KANKER……. NOU REGTIG…..


Ai, Kanker!

Regtig!

Moes jy alweer kom Hello se. Nee, man! Dit is nie regverdig nie. Ek het gedink ons is nou klaar met jou. Ons het ons deel en slegte tye met jou gehad. Hoekom NOU weer?

Mamma het Borskanker…… BORSKANKER! Nooit sou ek kon dink dat ek self deel sou wees van borskanker nie. Nee, ek is nie naif nie. Borskanker is ‘n realiteit en baie algemeen. I get it! Maar, nie weer kanker nie…….

April 1995 en ons vind uit dat my boetie Jacques op die ouderdom van 21 het kanker. 7 September 1998 is Jacques oorlede aan KANKER. Drie jaar van Hel, Chemo, Hospitale, Hel, Chemo, Hospitale en uiteindelik Hospice waar hy sy laaste asem uitgeblaas het. Die oggend van sy dood het verligting gebring. Verligting…… Alles was verby. Al die hartseer, die Chemo, die Pyn. Die kanker was verby…..  En nou? Nou is alles weer hier!

9 April 2013, 18 jaar later (kan dit wees???) en Kanker is weereens op ons voorstoep…..

Die laaste 3 maande was nie maklik gewees nie. Soveel beproewings het op my pad gekom. In sulke tye hou ek vas aan die volgende teksvers: “My broers, julle moet baie bly wees wanneer allerlei beproewings oor julle kom, want, soos julle weet, as julle geloof die toets deurstaan het, stel dit julle in staat om te volhard.” Jakobus 1:2-3.

Weereens sien ek hierdie net  as nog ‘n toets. ‘n Bleddie moeilike toets, maar ‘n toets wat ons gaan SLAAG. Met die Here se genade en hulp natuurlik….

Mamma sien die Onkoloog Vrydag. Hulle sal dan besluit of hulle eers met Chemo gaan begin en dan sny, of eers sny en dan Chemo. Met alles in my wens ek, ek kon Vrydag daar wees. Maar ongelukkig is ek  700km van hulle af, en het 4 Kleuters wat my nodig het. Ek besef ook dat ek eers ‘n bietjie moet wag, daar gaan nog baie tye wees waar sy my nodig gaan he, en waar ek na hulle toe sal gaan. Vir nou bid, bid, bid ek vir haar en Pappa…….

Ek is bang vir wat voorle. Bitter hel bang…. Been there done it! En ongelukkig het ons vorige keer met Kanker nie goed geeindig nie. Maar ek kan nie daaroor top nie, immers die Here weet wat Hy vir ons beplan. Ek kan nie dat vrees my NOU oorweldig nie. Ek moet sterk staan, daar is ‘n gesegde wat se: “Vrees het aan die deur geklop, geloof het die deur oopgemaak – en daar was niemand nie.” Want dit is ‘n feit dat die meeste dinge wat ons vrees nooit eers met ons sal gebeur nie.

Vandag vertrou ek op die Here. Vandag neem ek elkeen van my vrese na Hom en vertel ek Hom daarvan. Ek het ook vandag vir die Here mooi gevra dat Hy my sal leer om fyn te luister sodat ek presies sal weet wat Hy vir my met Mamma se Kanker wil se.

Ek besef dit wat voorle gaan nie maklik wees nie, maar net soos met Pappa se beroerte gaan ons hierdeur kom. Vandag is ek  rustig, vandag troos ek myself…….

Born in His Spirit, washed in His blood……….

This is my Story, This is my Song. Praising my Saviour all the day long……..

This is my Story, this is my Song. Praising my Saviour all the day long!

Soms moet die Here ‘n mens kneus sodat jou ware geur na vore kan kom.

Ps: Ons gaan ok wees.

xAx

Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s