0

YOU GOTTA GET UP AND TRY…….


Where there is desire there is going to be a flame.

Where there is a flame somebody is bound to get burnt.

But just because it burns doesn’t mean you’re going to die…

You gotta get up and try!

‘n Tydjie terug het een van my goeie maatjies  op gehou werk vir ‘n rukkie om ‘n voltydse Mamma vir haar pragtige Kabouter te wees.  Ek het geweet dit sou nie maklik vir haar wees nie, want net soos ek is ‘n “Go Getter”. My raad vir haar altyd (in daardie moeilike, geen herkenning-geen dankie se dagies) was altyd: “Maatjie, moenie jouself verloor nie.” Moenie jouself verloor in mamma wees, huisvrou wees nie. Moenie jouself verloor nie!

En Whola! Raai wat gebeur met die uwe!!……….

Ek Verloor myself……

xAx

281325_468548309849384_811151483_n

Stof myself af. Staan op! En begin weer van vooraf.

You gotta get up and try!

 

Advertisements
0

‘n BRIEFIE VIR JOU ZANDER……


Zander se April 2009 briefie….

ZANDER…….

Zander, jy is ons ou kleinste wonderwerkie ooit.

Die eerste keer toe Mamma jou gesien het,

het ek nie geweet hoe ons jou ooit gaan groot kry nie.

Jy was so klein en so broos gewees.

Maar min het ons geweet dat daar diep binne jou

was daar ‘n groot, dapper ou seuntjie

wat gereed was om terug te veg.

Jy is dierbaar! Jy is cute!

Kwaai partykeer, maar ons kan jou opvreet!

Jou skewe glimlaggies en fronsies kruip diep in Mamma se hartjie in.

Jy is ‘n regte “Go Getter”.

Altyd besig met een of ander ietsie.

So klein soos wat jy is, gryp jy elke oomblik aan en gebruik dit.

Mamma is so baie lief  vir jou – my ou wonderwerkie.

Daagliks verwonder ek my aan jou.

En wonder wat jy volgende gaan doen.

Bly altyd die “kwaai”, vriendelike, besige seuntjie wat jy is.

Jy is so spesiaal vir ons.

En Mamma is baie trots op jou.

Baie Liefde: Mamma xxxx

SANYO DIGITAL CAMERASANYO DIGITAL CAMERASANYO DIGITAL CAMERASANYO DIGITAL CAMERA

Jy het maar 1.1kg geweeg met geboorte. Vandag is jy langer as Quintin en weeg julle ook min of meer dieselfde. Jy en Mamma het maar ‘n “rocky start” gehad. Dingetjies wou nie altyd reg uitwerk met jou en my nie. Dit was dan ook in sulke tye wat Pappa Kobus tot die redding gekom het en ek dink ons altwee “gered” het. Ek is bly om te se dat vandag gaan dit al stukke beter, maar net soms “sit” ons twee nog vas 🙂

Genade, maar jy is ‘n besige ou seuntjie. Jy sit letterlik nie vir een sekonde stil nie. Gelukkig het Mamma al jou swakpunt agtergekom – Soet goed. Jy sal jou siel verkoop vir ‘n stukkie sjokolade, en ja natuurlik gebruik Mamma dit tot haar beste 🙂

Ongelukkig het jy al ‘n hele paar stuikelblokke gehad – baie meer as jou boeties en Dominique waardeur jy moes gaan. Maar elke keer het jy Bo uitgekom. Mamma is so trots op jou. Ja, jy is ‘n besige seuntjie – maar van almal is jy die liefdevolste seuntjie ooit. Jy bekommer jou oor almal en sal altyd sorg dat Quintin, Reinhardt en Dominique naby ons is, en dat hulle veilig is. Baie dankie daarvoor.

Maar! Jy is ook ‘n vreeslike terggees, en soms raak dit net ‘n bietjie te veel vir Mamma…….  Maar bly net soos jy is, moet vir niks en niemand verander nie. Jy is ‘n baie spesiale seuntjie wat alreeds so diep in ander se hartjies in  gekruip het.

