0

LEKKER NAWEEK….


Ja nee, so is nog ‘n week verby en die naweek le om die draai.

Van my kant is daar nie veel nuus nie, so vir vandag gaan ek net se: “Lekker naweek almal. Rus lekker uit en spandeer kwaliteit tyd saam met julle geliefdes.”

Ek sluit vandag se posstukkie af met ‘n bietjie humor.

Geniet!

Blessings en Toedels tot Maandag.

xAx

935706_10151360308495755_1543459737_n

0

MAMMA JOEY……


As jy weet wie jy is en waarheen jy gaan is die reis soveel beter. Want jy val en jy leer om weer op te staan. Dit los jou met die wete dat dit bly net ‘n keuse. Dis my keuse. Laat my lewe. Laat my val en weer begin. Ek sal opstaan en weer aangaan met wat die lewe vir my bring. Laat my lewe vir vandag. Laat my huil en laat my lag. Daar is altyd ‘n deur om oop te maak. Dis die gang van die lewe. En die sleutel hou jy in jou hand. Maar so min van ons weet dit, dis my doel om te groei tot waar ek moet wees. Ek sal opstaan en weer aangaan!

942332_10151674734312915_740918416_n

Mamma, dit is nou amper 2 maande dat ons weet dat jy borskanker het. Kanker het jou lyf oorgeneem, maar nooit jou “Spirit” nie. Mamma jy veg hard teen hom, ons bid hard en ek weet ons Here is in beheer. Hierdie is net ‘n tydelike hekkie op ons pad. Maar saam saam, treetjie vir treetjie gaan ons oor hom kom.

Mamma, jou tweede Chemo sessie is verby. Jy het so goed gedoen en ons almal is SO trots op jou! Well done. Watse inspirasie is jy nie vir ons en ander nie. Ps: Jy lyk nogsteeds so pragtig soos altyd.

Die kinders weet ietsie is fout. Hulle begin vrae vra. Maandag oggend toe ek Dominique se hare borsel het sy die volgende vir my gese:”Mamma, jy moet BAIE rekkies in my hare sit. Ek wil nie he dit moet los kom soos Ouma Joey s’n nie.” Op daardie oomblik het my hart in ‘n duisend stukkies gebreek. Mamma se hare val nou almal stukke uit van die Chemo. Die realiteit van Kanker is nou ‘n wrede werklikheid. En dit suck!

Dit bly nie maklik nie. Daar bly nog 3 Chemo sessies oor en die operasie.  Maar ons weet dat hierdie net ‘n toets is. ‘n Toets wat Mamma en ons as familie gaan slaag met ‘n A+

947250_10151680096737915_936821169_n391451_10151680096452915_1802369225_n

Mamma, jy is nie ‘n Kanker Slagoffer nie, NEE soveel beter. Jy is ‘n Kanker Oorwinaar!

There is healing, salvation, deliverance in Yeshua the Messiah. Honouring the King of Kings. Creator God of everything – Yeshua the Messiah…. Amen…..

Blessings!

xAx

481004_419141644859715_516202886_n

 

0

WOENSDAG GIGGELS…….


Life is busy at the moment. Baie besig mensies!

En oor 2 dagies gaan ons weer Scottburgh toe vir die naweek. Mamma kry haar tweede Chemo Sessie Vrydag 😦

Oi! Moet se ek sien glad nie uit daarna nie.

So vir nou vriende, wil ek net se. Love you and Leave you.

Toedels tot later.

Geniet my Woensdag Giggels.

xAx

480-school-children-cartoon527775_631603680202422_624942185_n931362_650246481657450_1594287215_n267823_10200539327470803_1111448834_n

0

DEAR GOD…….


Ai, hierdie Reinhardt kind van my darem..

Ek deel graag met julle hoe hy Liewe Jesus sien.

Reinhardt reken Liewe Jesus se van is Botha. So dit is Liewe Jesus Botha. Hy bly in die wolke hoog bo en Hy ry ‘n wit Vito Bussie soos Pappa Kobus (ek het aan hom probeer verduidelik dat Liewe Jesus nie ‘n kar het nie, hy was baie onsteld daaroor, so vir nou ry Liewe Jesus ‘n Vito). Liewe Jesus het baie lank (lang) arms, want Hy het van bo die wolke hulle (Reinhardt, Quintin, Zander en sussie Dominique) vir Mamma Arnell en Pappa Kobus gegee.

Die laaste week al bid Reinhardt dat Liewe Jesus vir ons sneeu en Fireworks (Vuurwerke) sal stuur. Ons bid nog…….. Nog geen teken van sneeu of vuurwerke nie 🙂

Ek het ‘n bietjie op die internet gaan rondsniffel, en het op ‘n paar oulike “Dear God” briefies afgekom. Ek deel dit met julle. Geniet dit!

****** DEAR GOD ******

BA08E22FF8E144348EB7309922CCC6D6784CA04E75A6495294198A0AD5B7E90415E987C3C17348F18E353B762389847912748547835D4F30956B672D8C64A265AF64F804D7834FC4865CB04E977F216E10B507EC1B1A4DA4A6190C8B580C3CE48C9ED189CC1C4E4BAD13533D42B0003D1918EFDC6BB1425EA8A28D526B869092

Blessings xxx

xAx

 

0

WISH ME WELL……….


Maandag 13 Mei 2013…….

Dit is ‘n Maandag en dit is die 13de van 2013.

Mensies, en raai wat?

Die uwe het vanoggend haar oefen klere en tekkies aangetrek en presies 13 minute oor 7 die treadmill en oefen fiets aangedurf. Want kyk soos kan ‘n mens nie meer aangaan nie. Ah nee a!

20 Minute op die treadmill (geloop) en 20 Minute op die fiets (gesukkel) getrap.

Is dit nie snaaks hoe vinnig ‘n mens kan sleg word en jou fiksheid verloor nie? Net die idee daaraan maak my sommer moedeloos. Ai, hoe wens ek nie dat ek ‘n natuurlike atleet was nie. Maar nee, whena is nie! Ek doen dit maar om die vetjies te laat minder word. Hoopenlik werk dit en dan miskien eendag begin ek hierdie draf en fietsry ding geniet.

Maar vir eers gaan ek maar van vandag af elke oggend my bes doen om by die treadmill en oefenfiets uittekom. ‘n Afspraak wat ek nie MAG kansaleer nie. Wish me well, I’ve got a feeling I’m going to need it 🙂

Toedels van ‘n Top Fiks Arnell

Mooi en Goeie Blessings vir julle almal.

xAx