‘n BRIEFIE VIR JOU ZANDER……


Zander se April 2009 briefie….

ZANDER…….

Zander, jy is ons ou kleinste wonderwerkie ooit.

Die eerste keer toe Mamma jou gesien het,

het ek nie geweet hoe ons jou ooit gaan groot kry nie.

Jy was so klein en so broos gewees.

Maar min het ons geweet dat daar diep binne jou

was daar ‘n groot, dapper ou seuntjie

wat gereed was om terug te veg.

Jy is dierbaar! Jy is cute!

Kwaai partykeer, maar ons kan jou opvreet!

Jou skewe glimlaggies en fronsies kruip diep in Mamma se hartjie in.

Jy is ‘n regte “Go Getter”.

Altyd besig met een of ander ietsie.

So klein soos wat jy is, gryp jy elke oomblik aan en gebruik dit.

Mamma is so baie lief  vir jou – my ou wonderwerkie.

Daagliks verwonder ek my aan jou.

En wonder wat jy volgende gaan doen.

Bly altyd die “kwaai”, vriendelike, besige seuntjie wat jy is.

Jy is so spesiaal vir ons.

En Mamma is baie trots op jou.

Baie Liefde: Mamma xxxx

SANYO DIGITAL CAMERASANYO DIGITAL CAMERASANYO DIGITAL CAMERASANYO DIGITAL CAMERA

Jy het maar 1.1kg geweeg met geboorte. Vandag is jy langer as Quintin en weeg julle ook min of meer dieselfde. Jy en Mamma het maar ‘n “rocky start” gehad. Dingetjies wou nie altyd reg uitwerk met jou en my nie. Dit was dan ook in sulke tye wat Pappa Kobus tot die redding gekom het en ek dink ons altwee “gered” het. Ek is bly om te se dat vandag gaan dit al stukke beter, maar net soms “sit” ons twee nog vas 🙂

Genade, maar jy is ‘n besige ou seuntjie. Jy sit letterlik nie vir een sekonde stil nie. Gelukkig het Mamma al jou swakpunt agtergekom – Soet goed. Jy sal jou siel verkoop vir ‘n stukkie sjokolade, en ja natuurlik gebruik Mamma dit tot haar beste 🙂

Ongelukkig het jy al ‘n hele paar stuikelblokke gehad – baie meer as jou boeties en Dominique waardeur jy moes gaan. Maar elke keer het jy Bo uitgekom. Mamma is so trots op jou. Ja, jy is ‘n besige seuntjie – maar van almal is jy die liefdevolste seuntjie ooit. Jy bekommer jou oor almal en sal altyd sorg dat Quintin, Reinhardt en Dominique naby ons is, en dat hulle veilig is. Baie dankie daarvoor.

Maar! Jy is ook ‘n vreeslike terggees, en soms raak dit net ‘n bietjie te veel vir Mamma…….  Maar bly net soos jy is, moet vir niks en niemand verander nie. Jy is ‘n baie spesiale seuntjie wat alreeds so diep in ander se hartjies in  gekruip het.

Zandertjie, Glo in jouself! Jy is ‘n dapper ou seuntjie. Glo net in jouself! Moenie bang wees nie, en vat partykeer kanse…….

Ons is hier vir jou, en saam gaan ons nog so baie dingetjies vermag.

Lief jou baie, my pragtige seuntjie met die blouste blou ogies ooit.

Mamma Arnell xxxx

Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s