Zandertjie, Glo in jouself! Jy is ‘n dapper ou seuntjie. Glo net in jouself! Moenie bang wees nie, en vat partykeer kanse…….

Ons is hier vir jou, en saam gaan ons nog so baie dingetjies vermag.

Lief jou baie, my pragtige seuntjie met die blouste blou ogies ooit.

Mamma Arnell xxxx

1

‘n BRIEFIE VIR JOU REINHARDT……


Net soos met Quintin, het ek ook ‘n briefie vir Reinhardt April 2009 geskryf…..

REINHARDT…….

Mamma het nog  altyd van die naampie Reinhardt  gehou.

Maar min het ek geweet hoe gepas hierdie naampie vir jou is.

Reinhardt, jy het die mooiste, reinste hart.

Jy is altyd reg met ‘n glimlaggie en jou ogies skitter altyd!

Saam is jy en Mamma al deur so baie.

Die vier daggies wat jy in die hospitaal was, was moeilik gewees.

Maar tog ook so spesiaal……

Ek het soveel van jou geleer in daardie moeilike paar daggies.

Ek het soveel respek vir jou gekry.

Jy is nog so klein, maar moes al soveel deur maak in jou kort lewetjie.

En tog doen jy alles met ‘n glimlag – ons kan so baie by jou leer.

Jy gee waarde aan die stelling: “Om voluit te lewe.”

Dankie dat jy so spesiaal is.

Dankie dat jy altyd glimlag en hardop lag as jy Mamma sien.

Jy maak my dag!

Jy maak my lewe volmaak!

Mamma is baie lief vir jou.

My seuntjie met die reinste hartjie ooit!

Mag jou glimlaggies en laggies nooit ophou om ander gelukkig te maak nie.

BAIE LIEFDE: MAMMA ARNELL XXXX

SANYO DIGITAL CAMERASANYO DIGITAL CAMERASANYO DIGITAL CAMERASANYO DIGITAL CAMERA

Vier  jaar later en niks het verander nie. Jy het nogsteeds die mooiste glimlag en ‘n ongelooflike  goeie  sin vir humor. Jy sien snaaks in alles en is ons Clown in die huis. Jy is mal daaroor om jou boeties en vir sussie Dominique te vermaak. Wie weet….. miskien word jy nog eendag ‘n Akteur?? 🙂

So rukkie terug is jy genader deur ‘n Model Agentskap. Ons was baie opgewonde daaroor, maar Pappa en Mamma het eers daarteen besluit, jy is nog klein en daar is nog baie tyd daarvoor. Vir nou moet jy eers net speel, lag, ons clown wees en die lewe geniet – net soos jy doen!

Jy is gewis ‘n hartebreker en baie populer by jou maatjies by die skool. Jou spontane, vriendelike, snaakse persoonlikheid trek soveel mense aan. Mamma is so trots op jou!

Reinhardt, dankie vir al jou soentjies, drukkies en omgee. Elke aand kom jy self by Mamma sit en vra dat ek jou moet liefies. Mamma moet dan jou ruggie krap. Pappa, mag nie. Net Mamma, want volgens jou doen Pappa dit  SO verkeert en raak jy sommer gou gou moedeloos met hom. Dankie daarvoor! Mamma geniet dit baie om jou te liefies.

Jy is ook ons terggees in die huis, en party dae maak jy ons gedaan met al die tergery. Veral arme Quintin loop kwaai deur onder jou. Jy geniet vir Quintin, Zander en Dominique baie en speel met hulle almal. By die skool is jy ook almal se maatjie. Maar maak dit baie duidelik dat Kayla jou Girlfriend is. 🙂 Niks daarmee verkeert nie, gelukkig ken Mamma Kayla en haar Mamma. Geniet die onskuldige “liefde”.

Reinhardt, laaste maar nie die minste nie, wil Mamma baie dankie se dat jy so ‘n oulike seuntjie is. Ja, jy is nie altyd baie soet nie, maar jy is vrek oulik en elke dag saam met jou is ‘n dag vol glimlaggies en tonne kliphard-laggies en giggels.

