1

HOEKOM VROUE ALTYD DIE RUSKAMER IN PARE BESOEK :-)


Wanneer jy ‘n openbare badkamer besoek, vind jy gewoonlik ‘n ry wagtended vroue, so jy glimlag  vriendelik en neem jou plek in die ry in. Sodra dit jou beurt word, kyk jy of daar voete onder die deurtjies uitsteek. Elke toilet is beset.

Uiteindelik gaan ‘n deur deur oop, en jy storm in en stamp die vrou wat uitgaan amper onderstebo. Jy maak die deur toe, en vind dat die knip nie werk nie. Dit maak nou nie meer saak nie – jy het al so lank gewag dat jy op die punt is om jouself nat te maak.

Die houer vir die moderne “sitplekbedekkers” (sonder twyfel ‘n uitvindsel van iemand se ma) is nuttig, maar leeg. Jy wil jou handsak aan die deur se haak hang – as daar een was. Jy hang dit dus maar versigtig om jou nek (Ma sal iets oorkom as jy dit op die VLOER neersit!). Jy ruk jou broekie af en neem die “houding” in.

In hierdie posisie begin jou tonuslose (ek moes meer gim toe gegaan het!) dyspiere protesteer. Jy wil graag sit, maar jy het nie die sitplek gevee of toiletpapier daarop neergesit nie, so jy volstaan met die “houding”.

Om van jou bewende dye te vergeet, ontdek jy die toiletpapierhouer is leeg. Jy hoor jou ma se: “Liefie, as jy die moeite gedoen het om die sitplek af te vee, sou jy gewet het daar is nie toiletpapier nie”. Jou dye begin vibreer.

Jy onthou die klein snesies waarmee jy jou neus gister geblaas het – die een wat nog in jou handsak is. Dis nou die handsak wat om jou nek is, wat jy nou moet bykom sonder om jouself te verwurg. Jy vou die snesie op sy grootste oop. Hy is so groot soos jou duim se nael.

Iemand maak die deur oop omdat die knip nie werk nie. Die deur tref jou handsak, wat om jou nek op jou bors hang, en jy en jou handsak steier teen die toilet se tenk.

“BESET!” skree jy, terwyl jy afbuk om jou kleinste van opgefrommelde snesies uit ‘n poeletjie op die vloer te haal. In die proses verloor jy jou balans heeltemal, en gaan sit direk op die toiletbak.

Natuurlik is dit nat…..

Jy spring op, wel wetende dat dit te laat is. Jou kaal stere het kontak gemaak met elke denkbare kiem op die onbedekte sitplek omdat jy dit nie met papier bedek het nie. Nie dat daar papier was nie, al het jy jou tyd geneem om te soek. Jy weet jou ma sal uiters ontsteld wees as sy dit weet, want “jy weet nie watter siektes jy alles kan optel nie.”

Teen hierdie tyd is die outomatiese sensor agter die toilet so deurmekaar dat dit sommer spoel. Dit spuit ‘n stroom water soos ‘n brandslang teen die bak se binnekant en sprei ‘n fyn mis wat jou hele stert benat, en teen jou bene af tot binne in jou skoene loop.

Die spoel suig op een of ander manier alles met hom saam, met so ‘n force dat jy die lee papierhouer vasgryp uit vrees dat jy saamgetrek gaan word.

Dis wanneer jy opgee. Jy is nat, en heeltemal uitgeput. Jy probeer afdroog met ‘n lekkergoedpapiertjie wat jy in ‘n roksak gekry het, en probeer onopsigtelik na die wasbakke stap.

Jy weet nie hoe om die krane met die outomatiese sensors oop te maak nie, so jy vryf jou hande, spoeg op hulle en gryp ‘n afdroogpapier terwyl jy verby die tou wagtende vroue stap.

Jy kan nie meer beleefd vir hulle glimlag nie. ‘n Gawe siel wys na ‘n stuk toiletpapier wat by jou skoen uitsteek (waar was dit toe ek dit NODIG gehad het?). Jy gryp die stuk papier, druk dit in die vrou se hand en se: “Hier, jy mag dit dalk nodig kry.”

Soos jy uitstap, sien jy jou man, wat lankal sy ding in die mans se ruskamer gedoen het.

Hy vra vererg: “Wat het so lank gevat? En hoekom hang jou handsak om jou nek?”

Hierdie skrywe is opgedra aan vroue oraloor wat openbare ruskamers moet trotseer. (“RUS”?? Jy maak seker ‘n grap!)

