‘n NUWE TOEVOEGING IN DIE BOTHA HUIS…….


Hellooha Vriende!

Die Botha’s  het ‘n nuwe toevoeging tot ons gesin gekry  en sy naam is MATTHEW MURRAY en hy is ‘n Slak!

7589222946_f1274c6930

Jip! Quintin het gistermiddag met hom by die huis gekom. Dadelik moes hy sy eie huisie kry (een van my Tupper Houers natuurlik). Sedert gistermiddag is Quintin en die Slak onafskeidbaar. As Quintin bad, is die Slak daar. As hy aantrek is die Slak by hom. As hy eet….. is die Slak daar….. Ek is seker julle begin die patroon verstaan. Nauurlik moes Slak ook ‘n naam kry, en sonder om daaroor te dink het Quintin Matthew Murray voorgestel. Mmmm?  Met slaaptyd het dit nogal oorteiging gekos van ons kant af, dat Slak nie saam met hom in die bed kan slaap nie. Daar is toe van sy kant  af  voorgestel dat Vivian (ons Nagverpleegster) na Slak alias Matthew Murray sal kyk.

Vanoggend het niks verander nie. Slak was nogsteeds snoesig in sy huisie (my tupperbak) gewees. Toe dit tyd was om skooltoe te gaan moes ek Quintin belowe dat ek nie Slak in die toilet sal afspoel nie – komaan asof ek dit nou regtig sal doen, soos die laaste 100+ Krieke en Goggas. Natuurlik vertrou Quintin my nie met Slak nie en het Caroline my Huiswerker die werkie gekry om vandag vir Slak op te pas totdat hy by die huis kom.

Wel, sover kan ek eerlik terug rapporteer dat Matthew Slak nogsteeds in sy huisie is op my kombuis toonbank – net vir ingeval hy dalk uitkom en ons met die groot soektog moet begin. Sy huisie lyk darem nou al bietjie meer na ‘n huisie met ‘n paar groen blaartjies daarin. Mamma Arnell het vir Slakie jammer begin kry en Matthew moet seker eet ook.

So Far so good…. Slakie is nog met ons en ek weet sommer dat daar gaan ‘n baie gelukkige Seuntjie vanaand huistoe kom na sy maatjie Matthew.

Vir nou met Slak vat ons dit net dag vir dag. Of hierdie nuwe toevoeging gaan hou in die Botha huis hoop ek regtig  nie so nie. Maar ek sal ontken dat ek dit OOIT gese het.

Mamma Arnell het al vroeg geleer as dit by Goggas en Ga Ga Goedjies kom, kyk ek maar weg. Solank dit hulle gelukkig maak. Ek sal egter die streep begin trek by Spinnekoppe, Slange en Muise. 🙂

Toedels van Mamma Arnell en Matthew Murray die Slak.

xAx

 

Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s