Lief jou baie ons Reinhardt kind met die reinste hartjie ooit!

Mamma. Mwah xxxxx

 

0

‘n BRIEFIE VIR JOU – QUINTIN…….


April 2009 het ek ‘n briefie vir  Quintin  geskryf. Hy was maar net 7 maande oud.  Vandag, 4 jaar later en ek deel dit graag met julle……..

QUINTIN……..

Dit is Maandag, die 22ste September 2008 en Mamma en Pappa se lewe verander…..

Om 07:30 gee jy jou eerste skreeutjie.

Die mooiste geluidjie wat Mamma ooit gehoor het.

Jy is pragtig! Jy is gesond! Jy is ons s’n!

Ons eerste babatjie…….

Jy is die maklikste, vriendelikste babatjie ooit.

‘n Regte Gentleman.

Jou gesiggie is altyd reg vir ‘n glimlaggie.

Jy is so liefdevol en Mamma geniet jou “soentjies” vreeslik baie.

Jy gee hulle gelukkig so maklik.

Quintin, jy is Mamma se Liefling Seuntjie,

Mamma is so lief vir jou en kan nie genoeg Dankie se vir die seuntjie wat jy is nie.

Soms as dit bietjie dol gaan, is jy die een wat net rustig sit en wag.

Is jy die een wat dadelik reg is met ‘n glimlaggie.

Jy is nog klein, maar min weet jy hoe waardeer Mamma daardie glimlaggies.

Jou oop mondjie laggies sal Mamma altyd onthou.

Quintin, Mamma is baie lief vir jou!

Baie dankie vir die oulike seuntjie wat jy is.

Mamma weet sommer dat jy baie mooi na haar en jou ander boeties sal kyk.

Jy is Mamma se “Beertjie” met die sagste, sagste hartjie ooit!

BAIE LIEFDE: MAMMA XXXXX

SANYO DIGITAL CAMERASANYO DIGITAL CAMERASANYO DIGITAL CAMERASANYO DIGITAL CAMERA

Ek onthou nog so goed die aand wat die foto’s geneem is. Jy was maar net 6 maande oud. Dit was een van daardie LAAAAAAAT 12 uur voedings  in die middel van die nag. Jy kan mos sien Mamma lyk maar woes sonder grimering, slaapklere en pantoffels aan. En weereens was jy reg vir ‘n laggie gewees.

Vandag vier jaar later en niks het verander nie. Jou glimlaggies en omgee vir ander het niks verander nie. Jy is so ‘n deeglike ou seuntjie en Mamma, Pappa en Juffrou Elke se trots. Reinhardt het Mamma toeka Maandag vertel dat Juffrou Elks se hele klas maatjies  kolle agter hulle name gekry het,  want hulle wou nie vir Juffrou luister nie, jy was die enigste een wat nie ‘n kol gekry het nie. Juffrou Elke het jou beloon met ‘n Lekkergoedjie. Mamma was so trots op jou gewees toe ek dit hoor. Vir jou was dit nie veel van ‘n OE AH  nie, want sien jy glo nie aan ‘n grys area nie. Dit is of wit of swart. Of  jy is soet of jy is stout. Jy kan nie ‘n bietjie soet of stout wees nie.

Vanoggend het Mamma vir Zander skooltoe gevat na sy Arbeidsterapie sessie met Tannie Armandi. Dadelik toe jy my sien instap in julle klassie kon jy nie genoeg glimlag nie. Jy het vir Mamma ‘n groot drukkie en soentjie gegee en duidelik vir al jou klasmaatjies gese:” Dit is MY Mamma!” Ai, hoe trots het ek nie gevoel nie. Mamma hoor baie die woordjie Mamma, maar vandag het dit so baie vir my beteken…. Dankie daarvoor! Dit is dae soos hierdie wat ek net op my kniee kan gaan en so bly kan wees dat Mamma nooit opgegee het om julle te kon kry nie. Sewe Invitro’s, baie behandelinge, medikasies, hospitale sal NOOIT  te veel gewees het nie. Mamma sal dit weer doen!

