almal is SO trots op jou! Well done. Watse inspirasie is jy nie vir ons en ander nie. Ps: Jy lyk nogsteeds so pragtig soos altyd.

Die kinders weet ietsie is fout. Hulle begin vrae vra. Maandag oggend toe ek Dominique se hare borsel het sy die volgende vir my gese:”Mamma, jy moet BAIE rekkies in my hare sit. Ek wil nie he dit moet los kom soos Ouma Joey s’n nie.” Op daardie oomblik het my hart in ‘n duisend stukkies gebreek. Mamma se hare val nou almal stukke uit van die Chemo. Die realiteit van Kanker is nou ‘n wrede werklikheid. En dit suck!

Dit bly nie maklik nie. Daar bly nog 3 Chemo sessies oor en die operasie.  Maar ons weet dat hierdie net ‘n toets is. ‘n Toets wat Mamma en ons as familie gaan slaag met ‘n A+

947250_10151680096737915_936821169_n391451_10151680096452915_1802369225_n

Mamma, jy is nie ‘n Kanker Slagoffer nie, NEE soveel beter. Jy is ‘n Kanker Oorwinaar!

There is healing, salvation, deliverance in Yeshua the Messiah. Honouring the King of Kings. Creator God of everything – Yeshua the Messiah…. Amen…..

Blessings!

xAx

481004_419141644859715_516202886_n

 

Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s