‘n HEMELSE BRIEFIE……


!cid_396987A4179C4C46908BAB265D3B20E9@CualJhb

EK  staan langs jou bed en kyk hoe jy aan die slaap raak.

Soms het daar trane oor jou wange gerol,

Oor verkeerde besluite en soms sommer net

Omdat jy soos ‘n mislukking gevoel het.

Daar was dae wat jy seergekry het,

Dae wat mense jou nie verstaan het nie,

Dae wat jy moedeloos was,

Dae wat pyn jou wou vernietig het!

EK  het toe saam met jou gehuil;

MY hande gehou en jou kosbare trane opgevang.

EK  ken jou seer, EK  ken jou pyn.

Daar is tye wat mense MY  nie verstaan nie,

MY  self verwerp, daarom weet EK hoe jy voel…..

Daar was dae wat jy deurmekaar gevoel het en

Gewonder het wat, waar en hoekom.

EK wil net vandag vir jou se –

Nie een van die foute wat jy gemaak het,

Het MY onkant gevang nie.

EK was daar en EK was nie verbaas nie.

EK weet alles.

EK verstaan alles.

EK sien alles.

En EK kyk nie na jou met oe wat oordeel nie.

EK kyk steeds na jou met oe van liefde en EK luister na jou met MY hart.

Omdat EK ‘n PA is wat uit liefde bestaan.

EK weet mense het soms al vir jou ‘n verkeerde prentjie van MY geskilder.

Maar EK wil jou nie straf nie.

EK is nie ver van jou af nie.

EK ken jou beter as enige iemand anders.

EK weet wie jy werklik is, en EK is lief vir jou!!!!!

JOU HEMELSE VADER……..

xAx

 

Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s