WEDGES: OPVOLG.. (NIE VIR SENSITIEWE LESERS NIE)


Twee woorde som gisteraand se Wedges poging aan: T R A G I E S  en D I S A S T E R!!!!!!!!!

Wag, laat ek by die begin begin……

Opgedollie, grimeer en al wat kort is die skoene. Reg, hoe moeilik kan dit wees om nuwe skoene aan te trek. Foutjie! Moeilik! Eerste plek, ek het baie smal voete so ek moet altyd die skoen bandjies verstel. En hierdie swart en rooi wedges het elk twee bandjies per skoen. Sukkel, sukkel (en ons is laat) gee ek moed op en vra/gooi die wedges vir Kobus om dit uitesorteer. Ek gee nie om hoe nie, ek het hulle  gemerk waar ek die gaatjies wil he. Macyver styl (10 minute later) en btw. het ek genoem dat ons laat is, het ek die paar rooi en swart wedges aan. En kom ek jok nou nie vir jou nie –  sexy het ek gelyk.

Tree vir tree (op die mat) in ons slaapkamer gaan dit tog te goed. Easy Peasy, Japeneasy. I’ve got this! Dit gaan makliker as wat ek gedink het. Mensies! Tot ek die teels tref   in ons ingangsportaal. Jizee Louise! Different sorry pappie. Skielik kan ek nie loop nie. Maar, ek lyk tog te fraai, kry komplimente van die vier-nie-so-soet-kinders van my. “Jy moet net daaraan gewoond raak Arnell, bly kalm en tel tot 10. Een treetjie voor die ander. BABA TREETJIES”. Ja, plaas dat ek maar na my sesde sintuig geluister het, maar NEE ons wil mos nou in die mode wees en dit nogal op 36!!!!!!!

Oppad Emperors Palace toe  begin die senuwees ‘n bietjie knaag. Wedges en ‘n ROOI handsak (albei so nie ek nie)….

Daar gekom is ons vinnig uit die kar uit, want ons is al 10 minute laat en die Botha’s is nooit laat nie. Nou hier is waar die drama begin. Want Arnell kan nie loop nie. I kid you not, ek voel lomp en so onvas op my voete. Min het ek geweet dat die ergste le nog voor. Emperors Palace het snaakse vloere…. Ek is nie seker of dit teels of klip vloere is nie, al wat ek weet is dat dit nie vloere vir Wedges en Stilettos is nie. Take my word for it!

Elke geval, dit het sukkel sukkel gegaan. Ek het aan Kobus geklou  soos ‘n Nag Apie aan sy Mamma klou. Vir die mense wat dit moes aanskou: JAMMER! Moes vreeslik gewees het. Dit was kompleet ‘n kombinasie van iemand wat dronk is, iemand wat baie verlief is, iemand wat op dwelms is.

Natuurlik toe ons by ons tafel kom, wou Annette en Telana dadelik my skoene sien, jy weet mos naas diamonds is skoene ‘n girls best friend 🙂 En ja hulle albei was dadelik verlief of my paar Wedges. *SUG* alles was  die moeite werd.. Natuurlik net totdat Annette en Telana wou gaan piepie, nee natuurlik het ek nie kans gesien om saam met hulle te gaan nie. En ja, na 3 ure se gesit in een posisies was my boudjies maar baie lam gewees.

12 Uur gisteraand toe ons Emperors Palace verlaat het dit eers sukkel sukkel gegaan. Ek sweer die stadigste skilpad sou my verby gevat het. Want toe is dit mos al laat, twee glase rooi wyn later en die brein wat nie meer so lekker wil saam werk nie 🙂

SLOTSOM: Was dit alles die moeite werd gewees? Ja!

Ps: Michelle BBM my vanoggend om te hoor hoe dit gegaan het gisteraand. Sy ken my al 22 jaar en WEET dat ek doen nie hoe hak skoene nie.  Sy dra altyd die mooiste, stylvolste skoene. Haar reaksie, en ek deel dit graag met julle: “Skoene laat my altyd goed voel want voete kan nie vet of vol selluliet wees nie. Dit is die een deel van my liggaam wat ek altyd goed kan laat lyk, vet, maer, swanger of nie….” So waar Michelle.

Pss:  Gaan ek opgee op die Wedges vriende? No Ways! Ek gaan net volgende keer meer “prepared” wees. My plan: ek gaan dit in die middae aantrek en agter my vier-baie-cute-kinders aanhardloop. Volgende keer as Emperors Palace my weer sien sal dit GEWIS weer wees in ‘n paar Wedges of Stilletos.

Wedges en Stilletos Groete:

Arnell

xx

 

 

 

Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s