Quinty, Poontie, Pudding and Pie……

Mamma Arnell lief jou tonne baie.

xAx

0

3 JAAR, 2 MAANDE EN 1 DAG…………….


Dominique, vandag is jy presies 3 jaar, 2 maande en 1 dagie oud……..

Wow! What a amazing journey so far……..

Mamma weet ek se dit baie, maar glo my ek gaan dit nog ‘n biljoen +1 keer se. Jy is so ‘n groot Blessing vir Pappa en Mamma. So klein soos jy is, het jy die kennis, persoonlikheid, omgee, liefde wat sommige volwassenes nooit eers in hul lewens sal he nie. Jy is so ‘n perfekte mensie en jy is ons s’n.

Mamma se droom was altyd dat sou ek ooit eendag ‘n ou dogtertjie kry, sal ek graag wil he dat sy moet dans. As dogtertjie wou ek altyd dans, ek het nooit, want sien Mamma het twee linker voete en sukkel maar met die dans – ding. Mamma was bang dat ek dalk my droom – om te dans by jou sou afdwing, en dat jy dit nie sou geniet of wou doen nie. Maar gou gou het jy Mamma verkeert bewys. Dans is in jou bloed. Jy dans nou al die laaste maand by Centre Stage Dansskool en geniet dit baie. Jy kan nie wag vir Woensdae Middae om by Tannie Tonia en jou ander maatjies te dans nie. Dit is ook dan net jou en my tyd – alleen. Girls time. No Boy’s allowed.

Jou segoedjies verstom daagliks vir my en Pappa. Die goedjies waarmee jy voorendag kom is so snaaks. Die laaste week of so het jy besluit om NET Engels met my te praat. Super Cute! Ja, die Tenses is nie altyd reg nie. Maar jy geniet dit en ek los jou. Vanoggend het ek weer met jou Engels gepraat, jy het Mamma snaaks aangekyk en sommer dadelik vir my gese: “Hoekom praat jy so met my? Ek is Afrikaans!” Ok, skies! Afrikaans sal dit dan wees. Sondag aand wou jy ‘n koekie he, Mamma het nie dadelik verstaan watter koekie jy wil he nie, baie moedeloos deur Mamma se domgeit se jy: “Mamma, die koekie wat God gemaak het!” Ok, so die koekie wat God gemaak het was toe Oreo’s gewees. Dankie Liewe Jesus vir Oreo’s!

Dominique’tjie jy het soveel vir Mamma en Pappa al gegee die laaste 3 jaartjies +. Jy het vir Mamma normaaliteit geleer. Met jou boeties was dit bitter moeilik gewees toe hulle so klein was. Daar was maar min tyd gewees vir cuddles. Mamma kon nie net in haar kar klim met ‘n doekesak en stootwaentjie nie. Maar, met jou kon ek. Vandag kan Mamma jou alleen Spur toe vat. Vir jou pienk Milkshake bestel, Cappacino vir Mamma. Mamma kan rustig ‘n boek lees terwyl jy in Spur se speel area speel. Dit is ons tyd! Net ons s’n…….

Mamma liefies jou baie my ou klein Diva!

xAx

0

GOOD OLD MEMORIES…….


Ai! Vandag verlang ek sommer ‘n bietjie……

Ek verlang sommer na almal en alles.

Ek deel ‘n paar foto’s met julle wat goeie lekker herinneringe bring.

Geniet dit vriende!

19639_1281413112720_2630752_n

Mamma Arnell en Dominique… Maar ‘n skrale 5 dagies oud!

26038_1284473269222_805821_n

Hier is Dominique presies 1 week oud. Tannie Marlize het haar afgeneem en ‘n groot Canvas gemaak vir haar kamer. Hierdie Canvas is vandag nog in haar kamer.

44175_437489250769_5632499_n

Mamma Arnell en Dominique by Mia se 2de verjaarsdag partytjie. Hier is Madam D 7 maande oud 🙂

57951_1545860202063_3160264_n

Casual Day by Cual. Arnell (Hannah Montana), Annette (Mamma Tembi) en Precious (The Runaway Bride).

