0

5KM IN 29.55 MINUTE……


Ola Vriende!

Wel, soos julle almal weet het ek en Mandy verlede  Sondag ‘n 5km run gedoen. Ek was baie bang  gewees, want onthou ek het meer as 2 maande laas enige vorm van oefening gedoen.

So breek Sondag oggend toe aan. Met ‘n seer keel,  swaar reen en donderstorms begin ons oggend. Maar glo dit of nie op daardie oomblik het ek net geweet dat ‘n seerkeel en reen gaan die minste van my bekommernisse wees, want ‘n 5km le nog vir my voor. Mensies, vandag kan ek met ‘n eerlike hart vir julle se, ek was so verkeert gewees. Ek en Mandy het die 5km deur gesyl. Ja, natuurlik het dit maar moeilik gegaan met tye, maar loop het ons bitter min geloop.  Die laaste 500m + het ons tot ons tempo en pas verbeter.

* Name: Arnell & Mandy.

* Ouderdomme:  36 & 34.

* Club: Mickey Mouse Club House. 🙂

* Distansie: 5km.

* Tyd: 29.55 minute.

* Medaljes: 2 Verower.

Dit was heerlike gewees. Nou moet ek net begin oefen vir my volgende 5km en dan gaan ons die 10km’s aanvat. Watch this space!

Happy Running!

Blessings.

xAx

319708_10151433237312915_1669697322_n

Ek en Mandy na die 5km. Lyk ons goed? Of lyk ons goed?

 

0

40 BOUNDARY ROAD……


1 Februarie 2000 en 40 Boundary Road word ons nuwe “tuiste”.  Ek is maar net 8 maande getroud en as  ware Natallers verhuis ons na die groot, goue stad Johannesburg, Gauteng. Dit is dan ook hier waar ek begin as ontvangsdame. Ons kantore by 40 Boundary Road lyk vreeslik! Dit is maande laas skoon gemaak en waar veronderstel is om my tafel, werksplek te wees le vuil papiere, verfblikke noem maar op….. dit is daar.  ‘n groentjie in die Admin gedeelte is ek in ‘n ware sin. Gou het ek besef hoe wreed die sakewereld kan wees. Ek was sover baie gelukkig en het uit ‘n goeie, vriendelike, ordentlike enviroment uitgekom. Gou moes ek leer swem. Switchbord leer ken (want skynbaar het niemand geweet hoe hy werk nie????), fakse stuur, filing doen. Alles was so anders as ‘n Onderwys loopbaan waarvoor ek geswot het. Maar ek het! Ek het aangepas! Ek het sisteme in plek gesit wat alles meer sin gemaak het, en die lewe vir almal ook makliker gemaak het. Gou gou is ek bevorder tot “Regional Admin Manager”. Ek het my eie besigheidskaartjies gekry.  He He He….. Vandag as ek daaroor dink, dink ek eintlik dit is lagwekend!! Maar later hieroor.

Vir die eerste 8 jaar het ek en Kobus (skies, het vergeet om te noem hy werk ook hier – Sales Director nogal :-)) dag en nag gewerk. Sommige aande, wat baie gereeld was het ons tot 10 uur in die aande gewerk. Ons alles gegee. Na ‘n paar jaar se werk in nie goeie toestande nie, is daar besluit om die kantore ‘n bietjie uit te verf, teels te le ens. ‘n Mens moet darem ook trots wees op jou werksplek. Maar gou het ek ook geleer – sommige mense se netheid en waardes verskil hemelsbreed van myne. En met tyd het ek maar opgegee, wat help dit tog!

By hierdie einste 40 Boundary Road, het ek elke tree saam met infertiliteit gestap. Behandeling in die oggend, werk in die middag en aand. In hierdie selfde kantoor het ek gehoor van Oom Tonie wat dood is, Ouma Sarie se dood, Oupa Koot se beroerte en dood, Pappa se beroerte, Nicolette se tweeling wat op 24 weke gebore is en dood is. Al my “Nee’s” as nog ‘n invitro nie gewerk het. Maar, wat die seerste gemaak het, was die oproep van Stephan in my kantoor met die nuus dat ek ‘n miskraam gehad het. Geen simpatie, geen oproepe van mede kollegas nie. Nope, mensies! Life must go on, en Arnell doen gou vir my die volgende Order ons moet die goedjies gaan optel 😦 Is ek bitter? Jip mensies, baie bitter!

