0

MY GROOTSTE TROTS!


Maandag 11 Maart 2008 het ons lewens heeltemal verander. Vandag net ‘n bietjie meer as 5 jaar gelede het ons gehoor dat ons  swanger is. En hierdie keer was ons gebless met ‘n goeie, gesonde swangerskap wat drie hartjies in gehad het. Op Maandag 22 September 2008 is die pragtigste Drieling Seuntjies ooit gebore…….

Maar wag! Daar was nog ‘n verrassing gewees. En op Dinsdag 24 Junie 2009 vind Mamma Arnell uit dat sy (weer) swanger was. En weereens op ‘n Maandag 15 Februarie 2010 is die mooiste, Prinsessie Dominique gebore.

Vyf  jaar later…….

En watse roller coaster jare was dit nie. Met tye het ek gedink o genade, hierdie gaan ek nie oorleef nie. Om kinders groot te maak is nie kinderspeletjies nie 🙂 Maar vandag kan ek terug kyk na die laaste vyf jaar en met  ‘n trotse glimlag se: “Ons het dit oorleef” 🙂

Mensies! Laat ek julle nie verder ophou nie…..

Hiermee die wel bekende, beminde, Botha vier!

TA DAH…………

QUINTIN, REINHARDT, ZANDER & DOMINIQUE: MAART 2013

Scan Both 4ScanQ1Scan Rein1Scan0002Scan0003

Advertisements
0

‘n NUWE TOEVOEGING IN DIE BOTHA HUIS…….


Hellooha Vriende!

Die Botha’s  het ‘n nuwe toevoeging tot ons gesin gekry  en sy naam is MATTHEW MURRAY en hy is ‘n Slak!

7589222946_f1274c6930

Jip! Quintin het gistermiddag met hom by die huis gekom. Dadelik moes hy sy eie huisie kry (een van my Tupper Houers natuurlik). Sedert gistermiddag is Quintin en die Slak onafskeidbaar. As Quintin bad, is die Slak daar. As hy aantrek is die Slak by hom. As hy eet….. is die Slak daar….. Ek is seker julle begin die patroon verstaan. Nauurlik moes Slak ook ‘n naam kry, en sonder om daaroor te dink het Quintin Matthew Murray voorgestel. Mmmm?  Met slaaptyd het dit nogal oorteiging gekos van ons kant af, dat Slak nie saam met hom in die bed kan slaap nie. Daar is toe van sy kant  af  voorgestel dat Vivian (ons Nagverpleegster) na Slak alias Matthew Murray sal kyk.

Vanoggend het niks verander nie. Slak was nogsteeds snoesig in sy huisie (my tupperbak) gewees. Toe dit tyd was om skooltoe te gaan moes ek Quintin belowe dat ek nie Slak in die toilet sal afspoel nie – komaan asof ek dit nou regtig sal doen, soos die laaste 100+ Krieke en Goggas. Natuurlik vertrou Quintin my nie met Slak nie en het Caroline my Huiswerker die werkie gekry om vandag vir Slak op te pas totdat hy by die huis kom.

Wel, sover kan ek eerlik terug rapporteer dat Matthew Slak nogsteeds in sy huisie is op my kombuis toonbank – net vir ingeval hy dalk uitkom en ons met die groot soektog moet begin. Sy huisie lyk darem nou al bietjie meer na ‘n huisie met ‘n paar groen blaartjies daarin. Mamma Arnell het vir Slakie jammer begin kry en Matthew moet seker eet ook.

So Far so good…. Slakie is nog met ons en ek weet sommer dat daar gaan ‘n baie gelukkige Seuntjie vanaand huistoe kom na sy maatjie Matthew.

Vir nou met Slak vat ons dit net dag vir dag. Of hierdie nuwe toevoeging gaan hou in die Botha huis hoop ek regtig  nie so nie. Maar ek sal ontken dat ek dit OOIT gese het.

Mamma Arnell het al vroeg geleer as dit by Goggas en Ga Ga Goedjies kom, kyk ek maar weg. Solank dit hulle gelukkig maak. Ek sal egter die streep begin trek by Spinnekoppe, Slange en Muise. 🙂

Toedels van Mamma Arnell en Matthew Murray die Slak.

xAx

 

0

STILSTUIPE??


Hellooha Wereld!

Na bykans ‘n maand van stlistuipe is dit seker ‘n bietjie tyd om weer te se hello wereld en hello vriende!

