NATANIEL SE RAAD VIR HAAI AANVALLE DIE DESEMBER VAKANSIE….


OM TE VOORKOM DAT ‘n HAAI JOU BYT, DOEN DIE VOLGENDE:

WENK 1:

Moenie in die see swem nie. Ongeveer 100% van alle haai aanvalle gebeur in groot watermassas, beter bekend as DIE SEE. Proe aan die water. As dit soos sout smaak en as dit branders het, is jy in de see. Draai om en gaan le liewers onder jou sambreel met ‘n drankie. En asb. Nie Castle nie – dit is common.

WENK 2:

Swem saam met vet mense. Sorg dat daar ALTYD groot, vet mense saam met jou in die water is. Die kanse dat jy vinniger  as hulle kan swem en wegkom, is baie goed.

WENK 3:

Moenie in die water gaan sonder ‘n mes nie. Die mes word gebruik om die swemmer naaste aan jou te steek, indien jy ‘n haai gewaar. Sodra hy/sy bloei, swem so vinnig as wat jy kan weg. Die mes is net vir ‘n noodgeval. Die Gautengers van die Bosveld met jou kakie swembroek en hoed, die mes is nie daar om jou naels en toonnaels op die strand te trim nie. Afskuwelik!

WENK 4:

Luister noukeurig! Elke haai het ‘n temalied – as jy de volgende hoor, swem vir jou lewe. “DA-DAM… DA-DAM…” As dit so klink: “DADAM-DADAM-DADAM”, Is jy klaar in jou peetjie. Ek herhaal hierdie sin vir al die blonde dames met die fake tans: “As DA-DAM hard klink en nie sag nie, beteken dit dat die haai naby jou is en jy dalk moet wegkom. Daar is ‘n verskil tussen ‘n haai en ‘n dolfyn.

WENK 5:

Moenie paniekerig raak nie. Wees kalm en bly berrie stil as ‘n haai jou byt. Jy is in elk geval klaar in jou peetjie in en dit gaan jou niks help as jy huil en skree soos ‘n maer vark nie. Die ander mense op die strand probeer ontspan en sal dit waardeer as jy kan stil bly. Om iemand soos ‘n mal ding te hoor skree en huil terwyl jy probeer ontspan, is vreeslik onaangenaam. Dink aan die kinders en bejaardes en hou op so aansit asseblief. Ja, dit IS vreeslik erg, maar dis baie meer traumaties vir die ander mense om dit te sien en al daai geluide te hoor, so bly net stil asseblief. Daar is in elk geval niks meer wat jy teen DIE tyd kan doen nie want jy het wenke 1 – 4 nie waargeneem nie.

En daar het julle dit mensies. Nataniel se 5 wenke hoe om ‘n haai aanval te voorkom. Got to love this guy!

Happy Holidays.

Toedels en ons chat weer more.

xAx

 

Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s