Ek het swanger geraak met die 3-Ling. Gelukkig het ek ‘n goeie swangerskap gehad met hulle en tydens my swangerskap nie een dag van die werk af nie. Op 3o weke is ek “afgebook” deur my Dokter. Bedrus. Op 31 weke is ek opgeneem in die hospitaal en op 32 weke is die seuns gebore. En wat doen my werk? Hulle vat nog van my verlof om “op te maak” vir die dae wat nie onder kraamverlof geval het nie. Skies? Hoe nou? Ek het ‘n Doktersbrief – BEDRUS/PREM BABETJIES!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

Met 3 klein, prem babetjies by die huis wat gou gou siek geword het, was ek ongelukkig die eerste jaar van hulle lewe ‘n paar keer by die huis saam met hulle. Daar was ‘n keer waar al 3 babetjies  tegelyk in die hospitaal was. Ek en my Pa was by hulle. Kobus moes werk. Toe die Trips vir die eerste keer huistoe kom, was dit weereens net ek. Kobus moes werk! Later is Dominique gebore en verlof dae het ‘n luxery geword vir my. Ons was besig om uit te brand en ek en Kobus  het ‘n “reel” gemaak dat een keer ‘n jaar, gewoonlik Julie Maande gaan ons alleen weg vir ‘n week. Ons Tyd! Wel, jy kan jouself voorstel hoe lyk my verlofdae op die oomblik. Beroert!!!!!!!

Oor 2 dae trek ons na ‘n groter, beter perseel toe. Vir 13 jaar het ek gewag hiervoor. Gebid hiervoor. En oor 2 dae gebeur dit. Is ek opgewonde? Ek was…. tot verlede Donderdag. Weereens le my drome aan skerwe. Is Ek bitter? Hell yes! Is ek kwaad? Ek is!

Op hierdie stadium kan ek nie veel se nie. Pla my min….. maar terwille van Kobus bly ek eers stil. Al waarmee ek julle vandag mee wil laat is: “Trust nobody”. Gee alles vir jou gesin. Die sakewereld is mal. Dit is net ‘n gejaag na geld.

40 Boundary Road……. Oor 2 slapies stap ek hieruit, ek kyk nie terug nie. Dit is verby en ek is so bly.

xAx

 

 

0

MAMMA ARNELL SE NAWEEK BRIEFIES AAN JULLE 5 (KQRZD)…..


*  ZANDER *

Gistermiddag kon Reinhardt nie gou genoeg vir Mamma Arnell kom vertel dat Juffrou Elke ‘n sterretjie by jou naam weggevat het, omdat jy so baie praat in die klas  nie. Mooi so Zandertjie! Mamma Arnell is so trots op jou, jy praat al so mooi en duidelik en Mamma sien hoe hard jy werk saam met Tannie Liezel jou Spraakterapeut. Zandertjie,  moenie jou steur aan die sterretjie wat Juffrou Elke weggevat het nie, Mamma Arnell gee vir jou ‘n honderd ander goue sterretjies! Zandertjie, jy is Mamma se super seuntjie. Elke dag maak jy my baie  trots en ek is baie, baie lief vir jou!

* DOMINIQUE *

Goed, dit is waar! Jy IS amptelik die oulikste 3 jarige dogtertjie wat daar is. Nou die middag wou jy nie jou kossies eet nie, jy draai ewe na Vivian en se vir haar: “Vivian, waar kry jy hierdie slegte kos?” Oupa Koos maak asof hy huil en weereens het jy nie vir Mamma Arnell in die steek gelaat met jou oulike, cute se-goed nie, jy se vir hom: “Jy kan maar huil, ek is nie bang vir jou nie!” Ai, Dominique’tjie oor presies 3 weke is jy 3 jaar oud. Mamma is hard besig met jou Dora Partytjie se beplanning. Ek hoop jy hou daarvan. Lief jou my Poppie!

*  REINHARDT *

Mamma Arnell se Liefie kind. As jy Mamma sien, moet ek jou liefies. En weet jy wat – Reinhardtjie, Mamma Arnell doen dit met graagte. Jy geniet dit baie as Mamma jou handjie kielie, jou ruggie en magie vryf. Elke aand moet Mamma by jou bedjie sit en dit doen, en net voordat Klaas Vakie sandjies in jou ogies strooi en jy weggaan na La La Land fluister jy saggies vir Mamma: “Mamma, jy kan nou vir Quintin en Zander liefies.”  Lief jou baie Reinhardt my liefies kind.