Wel, soos meeste van julle weet is ek nou ‘n 24/7 huis Mamma. Jip! Na 14 jaar!

Laat ek sommer dadelik die aap uit die mou haal, die aanpassing was NIE maklik vir my gewees nie. En met tye het dit maar baie dol gegaan in my gemoed. Soms TE dol. Net ‘n vraagie wat gou by my op kom, hoekom behandel mense jou anders en skielik begin jy “dom” voel? Mensies! Jip, ek het nie meer ‘n werk nie, maar ek WERK nogsteeds (en glo my NOU harder by die huis as op kantoor), ek is nogsteeds dieselfde Arnell en Mamma vir vier besige Kleuters.

Reg daar gelaat………..

Ek LEWE weer. Ek oefen daagliks. Gaan stap elke oggend in ons pragtige buurt en loop twee keer verby ‘n rustige dam (Homestead Lake). Wat ‘n Blessing! Net ek, my Ipod, die mooi natuur en die Here. Hierdie uur is my tyd. Weereens ‘n Blessing! Ek spandeer daarna stilte tyd saam met die Here. Waar ek soms net 5 minute gehad het daarvoor, het ek nou inlimited tyd. Nog ‘n Blessing!

Ja, ek het nogsteeds dieselfde verantwoordelikhede as ‘n maand of twee gelede, maar doen dit nou op my tyd, my tempo and I love it! ‘n Maand terug was alles vir my ‘n ramp gewees, ek WOU NIE ophou werk nie. Ek het my werk geniet en was goed daarin. Dit was so ‘n “cousy comfort zone” gewees. Maar, die Here het ander planne gehad. En amper oornag het Hy my uit daardie comfort zone gehaal. Tipies mens WOU EK nie! Ek WOU my eie ding doen. Maar, mensies! Vandag kyk ek terug na die laaste maand en se Dankie. Dankie Here, dat U my in ‘n nuwe rugting ingelei het. Ek LOVE dit! En dankie Here dat U so geduldig met my was.

Genoeg van my geblah, blah, oor myself. Hoe gaan dit in Bothaville?

Dit gaan goed dankie mensies. Kobus oefen baie hard op die oomblik. Hy gaan weer hierdie jaar die Comrades doen. En op die oomblik soos hy nou oefen wonder ek of hy dalk nie die Comrades wil wen nie, of vir goud wil gaan nie. He He He. Met Dominique Dolla gaan dit goed. Sy en Mamma stamp ‘n bietjie koppe op die oomblik. Tiener Tantrums op die oomblik en dit op 3! Genade, sy weet wat sy wil he. No second best vir haar! Reinhardt is genader  deur ‘n model agentskap. Ons het mix emotions daaroor op die oomblik, maar ek is seker only time will tell wat ons moet doen. Verlede week het ek ‘n oproep gekry van die skool dat hy seer gekry het. Ja, Meneertjie het weer kop eerste by die glyplank afgegaan en is sommer oor die rand van die glyplank. Hy het maar woes gelyk, kompleet asof hy in ‘n kar ongeluk was en mag ek byvoeg daar was ‘n trok of twee ook by. Maar tipies seuntjie, hy kon nie gou genoeg voor die spieel kom om te sien hoe hy lyk nie. Natuurlik lyk hy super cool vir homself en dra hy elke skrapie en roofie met trots 🙂 Zandertjie gaan die ook voor die wind. Hy is nogsteeds twee keer ‘n week by die Spraakterapeut en een keer ‘n week by die Arbeidsterapeut. Hy geniet albei vreeslik baie en ek is so opgewonde om daaglik te sien hoe hy vorder. Hy is ‘n tipiese seuntjie en klim en klouter op alles! My senuwees! Hy het ook nou skielik gerek en is langer as Quintin. Natuurlik is hy baie trots daarop. Met Quintin gaan dit ook baie goed. Ai, die meneertjie is ‘n absolute perfeksonis. Hy loop heeldag met papiertjies rond en glo my hulle moet almal perfek op mekaar pas. ‘n Gebuigde papiertjie doen dit nie vir hom nie.  Natuurlik lyk my huis asof ‘n “Shreder” ontplof het. 🙂 Hy begin ook nou sy naam te skryf.

Wel, daar het julle dit sommer gou gou in ‘n neute dop.

Toedels julle! Mag julle Maandag en res van die week sommer helder  sonneblom geel wees.

Blessings!

xAx