Dis ook die antwoord op die algemene vraag hoekom vroue die ruskamers in pare besoek. Dis sodat die ander een die deur kan toe hou, jou handsak kan vashou en vir jou Kleenex onderdeur die deur kan aangee.

Dit mensies verduidelik die woord “bonding”.

Toedels.

xAx

 

Advertisements
0

WEDGES: OPVOLG.. (NIE VIR SENSITIEWE LESERS NIE)


Twee woorde som gisteraand se Wedges poging aan: T R A G I E S  en D I S A S T E R!!!!!!!!!

Wag, laat ek by die begin begin……

Opgedollie, grimeer en al wat kort is die skoene. Reg, hoe moeilik kan dit wees om nuwe skoene aan te trek. Foutjie! Moeilik! Eerste plek, ek het baie smal voete so ek moet altyd die skoen bandjies verstel. En hierdie swart en rooi wedges het elk twee bandjies per skoen. Sukkel, sukkel (en ons is laat) gee ek moed op en vra/gooi die wedges vir Kobus om dit uitesorteer. Ek gee nie om hoe nie, ek het hulle  gemerk waar ek die gaatjies wil he. Macyver styl (10 minute later) en btw. het ek genoem dat ons laat is, het ek die paar rooi en swart wedges aan. En kom ek jok nou nie vir jou nie –  sexy het ek gelyk.

Tree vir tree (op die mat) in ons slaapkamer gaan dit tog te goed. Easy Peasy, Japeneasy. I’ve got this! Dit gaan makliker as wat ek gedink het. Mensies! Tot ek die teels tref   in ons ingangsportaal. Jizee Louise! Different sorry pappie. Skielik kan ek nie loop nie. Maar, ek lyk tog te fraai, kry komplimente van die vier-nie-so-soet-kinders van my. “Jy moet net daaraan gewoond raak Arnell, bly kalm en tel tot 10. Een treetjie voor die ander. BABA TREETJIES”. Ja, plaas dat ek maar na my sesde sintuig geluister het, maar NEE ons wil mos nou in die mode wees en dit nogal op 36!!!!!!!

Oppad Emperors Palace toe  begin die senuwees ‘n bietjie knaag. Wedges en ‘n ROOI handsak (albei so nie ek nie)….

Daar gekom is ons vinnig uit die kar uit, want ons is al 10 minute laat en die Botha’s is nooit laat nie. Nou hier is waar die drama begin. Want Arnell kan nie loop nie. I kid you not, ek voel lomp en so onvas op my voete. Min het ek geweet dat die ergste le nog voor. Emperors Palace het snaakse vloere…. Ek is nie seker of dit teels of klip vloere is nie, al wat ek weet is dat dit nie vloere vir Wedges en Stilettos is nie. Take my word for it!

Elke geval, dit het sukkel sukkel gegaan. Ek het aan Kobus geklou  soos ‘n Nag Apie aan sy Mamma klou. Vir die mense wat dit moes aanskou: JAMMER! Moes vreeslik gewees het. Dit was kompleet ‘n kombinasie van iemand wat dronk is, iemand wat baie verlief is, iemand wat op dwelms is.

Natuurlik toe ons by ons tafel kom, wou Annette en Telana dadelik my skoene sien, jy weet mos naas diamonds is skoene ‘n girls best friend 🙂 En ja hulle albei was dadelik verlief of my paar Wedges. *SUG* alles was  die moeite werd.. Natuurlik net totdat Annette en Telana wou gaan piepie, nee natuurlik het ek nie kans gesien om saam met hulle te gaan nie. En ja, na 3 ure se gesit in een posisies was my boudjies maar baie lam gewees.

12 Uur gisteraand toe ons Emperors Palace verlaat het dit eers sukkel sukkel gegaan. Ek sweer die stadigste skilpad sou my verby gevat het. Want toe is dit mos al laat, twee glase rooi wyn later en die brein wat nie meer so lekker wil saam werk nie 🙂

SLOTSOM: Was dit alles die moeite werd gewees? Ja!

Ps: Michelle BBM my vanoggend om te hoor hoe dit gegaan het gisteraand. Sy ken my al 22 jaar en WEET dat ek doen nie hoe hak skoene nie.  Sy dra altyd die mooiste, stylvolste skoene. Haar reaksie, en ek deel dit graag met julle: “Skoene laat my altyd goed voel want voete kan nie vet of vol selluliet wees nie. Dit is die een deel van my liggaam wat ek altyd goed kan laat lyk, vet, maer, swanger of nie….” So waar Michelle.