3280_80319807914_7485714_n

My gunsteling vakansie plekkie in Suid Afrika – Knysna.

Toedels!

xAx

 

0

KANKER……. NOU REGTIG…..


Ai, Kanker!

Regtig!

Moes jy alweer kom Hello se. Nee, man! Dit is nie regverdig nie. Ek het gedink ons is nou klaar met jou. Ons het ons deel en slegte tye met jou gehad. Hoekom NOU weer?

Mamma het Borskanker…… BORSKANKER! Nooit sou ek kon dink dat ek self deel sou wees van borskanker nie. Nee, ek is nie naif nie. Borskanker is ‘n realiteit en baie algemeen. I get it! Maar, nie weer kanker nie…….

April 1995 en ons vind uit dat my boetie Jacques op die ouderdom van 21 het kanker. 7 September 1998 is Jacques oorlede aan KANKER. Drie jaar van Hel, Chemo, Hospitale, Hel, Chemo, Hospitale en uiteindelik Hospice waar hy sy laaste asem uitgeblaas het. Die oggend van sy dood het verligting gebring. Verligting…… Alles was verby. Al die hartseer, die Chemo, die Pyn. Die kanker was verby…..  En nou? Nou is alles weer hier!

9 April 2013, 18 jaar later (kan dit wees???) en Kanker is weereens op ons voorstoep…..

Die laaste 3 maande was nie maklik gewees nie. Soveel beproewings het op my pad gekom. In sulke tye hou ek vas aan die volgende teksvers: “My broers, julle moet baie bly wees wanneer allerlei beproewings oor julle kom, want, soos julle weet, as julle geloof die toets deurstaan het, stel dit julle in staat om te volhard.” Jakobus 1:2-3.

Weereens sien ek hierdie net  as nog ‘n toets. ‘n Bleddie moeilike toets, maar ‘n toets wat ons gaan SLAAG. Met die Here se genade en hulp natuurlik….

Mamma sien die Onkoloog Vrydag. Hulle sal dan besluit of hulle eers met Chemo gaan begin en dan sny, of eers sny en dan Chemo. Met alles in my wens ek, ek kon Vrydag daar wees. Maar ongelukkig is ek  700km van hulle af, en het 4 Kleuters wat my nodig het. Ek besef ook dat ek eers ‘n bietjie moet wag, daar gaan nog baie tye wees waar sy my nodig gaan he, en waar ek na hulle toe sal gaan. Vir nou bid, bid, bid ek vir haar en Pappa…….

Ek is bang vir wat voorle. Bitter hel bang…. Been there done it! En ongelukkig het ons vorige keer met Kanker nie goed geeindig nie. Maar ek kan nie daaroor top nie, immers die Here weet wat Hy vir ons beplan. Ek kan nie dat vrees my NOU oorweldig nie. Ek moet sterk staan, daar is ‘n gesegde wat se: “Vrees het aan die deur geklop, geloof het die deur oopgemaak – en daar was niemand nie.” Want dit is ‘n feit dat die meeste dinge wat ons vrees nooit eers met ons sal gebeur nie.

Vandag vertrou ek op die Here. Vandag neem ek elkeen van my vrese na Hom en vertel ek Hom daarvan. Ek het ook vandag vir die Here mooi gevra dat Hy my sal leer om fyn te luister sodat ek presies sal weet wat Hy vir my met Mamma se Kanker wil se.

Ek besef dit wat voorle gaan nie maklik wees nie, maar net soos met Pappa se beroerte gaan ons hierdeur kom. Vandag is ek  rustig, vandag troos ek myself…….

Born in His Spirit, washed in His blood……….

This is my Story, This is my Song. Praising my Saviour all the day long……..

This is my Story, this is my Song. Praising my Saviour all the day long!

Soms moet die Here ‘n mens kneus sodat jou ware geur na vore kan kom.

Ps: Ons gaan ok wees.

xAx