40 BOUNDARY ROAD……


1 Februarie 2000 en 40 Boundary Road word ons nuwe “tuiste”.  Ek is maar net 8 maande getroud en as  ware Natallers verhuis ons na die groot, goue stad Johannesburg, Gauteng. Dit is dan ook hier waar ek begin as ontvangsdame. Ons kantore by 40 Boundary Road lyk vreeslik! Dit is maande laas skoon gemaak en waar veronderstel is om my tafel, werksplek te wees le vuil papiere, verfblikke noem maar op….. dit is daar.  ‘n groentjie in die Admin gedeelte is ek in ‘n ware sin. Gou het ek besef hoe wreed die sakewereld kan wees. Ek was sover baie gelukkig en het uit ‘n goeie, vriendelike, ordentlike enviroment uitgekom. Gou moes ek leer swem. Switchbord leer ken (want skynbaar het niemand geweet hoe hy werk nie????), fakse stuur, filing doen. Alles was so anders as ‘n Onderwys loopbaan waarvoor ek geswot het. Maar ek het! Ek het aangepas! Ek het sisteme in plek gesit wat alles meer sin gemaak het, en die lewe vir almal ook makliker gemaak het. Gou gou is ek bevorder tot “Regional Admin Manager”. Ek het my eie besigheidskaartjies gekry.  He He He….. Vandag as ek daaroor dink, dink ek eintlik dit is lagwekend!! Maar later hieroor.

Vir die eerste 8 jaar het ek en Kobus (skies, het vergeet om te noem hy werk ook hier – Sales Director nogal :-)) dag en nag gewerk. Sommige aande, wat baie gereeld was het ons tot 10 uur in die aande gewerk. Ons alles gegee. Na ‘n paar jaar se werk in nie goeie toestande nie, is daar besluit om die kantore ‘n bietjie uit te verf, teels te le ens. ‘n Mens moet darem ook trots wees op jou werksplek. Maar gou het ek ook geleer – sommige mense se netheid en waardes verskil hemelsbreed van myne. En met tyd het ek maar opgegee, wat help dit tog!

By hierdie einste 40 Boundary Road, het ek elke tree saam met infertiliteit gestap. Behandeling in die oggend, werk in die middag en aand. In hierdie selfde kantoor het ek gehoor van Oom Tonie wat dood is, Ouma Sarie se dood, Oupa Koot se beroerte en dood, Pappa se beroerte, Nicolette se tweeling wat op 24 weke gebore is en dood is. Al my “Nee’s” as nog ‘n invitro nie gewerk het. Maar, wat die seerste gemaak het, was die oproep van Stephan in my kantoor met die nuus dat ek ‘n miskraam gehad het. Geen simpatie, geen oproepe van mede kollegas nie. Nope, mensies! Life must go on, en Arnell doen gou vir my die volgende Order ons moet die goedjies gaan optel 😦 Is ek bitter? Jip mensies, baie bitter!

Ek het swanger geraak met die 3-Ling. Gelukkig het ek ‘n goeie swangerskap gehad met hulle en tydens my swangerskap nie een dag van die werk af nie. Op 3o weke is ek “afgebook” deur my Dokter. Bedrus. Op 31 weke is ek opgeneem in die hospitaal en op 32 weke is die seuns gebore. En wat doen my werk? Hulle vat nog van my verlof om “op te maak” vir die dae wat nie onder kraamverlof geval het nie. Skies? Hoe nou? Ek het ‘n Doktersbrief – BEDRUS/PREM BABETJIES!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

Met 3 klein, prem babetjies by die huis wat gou gou siek geword het, was ek ongelukkig die eerste jaar van hulle lewe ‘n paar keer by die huis saam met hulle. Daar was ‘n keer waar al 3 babetjies  tegelyk in die hospitaal was. Ek en my Pa was by hulle. Kobus moes werk. Toe die Trips vir die eerste keer huistoe kom, was dit weereens net ek. Kobus moes werk! Later is Dominique gebore en verlof dae het ‘n luxery geword vir my. Ons was besig om uit te brand en ek en Kobus  het ‘n “reel” gemaak dat een keer ‘n jaar, gewoonlik Julie Maande gaan ons alleen weg vir ‘n week. Ons Tyd! Wel, jy kan jouself voorstel hoe lyk my verlofdae op die oomblik. Beroert!!!!!!!

Oor 2 dae trek ons na ‘n groter, beter perseel toe. Vir 13 jaar het ek gewag hiervoor. Gebid hiervoor. En oor 2 dae gebeur dit. Is ek opgewonde? Ek was…. tot verlede Donderdag. Weereens le my drome aan skerwe. Is Ek bitter? Hell yes! Is ek kwaad? Ek is!

Op hierdie stadium kan ek nie veel se nie. Pla my min….. maar terwille van Kobus bly ek eers stil. Al waarmee ek julle vandag mee wil laat is: “Trust nobody”. Gee alles vir jou gesin. Die sakewereld is mal. Dit is net ‘n gejaag na geld.

40 Boundary Road……. Oor 2 slapies stap ek hieruit, ek kyk nie terug nie. Dit is verby en ek is so bly.

xAx

 

 

Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s