*  QUINTIN *

Quinty Poontie, Mamma Arnell se groot seuntjie. Jy is so ‘n  onafhanklik seuntjie. Jy is mal daaroor om “huiswerk” te doen, en Mamma Arnell is elke keer verbaas oor hoe mooi jy inkleur, teken, knip en plak. Jy doen dit met soveel konsentrasie, selfvertroue en deeglikheid. Jy is baie presies en vreeslik netjies (Mamma Arnell se Gene). Quintin, met jou blonde haartjies, jou dimpel in jou wangetjie en potblou oogies  het jy  ‘n deel van Mamma Arnell se hart gesteel. Lief jou tonne baie!

*  KOBUS *

Dit is hartseer hoe vinnig ‘n mens vergeet. Dit is hartseer dat tyd so vinnig verby gaan en dat ons altyd tyd het vir die werk, vir die kinders, vir vriende, vir die kerk, maar soms vergeet om tyd te he vir mekaar. En dit is waar dat ons mekaar afskeep , nie omdat ons wil nie, of omdat ons nie omgee nie. Vandag wil ek weereens jammer se, maar ook dankie se dat ons mekaar het. Dankie vir 5 dae in Oos Londen wat ons weer “een” kon wees. Dit was heerlik om net al my tyd vir jou te kon gee, want ek weet van ons al twee is ek die skuldigste. Jy het my so trots gemaak by die Ysterman. Ek dink die laaste keer wat ek so gevoel het, was met die kinders se geboorte. Jy is ‘n ware Ysterman! Jy is ons Ysterman! Ek weet ek se dit te min, maar vandag wil ek namens myself en 4 ander nie-so-soet-maar-bleddie-cute Kleuters baie dankie se vir alles. Dankie vir die goeie man wat jy is, maar ook baie dankie vir die  goeie pappa wat jy is. Ons is baie lief vir jou.

Liefies: Mamma Arnell/Outjie xxxxx

 

0

WHEN MOMMY’S YOUR NAME…..


The telephone’s ringing, the TV is blaring.

Sister is crying cause  Brother’s not sharing.

There’s a spill on the carpet that no one will claim.

There’s no time for sitting when Mommy’s your name.

The laundry is folded but not put away.

The dishes you washed are from yesterday.

Without any warning your relatives came.

There’s no getting caught up when Mommy’s your name.

You dive to the market, you drive to the school.

You drive to the cleaners, you drive the carpool.

You drive yourself crazy, it’s really a shame.

There’s no time for resting when Mommy’s your name.

To your bedroom you sneak to find peace for a minute,

but your minute is over before you begin it.

Your little one finds you and thinks it’s a game.

There’s no time for hiding when Mommy’s your name.

At night as you kneel to thank heaven above you,

An angel creeps in and says, “Mommy, I love you.”

You may not know glory or fortune or fame,

but what does it matter when Mommy’s your name?

xAx

0

MY BALANCING ACT 2013…….


Verskoning, verskoning ek was so stil die laaste week of wat.

Sjoe! Is dit net ek….. of stem julle saam met my dat 2013 NET te vinnig weggespring het! Dit is die 4de week van 2013 en dit voel asof ek nog nie my voete gevind het nie. Dit is net hardloop, hardloop, hardloop. Ek  moet ook byse ek en Kobus was vir amper ‘n week in Oos-Londen gewees vir die Iron Man. My Iron Man (Kobus) het baie goed gedoen – maar ‘n bietjie meer daaroor later – belowe.

Met die kiddies gaan dit besonders baie goed. Hulle het regtig baie goed aangepas hierdie jaar in hulle nuwe  klassies en onderwyseresse. Ek is baie verlig daaroor, want dit maak ons lewens baie makliker. Geen kinders wat in die oggende aan jou klou nie, en geen trane! Halleluja daarvoor! Zander se spraakterapie het met ‘n “Bang” alias moerse spoed weggeval en ek en hy probeer maar elke aand kop hou. Ek is regtig baie trots op hom en is so dankbaar teenoor Liezel sy Spraakterapeut vir al haar liefde, omgee en ondersteuning. Saterdag begin hy ook weer met Arbeidsterapie wat natuurlik baie help en weereens is ons baie gelukkig want hy is gaande oor Armandi sy Arbeidsterapeut.  Weereens net nog iets waaroor ons baie dankbaar kan wees.

