MAMMA ARNELL SE NAWEEK BRIEFIES AAN JULLE 5 (KQRZD)…..


*  ZANDER *

Gistermiddag kon Reinhardt nie gou genoeg vir Mamma Arnell kom vertel dat Juffrou Elke ‘n sterretjie by jou naam weggevat het, omdat jy so baie praat in die klas  nie. Mooi so Zandertjie! Mamma Arnell is so trots op jou, jy praat al so mooi en duidelik en Mamma sien hoe hard jy werk saam met Tannie Liezel jou Spraakterapeut. Zandertjie,  moenie jou steur aan die sterretjie wat Juffrou Elke weggevat het nie, Mamma Arnell gee vir jou ‘n honderd ander goue sterretjies! Zandertjie, jy is Mamma se super seuntjie. Elke dag maak jy my baie  trots en ek is baie, baie lief vir jou!

* DOMINIQUE *

Goed, dit is waar! Jy IS amptelik die oulikste 3 jarige dogtertjie wat daar is. Nou die middag wou jy nie jou kossies eet nie, jy draai ewe na Vivian en se vir haar: “Vivian, waar kry jy hierdie slegte kos?” Oupa Koos maak asof hy huil en weereens het jy nie vir Mamma Arnell in die steek gelaat met jou oulike, cute se-goed nie, jy se vir hom: “Jy kan maar huil, ek is nie bang vir jou nie!” Ai, Dominique’tjie oor presies 3 weke is jy 3 jaar oud. Mamma is hard besig met jou Dora Partytjie se beplanning. Ek hoop jy hou daarvan. Lief jou my Poppie!

*  REINHARDT *

Mamma Arnell se Liefie kind. As jy Mamma sien, moet ek jou liefies. En weet jy wat – Reinhardtjie, Mamma Arnell doen dit met graagte. Jy geniet dit baie as Mamma jou handjie kielie, jou ruggie en magie vryf. Elke aand moet Mamma by jou bedjie sit en dit doen, en net voordat Klaas Vakie sandjies in jou ogies strooi en jy weggaan na La La Land fluister jy saggies vir Mamma: “Mamma, jy kan nou vir Quintin en Zander liefies.”  Lief jou baie Reinhardt my liefies kind.

*  QUINTIN *

Quinty Poontie, Mamma Arnell se groot seuntjie. Jy is so ‘n  onafhanklik seuntjie. Jy is mal daaroor om “huiswerk” te doen, en Mamma Arnell is elke keer verbaas oor hoe mooi jy inkleur, teken, knip en plak. Jy doen dit met soveel konsentrasie, selfvertroue en deeglikheid. Jy is baie presies en vreeslik netjies (Mamma Arnell se Gene). Quintin, met jou blonde haartjies, jou dimpel in jou wangetjie en potblou oogies  het jy  ‘n deel van Mamma Arnell se hart gesteel. Lief jou tonne baie!

*  KOBUS *

Dit is hartseer hoe vinnig ‘n mens vergeet. Dit is hartseer dat tyd so vinnig verby gaan en dat ons altyd tyd het vir die werk, vir die kinders, vir vriende, vir die kerk, maar soms vergeet om tyd te he vir mekaar. En dit is waar dat ons mekaar afskeep , nie omdat ons wil nie, of omdat ons nie omgee nie. Vandag wil ek weereens jammer se, maar ook dankie se dat ons mekaar het. Dankie vir 5 dae in Oos Londen wat ons weer “een” kon wees. Dit was heerlik om net al my tyd vir jou te kon gee, want ek weet van ons al twee is ek die skuldigste. Jy het my so trots gemaak by die Ysterman. Ek dink die laaste keer wat ek so gevoel het, was met die kinders se geboorte. Jy is ‘n ware Ysterman! Jy is ons Ysterman! Ek weet ek se dit te min, maar vandag wil ek namens myself en 4 ander nie-so-soet-maar-bleddie-cute Kleuters baie dankie se vir alles. Dankie vir die goeie man wat jy is, maar ook baie dankie vir die  goeie pappa wat jy is. Ons is baie lief vir jou.

Liefies: Mamma Arnell/Outjie xxxxx

 

Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s