OUPA EN OUMA DAG BY DIE KLEUTERSKOOL…..


Vandag  is, sommer so saam met Miss D se verjaarsdag, Oupa en Ouma Dag by die skool. Nou vir my is dit DIE belangrikste dag van die jaar by die Kleuterskool.

Al die kleuters se Ouma’s en Oupa’s word genooi om die oggend saam met die Kleuters deur te bring. Elke klassie kry dan ook ‘n geleentheid om vir al die Oupa’s en Ouma’s te sing of ‘n gediggie op te se.

Hierdie jaar is ons weereens bevoorreg om albei Ouma’s en Oupa’s by ons te he vir hierdie spesiale dag en die vier’tjies is tog te opgewonde. Die Trips se ‘n oulike gediggie op wat Juffrou Elke self geskryf het, en Dominique weet ek nie wat hulle doen nie, ek dink nie sy weet self nie. Oeps! 🙂

Ek deel graag die Trips se oulike gediggie met julle:

My Ouma swaai die heupies op haar highpolfaais

My Oupa rev die engine van sy nuwe Hundayi

My Ouma hou van tjoklits, my Oupa hou van bier

en altwee is lief vir my op hul eie manier.

Oupa vertel spookstories,

Ouma se “O my glorie”

Oupa skud sy kop en sug beswaard,

Want Ouma koop alweer op sy goue kredietkaart!

Ek weet sommer dat al die Oupa’s, Ouma’s en Kleuters gaan ‘n heerlike tydjie he.

HIER IS ONS VIER SE OUPA’S EN OUMA’S……

SANYO DIGITAL CAMERA

Advertisements

One thought on “OUPA EN OUMA DAG BY DIE KLEUTERSKOOL…..

  1. Haai vriendin! My genade dit was nou blote toeval – ek is opsoek na idees vir Ouma en Oupa-dag en kom toe op hierdie oulike gediggie af. Ek lees verder en sien die 4 ouma’s en oupa’s en ek kon my oe nie glo nie, want twee van daardie spesiale mense het ek dadelik herken en het toe geweet wie hier aan die word was. Dankie hoor ! Dis die oulikste gediggie ooit –
    jy help so baie! :-)) xxxxx

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s