Pss:  Gaan ek opgee op die Wedges vriende? No Ways! Ek gaan net volgende keer meer “prepared” wees. My plan: ek gaan dit in die middae aantrek en agter my vier-baie-cute-kinders aanhardloop. Volgende keer as Emperors Palace my weer sien sal dit GEWIS weer wees in ‘n paar Wedges of Stilletos.

Wedges en Stilletos Groete:

Arnell

xx

 

 

 

0

WEDGES EN STILETTOS…….


Of ek gaan deur ‘n Mid Life Crisis OF ek spandeer te veel tyd saam met Mandy en sy is ‘n slegte invloed 🙂 Vir die mensies wat my ken, sal weet dat ek nie van skoene hou nie. Ok, ek sal dit ‘n bietjie sagter se, want ek dink vir meeste vrouens (My Ma seker die grootste een) sal dit ‘n skok wees. Ek hou regte nie  van skoene nie, en dit is nou nie vir my ‘n treat om skoene te koop nie. Sad but true….

MAAR…… hou moed vandag het ek vir my 3 pare Wedges gekoop. I kid you not! 3!!!! Dit is meer as wat ek die laaste 2 jaar gekoop het. En in rooi nogal – ek hou nie eers van rooi nie…….    Moet se dit was nogal lekker gewees, en ek is super opgewonde daaroor. Dit is ook nie net skoene nie NEE  mensies, dit is Wedges.

bronx-women-2725-34684-1-catalog

impress-1704-75505-1-catalog

Wie weet miskien is my volgende stap ‘n paar Stilettos?

crysalis-1095-76334-1-catalogmaria-lopez-7842-69784-1-catalog

Mensies, dink aan my. Hoop ek sal die Wedges kan bemeester en nie op my rug of gesig te lande kom nie.

Ps: Ons het ‘n werksfunksie vanaand, en ja ek gaan my nuwe swart en rooi Wedges dra. I’ve got confidents,  en weet sommer ek gaan tog te “spiekeries” lyk 🙂

Toedels.

xAx

 

 

0

NATANIEL SE RAAD VIR HAAI AANVALLE DIE DESEMBER VAKANSIE….


OM TE VOORKOM DAT ‘n HAAI JOU BYT, DOEN DIE VOLGENDE:

WENK 1:

Moenie in die see swem nie. Ongeveer 100% van alle haai aanvalle gebeur in groot watermassas, beter bekend as DIE SEE. Proe aan die water. As dit soos sout smaak en as dit branders het, is jy in de see. Draai om en gaan le liewers onder jou sambreel met ‘n drankie. En asb. Nie Castle nie – dit is common.

WENK 2:

Swem saam met vet mense. Sorg dat daar ALTYD groot, vet mense saam met jou in die water is. Die kanse dat jy vinniger  as hulle kan swem en wegkom, is baie goed.

WENK 3:

Moenie in die water gaan sonder ‘n mes nie. Die mes word gebruik om die swemmer naaste aan jou te steek, indien jy ‘n haai gewaar. Sodra hy/sy bloei, swem so vinnig as wat jy kan weg. Die mes is net vir ‘n noodgeval. Die Gautengers van die Bosveld met jou kakie swembroek en hoed, die mes is nie daar om jou naels en toonnaels op die strand te trim nie. Afskuwelik!

WENK 4:

Luister noukeurig! Elke haai het ‘n temalied – as jy de volgende hoor, swem vir jou lewe. “DA-DAM… DA-DAM…” As dit so klink: “DADAM-DADAM-DADAM”, Is jy klaar in jou peetjie. Ek herhaal hierdie sin vir al die blonde dames met die fake tans: “As DA-DAM hard klink en nie sag nie, beteken dit dat die haai naby jou is en jy dalk moet wegkom. Daar is ‘n verskil tussen ‘n haai en ‘n dolfyn.

WENK 5:

Moenie paniekerig raak nie. Wees kalm en bly berrie stil as ‘n haai jou byt. Jy is in elk geval klaar in jou peetjie in en dit gaan jou niks help as jy huil en skree soos ‘n maer vark nie. Die ander mense op die strand probeer ontspan en sal dit waardeer as jy kan stil bly. Om iemand soos ‘n mal ding te hoor skree en huil terwyl jy probeer ontspan, is vreeslik onaangenaam. Dink aan die kinders en bejaardes en hou op so aansit asseblief. Ja, dit IS vreeslik erg, maar dis baie meer traumaties vir die ander mense om dit te sien en al daai geluide te hoor, so bly net stil asseblief. Daar is in elk geval niks meer wat jy teen DIE tyd kan doen nie want jy het wenke 1 – 4 nie waargeneem nie.

En daar het julle dit mensies. Nataniel se 5 wenke hoe om ‘n haai aanval te voorkom. Got to love this guy!

