DRIELING – MENSE SE SNAAKSE VRAE AAN ONS………


Die laaste vier jaar plus het ons al baie snaakse oomblikke beleef as mense uitvind dat ons ‘n Drieling het. Dit is asof dit iets vreemds en out of this world is? Met tye (veral in die begin) het ons  soos Celebs gevoel soos mense ons aangestaar het. Nie lank daarna het dit ‘n GROOT irritasie geword, want sien ons kon nie 10m stap sonder dat iemand ons gestop het en gebombadeer het met tonne vrae nie. Ek deel ‘n paar (vreeslike weird, snaakse) vrae met julle.

*  Is hulle almal julle s’n. Mmmm… Nee! Een is ons s’n en die ander twee het ons gesteel.

*  Is hulle al drie Seuntjies? Let wel: Al drie het blou aan.

*  Het jy hulle al drie op dieselfde dag gehad? Mmmm…. Nee! Quintin is die Maandag gebore. Reinhardt die Dinsdag en Zander die Woensdag. 🙂

*  Jy was seker so groot soos ‘n Olifant gewees, toe jy swanger was met hulle? Nee, wat ek het 12kg opgetel en het aan die einde van my swangerskap 65kg geweeg 🙂 En nee, ek het nie vir 4 geeet nie.

*  Toe jy hoor jy is weer swanger met Dominique, was jy nie bang dit is weer ‘n drieling nie????? Mmmm….. Nee, Mensies! Die drieling was Invitro Babas en Dominique normaal.

*  Was dit vir jou ‘n skok gewees toe jy hoor jy verwag ‘n Drieling? Nee, wat. Ons het dan self besluit om vier bevrugte eiertjies terug te plant. Glo, my na jou sewende Invitro poging het self vyf eiertjies aanloklik gelyk.

*  Sukkel jy soms om die drie’tjies uit te ken? Nee, hulle is glad nie identies nie.

*  Het jy  normaal geboorte geskenk? I don’t think so!!!!! Probeer jy drie babetjies uitdruk. 🙂

*  Hoekom het jy nie geborsvoed nie? Hellooooooooooo! Ek het net twee boebies. Ek het express vir 7 weke en vir hulle borsmelk gegee. Na dit was ek te kapot van min slaap en het hierdie Mamma in elk geval nie meer genoeg melkies gehad vir drie baie honger babetjies nie.

*  Was jou keiser baie seer gewees? Hell YES! Moer seer. Dit sal vir jou ook seer wees as hulle jou ruk en pluk om drie prem babetjies so gou as moontlik uit  te haal. Ps: Glo my, ‘n keiser met een babetjie kan jy NIE vergelyk  met ‘n keiser met drie, vier of vyf babetjies nie.

*  As jy geweet het dit sou so rof wees met ‘n drieling, sou jy ander keuses gemaak het? Mmmmm……. Kan ek daardie vraag op ‘n ander dag antwoord. He He He 🙂

** Net ‘n bietjie humor, die ander dag toe ek en Mandy die Sisters with Blisters gedoen het, was daar twee jong outjies gewees wat net agter ons geloop het. Hulle wou  geselsies aanknoop met ons twee. Hulle het ‘n paar foto’s van ons geneem en gevra of ons op Facebook is. Later het hulle ons met water gespuit. Ek en Mandy het net by ons self gegiggel en gedink, “Boeties as julle maar net weet dat tussen ons twee het ons ses kinders sal julle so vinning weghardloop, soos julle nou net geselsie aangeknoop het.”

Wel, daar het julle dit. ‘n Paar weird, snaakse vrae.

Julle moet ‘n great naweek he.

Toedels!

xAx

 

Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s