GOD – IN YOU WE TRUST…………….


602648_574546802575671_594739186_n

Hellooha Blog Vriende!

Ek en my vier-nie-so-soet-maar-vrek-cute-kiddies is terug by die huis na ‘n week “vakansie” in Scottburgh. Pappa Kobus kon nie saam kom nie en ek is bly EN baie VERLIG om te se dat ek die week met die Monsters oorleef het. Now don’t get me wrong….. ek het dit net net oorleef!

Genade, maar die viertjies is besig. Hulle is VREK besig. Ek het nuwe respek gekry vir hulle Onderwyserresse en ook nuwe respek gekry vir Enkel Ouers. Genade, dit is ‘n groot werkie. Maar daar gelaat….. all well…….

Mamma het verlede Vrydag gegaan vir haar eerste Chemo sessie. Die eerste paar dagies daar het ons nooit oor Kanker gepraat nie. Nooit eers daardie woord genoem nie. Sy het so goed gelyk, ek was in denail. Kanker was nie ‘n realiteit nie…… tot Vrydag! Ek was saam met haar na die Onkoloog toe en het daar ‘n rukkie gewag terwyl sy besig was met die Chemo. Sy het ‘n 6 uur lange sessie gehad. Aanvanklik het sy baie goed gelyk. Ons was super opgewonde gewees. Maar ongelukkig was ons opgewondenheid van korte duur en ‘n paar uur later het sy siek begin word, en soos die naweek aangegaan het, het sy net sieker geword! Realiteit het ingeskop! Die Kanker wat ons so goed geken het met Jacques was TERUG! Die Kanker wat ons geglo/gehoop het ons as familie en gesin nooit ooit weer sal tref nie, is terug, dit is hier, dit is werklikheid en ons moet daarmee cope!

Mensies, dit is nie maklik nie – laat ek nou nie vir julle jok nie. Maar hierdeur GAAN ons ook kom. Ons gaan! Mamma is in baie goeie hande en ons God is groot! Ons moet dit net bly glo. Ek is banger as bang! Ek is hartseer! Ek is moeg! En so-nie-lus vir nog ‘n Kanker Episode in ons lewens nie, maar mensies dit gebeur. Die Here weet beter, en dit bring berusting!

Maar vir nou is ons weer terug by die huis. Kiddies is weer terug skool toe. Ek ry Donderdag vir so 3 dagies ‘n bietjie Witbank toe om vir Marlize en Gerrit te gaan kuier. I need ME time. Ek kort alleen koffie tyd. Ek moet my kop ‘n bietjie skoon kry, en ‘n bietjie stock-take vat van alles wat die laaste 4 maande gebeur het. Dit was rof! Maar ons is ok!

Toedels Mensies.

‘n Mooi week verder vir julle.

Blessings.

xAx

264388_10151630808107008_515616273_n

Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s