DOMINIQUE IS 3……….


DOMINIQUE: Beteken van die Here af……

Vandag 3 jaar gelede het  die mooiste donkerkop dogtertjie met pikswart oogies haar eerste huiltjie gegee in hierdie dol wereld. 

Daardie dag 15 Februarie 2010 het ons nie besef hoe anders  ons lewens sou wees nie. Toe ons Donderdag die 18de Februarie 2010 by ons huisie instap met hierdie bondeltjie het ons lewens vir die beste verander.

Vandag 3 jaar later en ons kan nie genoeg dankie se vir hierdie bondeltjie vreugde nie.

Dinsdag 24 Junie 2009 en Mamma Arnell hou ietsie in haar hand vas. Ek staar senuweeagtig na die swangerskap toetsie in my hande. Te bang om daarna te kyk, te bang om te dink. Dit kan nie wees nie! Die Trips is maar 9 maande oud, hulle sny tande, ons slaap nie. Hulle is Invitro Baba’s – ons 7de Invitro Poging! Dit mag nie! Ek kan nie weer swanger wees nie, ek wil nie. Ek is bang! Wat gaan Kobus se, wat gaan almal se?

Maar, ek moet kyk. Miskien is die kwaai sooibrand ietsie wat ek verkeert geeet het. Miskien verbeel ek my net dat ek baie moeg is, of dit is net die min slaap met die boeties wat tande sny. Ek kyk, en DAAR is dit. So duidelik! Twee Streepies. Ek is SWANGER!

Emosies oorval my. En daar gee ek alles oor aan die Here. “Here, ek weet nie wat U plan is met hierdie swangerskap nie. Here, ek is bang, ek is moeg en sukkel alreeds om ‘n Mamma vir drie klein seuntjies te wees, Maar Here ek glo U het hierdie babetjie op ons pad gestuur vir ‘n rede.”

As ek vandag terug dink, kan ek nie my lewe  in dink sonder Dominique nie. Net so prominent soos daardie twee streepies was op die swangerskap toetsie, netso prominet is sy vandag in ons lewens en in ander. Op haar eie maniertjie vereik sy so baie mense se lewens. Soms moet ek myself knyp as ek so na haar kyk om te besef dat sy ons s’n is.

“Liewe Here, vandag is dit drie jaar later en ek kan nie genoeg dankie se vir hierdie pragtige, lewenslustige dogtertjie wat U vir ons geleen het nie. Dankie vir ons groot Blessing!”

MAMMA ARNELL OP VALENTEINSDAG 2010. NET ‘N PAAR UURTJIES VOORDAT SY GEBORE IS…..

 

SANYO DIGITAL CAMERASANYO DIGITAL CAMERASANYO DIGITAL CAMERASANYO DIGITAL CAMERASANYO DIGITAL CAMERA

Lekker verjaar Mamma se Poplap.

Baie liefde: Mamma Arnell xxxx

Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s