KOESTER JUL KINDERS……


Deur Oud-Pappa van Pretoria geskryf:

Dit is 02:00 in die oggend.  Ek staan saggies op want ek wil my vrou nie pla nie. Ek gaan sit op my stoel. Aanlyn-Beeld maak my net kwaad. Wat maak dit saak of die hemel fisies of geestelik gaan wees? Hoekom wil almal God na hul gedagtes en begeertes vorm? Kan hulle nie maar soos ‘n kind glo nie?

Wat maak dit saak of die ANC die land in sy dinges in regeer? Die NP het net soveel gemors aangejaag en glo my, die volgendes gaan dieselfde wees. Wat de hel maak alles saak?  Wat saak maak, is my seun wat sewe maande gelede oorlede is. Wat saak maak, is my vrou wat nie meer lag nie.  Wat saak maak is dat ek hom orals, dag en nag soek, maar hom nerens kry nie. Die donker gat raak net groter en groter en groter. Hy was te jonk, Here, heeltemal te jonk.

Ek wil in die stille nag in hardloop en gil hoe ek my pragseun mis. Ek wil al die ouers vertel hulle moet hul kinders liefhe, hulle koester. Oppas. More is te laat.  Ek wil vir die kerk en ons land se leiers skreeu: Glo soos ‘n kind in God! Regeer ons land soos ‘n kind, sonder afguns, haat en selfsug. Dit is hoe my seun was.

Here, die dominees en politici het U nodig. Help hulle.

Dan moet ek my snikke inhou, netnou maak ek my vrou wakker.

Here, my oe is al eelte gehuil. Here my God, ek gee nie om hoe U lyk of waar U is nie. Here, ek mis my kind. Here help my, ek kan nie meer nie…..

xAx

Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s