‘n BRIEFIE VIR JOU – QUINTIN…….


April 2009 het ek ‘n briefie vir  Quintin  geskryf. Hy was maar net 7 maande oud.  Vandag, 4 jaar later en ek deel dit graag met julle……..

QUINTIN……..

Dit is Maandag, die 22ste September 2008 en Mamma en Pappa se lewe verander…..

Om 07:30 gee jy jou eerste skreeutjie.

Die mooiste geluidjie wat Mamma ooit gehoor het.

Jy is pragtig! Jy is gesond! Jy is ons s’n!

Ons eerste babatjie…….

Jy is die maklikste, vriendelikste babatjie ooit.

‘n Regte Gentleman.

Jou gesiggie is altyd reg vir ‘n glimlaggie.

Jy is so liefdevol en Mamma geniet jou “soentjies” vreeslik baie.

Jy gee hulle gelukkig so maklik.

Quintin, jy is Mamma se Liefling Seuntjie,

Mamma is so lief vir jou en kan nie genoeg Dankie se vir die seuntjie wat jy is nie.

Soms as dit bietjie dol gaan, is jy die een wat net rustig sit en wag.

Is jy die een wat dadelik reg is met ‘n glimlaggie.

Jy is nog klein, maar min weet jy hoe waardeer Mamma daardie glimlaggies.

Jou oop mondjie laggies sal Mamma altyd onthou.

Quintin, Mamma is baie lief vir jou!

Baie dankie vir die oulike seuntjie wat jy is.

Mamma weet sommer dat jy baie mooi na haar en jou ander boeties sal kyk.

Jy is Mamma se “Beertjie” met die sagste, sagste hartjie ooit!

BAIE LIEFDE: MAMMA XXXXX

SANYO DIGITAL CAMERASANYO DIGITAL CAMERASANYO DIGITAL CAMERASANYO DIGITAL CAMERA

Ek onthou nog so goed die aand wat die foto’s geneem is. Jy was maar net 6 maande oud. Dit was een van daardie LAAAAAAAT 12 uur voedings  in die middel van die nag. Jy kan mos sien Mamma lyk maar woes sonder grimering, slaapklere en pantoffels aan. En weereens was jy reg vir ‘n laggie gewees.

Vandag vier jaar later en niks het verander nie. Jou glimlaggies en omgee vir ander het niks verander nie. Jy is so ‘n deeglike ou seuntjie en Mamma, Pappa en Juffrou Elke se trots. Reinhardt het Mamma toeka Maandag vertel dat Juffrou Elks se hele klas maatjies  kolle agter hulle name gekry het,  want hulle wou nie vir Juffrou luister nie, jy was die enigste een wat nie ‘n kol gekry het nie. Juffrou Elke het jou beloon met ‘n Lekkergoedjie. Mamma was so trots op jou gewees toe ek dit hoor. Vir jou was dit nie veel van ‘n OE AH  nie, want sien jy glo nie aan ‘n grys area nie. Dit is of wit of swart. Of  jy is soet of jy is stout. Jy kan nie ‘n bietjie soet of stout wees nie.

Vanoggend het Mamma vir Zander skooltoe gevat na sy Arbeidsterapie sessie met Tannie Armandi. Dadelik toe jy my sien instap in julle klassie kon jy nie genoeg glimlag nie. Jy het vir Mamma ‘n groot drukkie en soentjie gegee en duidelik vir al jou klasmaatjies gese:” Dit is MY Mamma!” Ai, hoe trots het ek nie gevoel nie. Mamma hoor baie die woordjie Mamma, maar vandag het dit so baie vir my beteken…. Dankie daarvoor! Dit is dae soos hierdie wat ek net op my kniee kan gaan en so bly kan wees dat Mamma nooit opgegee het om julle te kon kry nie. Sewe Invitro’s, baie behandelinge, medikasies, hospitale sal NOOIT  te veel gewees het nie. Mamma sal dit weer doen!

Quinty, Poontie, Pudding and Pie……

Mamma Arnell lief jou tonne baie.

xAx

Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s