Happy Holidays.

Toedels en ons chat weer more.

xAx

 

0

DRIELING – MENSE SE SNAAKSE VRAE AAN ONS………


Die laaste vier jaar plus het ons al baie snaakse oomblikke beleef as mense uitvind dat ons ‘n Drieling het. Dit is asof dit iets vreemds en out of this world is? Met tye (veral in die begin) het ons  soos Celebs gevoel soos mense ons aangestaar het. Nie lank daarna het dit ‘n GROOT irritasie geword, want sien ons kon nie 10m stap sonder dat iemand ons gestop het en gebombadeer het met tonne vrae nie. Ek deel ‘n paar (vreeslike weird, snaakse) vrae met julle.

*  Is hulle almal julle s’n. Mmmm… Nee! Een is ons s’n en die ander twee het ons gesteel.

*  Is hulle al drie Seuntjies? Let wel: Al drie het blou aan.

*  Het jy hulle al drie op dieselfde dag gehad? Mmmm…. Nee! Quintin is die Maandag gebore. Reinhardt die Dinsdag en Zander die Woensdag. 🙂

*  Jy was seker so groot soos ‘n Olifant gewees, toe jy swanger was met hulle? Nee, wat ek het 12kg opgetel en het aan die einde van my swangerskap 65kg geweeg 🙂 En nee, ek het nie vir 4 geeet nie.

*  Toe jy hoor jy is weer swanger met Dominique, was jy nie bang dit is weer ‘n drieling nie????? Mmmm….. Nee, Mensies! Die drieling was Invitro Babas en Dominique normaal.

*  Was dit vir jou ‘n skok gewees toe jy hoor jy verwag ‘n Drieling? Nee, wat. Ons het dan self besluit om vier bevrugte eiertjies terug te plant. Glo, my na jou sewende Invitro poging het self vyf eiertjies aanloklik gelyk.

*  Sukkel jy soms om die drie’tjies uit te ken? Nee, hulle is glad nie identies nie.

*  Het jy  normaal geboorte geskenk? I don’t think so!!!!! Probeer jy drie babetjies uitdruk. 🙂

*  Hoekom het jy nie geborsvoed nie? Hellooooooooooo! Ek het net twee boebies. Ek het express vir 7 weke en vir hulle borsmelk gegee. Na dit was ek te kapot van min slaap en het hierdie Mamma in elk geval nie meer genoeg melkies gehad vir drie baie honger babetjies nie.

*  Was jou keiser baie seer gewees? Hell YES! Moer seer. Dit sal vir jou ook seer wees as hulle jou ruk en pluk om drie prem babetjies so gou as moontlik uit  te haal. Ps: Glo my, ‘n keiser met een babetjie kan jy NIE vergelyk  met ‘n keiser met drie, vier of vyf babetjies nie.

*  As jy geweet het dit sou so rof wees met ‘n drieling, sou jy ander keuses gemaak het? Mmmmm……. Kan ek daardie vraag op ‘n ander dag antwoord. He He He 🙂

** Net ‘n bietjie humor, die ander dag toe ek en Mandy die Sisters with Blisters gedoen het, was daar twee jong outjies gewees wat net agter ons geloop het. Hulle wou  geselsies aanknoop met ons twee. Hulle het ‘n paar foto’s van ons geneem en gevra of ons op Facebook is. Later het hulle ons met water gespuit. Ek en Mandy het net by ons self gegiggel en gedink, “Boeties as julle maar net weet dat tussen ons twee het ons ses kinders sal julle so vinning weghardloop, soos julle nou net geselsie aangeknoop het.”

Wel, daar het julle dit. ‘n Paar weird, snaakse vrae.

Julle moet ‘n great naweek he.

Toedels!

xAx

 

0

FIRST CHRISTMAS JOKE…..


Three men died on Christmas Eve and were met by Saint Peter at the pearly gates.

“In honor of this holy season” Saint Peter said, “You must each possess something that symbolizes Christmas to get into heaven”.

The Englishman fumbled through his pockets and pulled out a lighter. He flicked it on. “It’s a candle” he said. “You may pass through the pearly gates” Saint Peter said.

The Scotsman reached into his pocket and pulled out a set of keys. He shook them and said, “They’re bells”. Saint Peter said “You may pass through the pearly gates.”

The Irishman started searching desperately through his pockets and finally pulled out a pair of women’s panties. St Peter looked at the man with a raised eyebrow and asked, “And just what do those symbolize?” The Paddy replied, “These are Carols.”

He He He…..

And so the Christmas Season begins.

1-sendus-1208-HolP9k-xlg