En ek? Hoe gaan dit met my? Mensies,  dit gaan goed. Ek het baie wense en drome vir hierdie jaar. Of ek by hulle almal gaan uitkom weet ek nie. Weereens het ek twee dagboeke, een by die werk en een vir die huis. Dit help my fokus. En gelukkig is ek ‘n lysie mens en kan ek nie goed funksioneer in gaos nie. Roetine, roetine en goeie beplanning hou my aan die gang.  Maar, ongelukkig besef ek ook alte goed dat ek beter “time management” hierdie jaar moet he om by alles uit te kom. Only  time will tell………

En dan! Sit julle…. Sondag neem ek en Mandy deel aan die 31st Johnson Crane Hire 5km fun run. Ek weet nie so mooi van die “FUN” gedeelte nie. Ek het meer as 2 maande laas geoefen.  Eish! Pappie, hier kom ‘n ding. Ek sien toeka vandag is daar ‘n artikel in die Beeld  hoe jy 5km gemaklik in 8 weke kan hardloop. ‘n Oefen program vir beginners  geskryf deur Bruce Fordyce nogal. 8 Weke! Oi! Ek het presies 3 dae om reg te wees vir 5km. Never mind 8 weke! So – ek het besluit Sondag se 5km gaan ek aandurf met: Selfvertroue, Goeie Geloof, Natuurlike Talent  en  Good Looks. Gelukkig sal ek ook goed uitgerus wees voor die race 🙂  Presies soos die gesegde se: ” A strong positive mental attitude will create more miracles than any wonder drug.”  Nou hoe waar hierdie gesegde is, weet ek nie so mooi nie  – elk geval Lance Armstrong het nie HIERAAN geglo nie – LOL. But, I will give it a try………. Hou volgende week my blog dop vir ‘n update , hoop nie dit is vanuit die Netcare Linmed Hospitaal nie.

Ai, mensies! En daar spring ek weg in volle vaart  2013 in. Ek hoop my balancing act is beter hierdie jaar as  die laaste 5 jaar. Sterkte met jou balancing act! Soos ek altyd glo: “Life is hard. But it’s also amazing, and I will rock the hell out of it!”

Donderdag Liefies: Arnell

 

 

 

0

BABIES MADE IN CANADA….


Canadian photographer Patrice Laroche surely will have no trouble explaining to  his kids about the birds and the bees. During his wife Sandra’s pregnancy, the artist created hilarious explanatory photo series titled: “How to make a baby”.

The creative couple planned and carried out their project throughout the whole period of 9 months, taking pictures in the exact same settings as Sandra’s belly expanded.

The pregnancy saga of Sandra and Patrice basically denounces all the traditional cabbage and the stork stories.

!cid_3E4FE0272E1F4562912A03E6D3F5067F@CualJhb!cid_AF399B79CBB249F8B5C57DEE52BAD9F4@CualJhb!cid_ED9262A8AE1F47CCB0E12AF3A847D821@CualJhb!cid_C999D39114CA4DF798319A8773523FA4@CualJhb!cid_B4D856418A4040F2A0EA380557642A45@CualJhb!cid_B157F964499D46F6990217C32E680B6D@CualJhb!cid_D1BEBF655F824E55B97BDE5F5D33E4A2@CualJhb

0

‘n HEMELSE BRIEFIE……


!cid_396987A4179C4C46908BAB265D3B20E9@CualJhb

EK  staan langs jou bed en kyk hoe jy aan die slaap raak.

Soms het daar trane oor jou wange gerol,

Oor verkeerde besluite en soms sommer net

Omdat jy soos ‘n mislukking gevoel het.

Daar was dae wat jy seergekry het,

Dae wat mense jou nie verstaan het nie,

Dae wat jy moedeloos was,

Dae wat pyn jou wou vernietig het!

EK  het toe saam met jou gehuil;

MY hande gehou en jou kosbare trane opgevang.

EK  ken jou seer, EK  ken jou pyn.

Daar is tye wat mense MY  nie verstaan nie,

MY  self verwerp, daarom weet EK hoe jy voel…..

Daar was dae wat jy deurmekaar gevoel het en

Gewonder het wat, waar en hoekom.

EK wil net vandag vir jou se –

Nie een van die foute wat jy gemaak het,

Het MY onkant gevang nie.

EK was daar en EK was nie verbaas nie.

EK weet alles.

EK verstaan alles.

EK sien alles.

En EK kyk nie na jou met oe wat oordeel nie.

EK kyk steeds na jou met oe van liefde en EK luister na jou met MY hart.

Omdat EK ‘n PA is wat uit liefde bestaan.

EK weet mense het soms al vir jou ‘n verkeerde prentjie van MY geskilder.

Maar EK wil jou nie straf nie.

EK is nie ver van jou af nie.

EK ken jou beter as enige iemand anders.

EK weet wie jy werklik is, en EK is lief vir jou!!!!!

JOU HEMELSE VADER……..

xAx