STILSTUIPE??


Hellooha Wereld!

Na bykans ‘n maand van stlistuipe is dit seker ‘n bietjie tyd om weer te se hello wereld en hello vriende!

Wel, soos meeste van julle weet is ek nou ‘n 24/7 huis Mamma. Jip! Na 14 jaar!

Laat ek sommer dadelik die aap uit die mou haal, die aanpassing was NIE maklik vir my gewees nie. En met tye het dit maar baie dol gegaan in my gemoed. Soms TE dol. Net ‘n vraagie wat gou by my op kom, hoekom behandel mense jou anders en skielik begin jy “dom” voel? Mensies! Jip, ek het nie meer ‘n werk nie, maar ek WERK nogsteeds (en glo my NOU harder by die huis as op kantoor), ek is nogsteeds dieselfde Arnell en Mamma vir vier besige Kleuters.

Reg daar gelaat………..

Ek LEWE weer. Ek oefen daagliks. Gaan stap elke oggend in ons pragtige buurt en loop twee keer verby ‘n rustige dam (Homestead Lake). Wat ‘n Blessing! Net ek, my Ipod, die mooi natuur en die Here. Hierdie uur is my tyd. Weereens ‘n Blessing! Ek spandeer daarna stilte tyd saam met die Here. Waar ek soms net 5 minute gehad het daarvoor, het ek nou inlimited tyd. Nog ‘n Blessing!

Ja, ek het nogsteeds dieselfde verantwoordelikhede as ‘n maand of twee gelede, maar doen dit nou op my tyd, my tempo and I love it! ‘n Maand terug was alles vir my ‘n ramp gewees, ek WOU NIE ophou werk nie. Ek het my werk geniet en was goed daarin. Dit was so ‘n “cousy comfort zone” gewees. Maar, die Here het ander planne gehad. En amper oornag het Hy my uit daardie comfort zone gehaal. Tipies mens WOU EK nie! Ek WOU my eie ding doen. Maar, mensies! Vandag kyk ek terug na die laaste maand en se Dankie. Dankie Here, dat U my in ‘n nuwe rugting ingelei het. Ek LOVE dit! En dankie Here dat U so geduldig met my was.

Genoeg van my geblah, blah, oor myself. Hoe gaan dit in Bothaville?

Dit gaan goed dankie mensies. Kobus oefen baie hard op die oomblik. Hy gaan weer hierdie jaar die Comrades doen. En op die oomblik soos hy nou oefen wonder ek of hy dalk nie die Comrades wil wen nie, of vir goud wil gaan nie. He He He. Met Dominique Dolla gaan dit goed. Sy en Mamma stamp ‘n bietjie koppe op die oomblik. Tiener Tantrums op die oomblik en dit op 3! Genade, sy weet wat sy wil he. No second best vir haar! Reinhardt is genader  deur ‘n model agentskap. Ons het mix emotions daaroor op die oomblik, maar ek is seker only time will tell wat ons moet doen. Verlede week het ek ‘n oproep gekry van die skool dat hy seer gekry het. Ja, Meneertjie het weer kop eerste by die glyplank afgegaan en is sommer oor die rand van die glyplank. Hy het maar woes gelyk, kompleet asof hy in ‘n kar ongeluk was en mag ek byvoeg daar was ‘n trok of twee ook by. Maar tipies seuntjie, hy kon nie gou genoeg voor die spieel kom om te sien hoe hy lyk nie. Natuurlik lyk hy super cool vir homself en dra hy elke skrapie en roofie met trots 🙂 Zandertjie gaan die ook voor die wind. Hy is nogsteeds twee keer ‘n week by die Spraakterapeut en een keer ‘n week by die Arbeidsterapeut. Hy geniet albei vreeslik baie en ek is so opgewonde om daaglik te sien hoe hy vorder. Hy is ‘n tipiese seuntjie en klim en klouter op alles! My senuwees! Hy het ook nou skielik gerek en is langer as Quintin. Natuurlik is hy baie trots daarop. Met Quintin gaan dit ook baie goed. Ai, die meneertjie is ‘n absolute perfeksonis. Hy loop heeldag met papiertjies rond en glo my hulle moet almal perfek op mekaar pas. ‘n Gebuigde papiertjie doen dit nie vir hom nie.  Natuurlik lyk my huis asof ‘n “Shreder” ontplof het. 🙂 Hy begin ook nou sy naam te skryf.

Wel, daar het julle dit sommer gou gou in ‘n neute dop.

Toedels julle! Mag julle Maandag en res van die week sommer helder  sonneblom geel wees.

Blessings!

xAx

 

 

Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s