** BLOOS** Kinders tog!!!!! :-)


Ok, so die laaste paar dae, het die Botha Drieling en hul Sussie ons ‘n paar keer lekker laat lag, ‘n paar keer verslae gehad en ‘n paar keer OMW (O, my word) oomblikke laat beleef….

1.  Reinhardt wil by Pappa Kobus weet hoekom ruik Poefie so sleg? Ja, Pappa Kobus…. hoekom ruik poefie so sleg? Only Boy’s will think of that!

2.  Gisteroggend het Dominique gesukkel om haar baba pop in die baba kot te kry. Uit groot frustrasie gee sy ‘n noodkreet….. Reinhardt kon nie gou genoeg by Pappa Kobus uitkom om haar te verkla nie. Sy woorde: “Pappa, Dominique het daai woord gese: F***ET” Natuurlik was Mamma Arnell in die moeilikheid, want sy kan dit net van my af hoor. Ok, mensies…. help my asb dink aan ‘n ander woord as ek uit moedeloosheid uiting gee aan my emosies, jy weet ‘n mens kan ook net 20 keer vra vir iets en 20 keer dieselfde ding herhaal!

3.  Natuurlik, het sussie Dominique haar Boetie Reinhardt gou gou terug gekry. Gisteroggend het Reinhardt hom lelik vir my vererg, en gese dat ek vieslik is. Natuutlik het dit nie baie goed by my afgegaan nie, en het ek mooi aan hom verduidelik dat dit lelik is om so iets te se. Hy het ook dadelik besef dat as Pappa Kobus hiervan hoor is hy in groot moeilikheid. Dadelik het hy gese hy is jammer en het ons twee vrede gemaak, maar natuurlik kon Sussie Dominique  nie gou genoeg by haar Pappa uitkom en hom verkla nie. Natuurlik was Meneer Reinhardt in groot moeilikheid.

4.  Quintin wou Vrydag by my weet: “Mamma, hoekom het jy te veel kinders?” Ja, Quinty – Mamma wonder dit ook soms. 🙂

5.  Ons het Vrydag die kids se Kerskonsert DVD gekry. Ok, mensies sedert Vrydag is dit al wat ons kyk. Op een van die liedjies is die Trips muise met geel hempies. Die hele tyd kon ek nooit vir Reinhardt tussen die klomp  muise sien nie. Later (seker eers teen Saterdag) en die 10de keer wat ek die hele konsert kyk, vertel Reinhardt vir ons dat hy die swart muis is met die lang stert wat tussen die ander muise met geel hempies loop. Kan jy nou glo, Reinhardt het ‘n hoofrol en ons mis dit! He He He…. Ps: Moet ook net byvoeg, al wat ek herken van hom is sy paar wit en blou tekkies. Maar moed hou Mensies, dit is dalk die begin van groot dinge.

6.  Goed, nou kom ek by my verslae oomblik vir die naweek. Die Trips het hulle rapporte  gekry. Mensies! Dit lyk goed! Bleddie goed! Moes ‘n paar keer seker maak dat Juffrou Elize dalk nie ‘n ander kind se rapport in die verkeerde sak gesit het nie. I am impressed. Dankie Juffrou Elize vir jou harde werk, die Trips gaan jou baie mis volgende jaar.  Well done, julle drie stoute kabouters!

7.  Laastens, maar nie die minste nie. Miss D. Ai! Sy is vrek cute verby. Vrydag aand net voordat sy gaan slaap, noem sy aan Vivian (ons nagverpleegsters) dat sy nie dadelik kan gaan slaap nie, want more (Saterdag) gaan sy na Matthew se partytjie en haar naels is nog nie geverf nie. Vivian moes haar naels verf – en nogal PERS vir Matthew se partytjie. Mensies, en sy is nog nie eers 3 nie. (Paniek)….

Blessings!

xAx

 

 

 

Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s