1

BORN FOR THIS……


Net ‘n bietjie meer as twee weke terug het my lewe ‘n 360 grade omwenteling gemaak. Onverwags! Hell yes! Did not see this coming!!!! Die laaste twee weke het ek meer downs as ups gehad. Maar, ek is ok! I’m a fighter! ūüôā Daagliks sien ek die Here se hand in alles, en dit hou my staande. Ek WEET Hy weet beter, en ek WEET ook dat Hy moes die besluit namens my maak, ek sou nooit die moed gehad het daarvoor nie. Ek WEET ook sooner than later gaan ek terug kyk en besef dat weereens was Sy timing reg gewees. Maar meeste van alles WEET ek dat ek ok sal wees………

Feels like I’ve been holding my breath. Trying to still my restless heart. Everything hangs on my next step. Finding my nerve, playing my part. I found shelter underneath his crown. Found favor inside his eyes. Rock this boat, and I just might drown. Honesty seems to come with a price.

There’s a time to hold your tongue. Time to keep your head down. There’s a time but it’s not now. Sometimes you gotta go, uninvited. Sometimes you gotta speak when you don’t have the floor. Sometimes you gotta move, when everybody else says you should stay. No way, no, not today. You gotta ask, if you want an answer.¬† Sometimes you gotta stand apart from the crowd. Long before your heart could run the risk.

You were born for this!

Ek dink wat my die meeste getref het die laaste paar dagies (en ek sukkel nog met die konsep, maar glo met tyd sal dit beter word), is dat it’s not all about ME. Nope! Dit gaan oor die Here, Kobus en my vier Kiddies. Ek is nou op ‘n ¬†pad om na hulle om te sien, hulle te versorg en¬†onvoorwaardelik ¬†lief te he. Dit is NOU waar die Here my wil he en wil gebruik. Nie in ‘n nuwe fancy gebou nie. Nie in die Besigheidswereld wat ek vir soveel jare geken het nie. Nee, by my Man en my Kinders!

I were born for this! And I know I will never walk alone!

SANYO DIGITAL CAMERA

Foto: Desember 2012.

* Reinhardt, Mamma Arnell, Quintin, Dominique, Pappa Kobus en Zander *

 

1

OUPA EN OUMA DAG BY DIE KLEUTERSKOOL…..


Vandag  is, sommer so saam met Miss D se verjaarsdag, Oupa en Ouma Dag by die skool. Nou vir my is dit DIE belangrikste dag van die jaar by die Kleuterskool.

Al die kleuters se Ouma’s en Oupa’s word genooi om die oggend saam met die Kleuters deur te bring. Elke klassie kry dan ook ‘n geleentheid om vir al die Oupa’s en Ouma’s te sing of ‘n gediggie op te se.

Hierdie jaar is ons weereens bevoorreg om albei Ouma’s en Oupa’s by ons te he vir hierdie spesiale dag en die vier’tjies is tog te opgewonde. Die Trips se ‘n oulike gediggie op wat Juffrou Elke self geskryf het, en Dominique weet ek nie wat hulle doen nie, ek dink nie sy weet self nie. Oeps! ūüôā

Ek deel graag die Trips se oulike gediggie met julle:

My Ouma swaai die heupies op haar highpolfaais

My Oupa rev die engine van sy nuwe Hundayi

My Ouma hou van tjoklits, my Oupa hou van bier

en altwee is lief vir my op hul eie manier.

Oupa vertel spookstories,

Ouma se “O my glorie”

Oupa skud sy kop en sug beswaard,

Want Ouma koop alweer op sy goue kredietkaart!

Ek weet sommer dat al die Oupa’s, Ouma’s en Kleuters gaan ‘n heerlike tydjie he.

HIER IS ONS VIER SE OUPA’S EN OUMA’S……

SANYO DIGITAL CAMERA

0

DOMINIQUE IS 3……….


DOMINIQUE: Beteken van die Here af……

Vandag 3 jaar gelede het  die mooiste donkerkop dogtertjie met pikswart oogies haar eerste huiltjie gegee in hierdie dol wereld. 

Daardie dag 15 Februarie 2010 het ons nie besef hoe anders  ons lewens sou wees nie. Toe ons Donderdag die 18de Februarie 2010 by ons huisie instap met hierdie bondeltjie het ons lewens vir die beste verander.

Vandag 3 jaar later en ons kan nie genoeg dankie se vir hierdie bondeltjie vreugde nie.

Dinsdag 24 Junie 2009 en Mamma Arnell hou ietsie in haar hand vas. Ek staar senuweeagtig na die swangerskap toetsie in my hande. Te bang om daarna te kyk, te bang om te dink. Dit kan nie wees nie! Die Trips is maar 9 maande oud, hulle sny tande, ons slaap nie. Hulle is Invitro Baba’s – ons 7de Invitro Poging! Dit mag nie! Ek kan nie weer swanger wees nie, ek wil nie. Ek is bang! Wat gaan Kobus se, wat gaan almal se?

Maar, ek moet kyk. Miskien is die kwaai sooibrand ietsie wat ek verkeert geeet het. Miskien verbeel ek my net dat ek baie moeg is, of dit is net die min slaap met die boeties wat tande sny. Ek kyk, en DAAR is dit. So duidelik! Twee Streepies. Ek is SWANGER!

Emosies oorval my. En daar gee ek alles oor aan die Here. “Here, ek weet nie wat U plan is met hierdie swangerskap nie. Here, ek is bang, ek is moeg en sukkel alreeds om ‘n Mamma vir drie klein seuntjies te wees, Maar Here ek glo U het hierdie babetjie op ons pad gestuur vir ‘n rede.”

As ek vandag terug dink, kan ek nie my lewe¬† in dink sonder Dominique nie. Net so prominent soos daardie twee streepies was op die swangerskap toetsie, netso prominet is sy vandag in ons lewens en in ander. Op haar eie maniertjie vereik sy so baie mense se lewens. Soms moet ek myself knyp as ek so na haar kyk om te besef dat sy ons s’n is.

“Liewe Here, vandag is dit drie jaar later en ek kan nie genoeg dankie se vir hierdie pragtige, lewenslustige dogtertjie wat U vir ons geleen het nie. Dankie vir ons groot Blessing!”

MAMMA ARNELL OP VALENTEINSDAG 2010. NET ‘N PAAR UURTJIES VOORDAT SY GEBORE IS…..

 

SANYO DIGITAL CAMERASANYO DIGITAL CAMERASANYO DIGITAL CAMERASANYO DIGITAL CAMERASANYO DIGITAL CAMERA

Lekker verjaar Mamma se Poplap.

Baie liefde: Mamma Arnell xxxx