DONDERDAG BRIEFIES AAN JULLE 4……


Sjoe! Mamma het omtrent lank laas vir julle elke een ‘n briefie geskryf…..

*  REINHARDT:  Oi! Jy is high-maintance Meneertjie! Mamma se oggende begin letterlik net na 5 met jou. En elke oggend het jy ander nukke en grille. Jy vra baie vrae en “sommer” is nie ‘n antwoord vir jou nie. Verlede week toe ek julle gaan haal het by die skool het jy per ongeluk in die paal vasgeloop. Jy was nie gelukkig nie en ja, die blou kol en knop het daar gesit. Die volgende dag het jy my verseker dat jy mooi sal kyk wat jy doen en sal oppas vir die paal!

*  ZANDER:  So more, is dit weer haarsny Meneer Zander! Mamma, gaan dit maar baie stil hou want ek weet hoe jy dit haat. Jy hou regtig nie van hare sny nie, en Mamma wil jou nie nou al ontstel nie. Zandertjie, weereens soos altyd is jy ons sterretjie. Al moet ek se die laaste week was ek amper seker dat jou oortjies toeggegroei het, want Mamma moes ‘n paar keer met jou praat. Mamma wil jou opvreet as jy vir my kyk en se: “Laaste keer Mamma”.

*  QUINTIN:  Vanoggend was jy so bly om Mamma te sien. Ek het ‘n lekker soentjie en drukkie gekry. Jy word nou ‘n groot seuntjie Quinty. Maandag oggend was jy en Reinhardt nou regtig nie lus vir skool gewees nie, en het julle vir Pappa Kobus onder kruisverhoor geneem, want volgens julle gaan julle te veel skool toe. Ai, Quintin – Mamma wil nou nie vir jou slegte nuus gee nie, maar daar le nog ten minste 14 jaar van skool voor, maar later hieroor op ‘n ander dag 🙂

*  DOMINIQUE:  Ai, Sussie! Stories, stories, stories! Jy is so oulik en vol dinge. Party dae kan ek nog nie glo dat Liewe Jesus jou sommer net so vir ons gegee het nie. Mamma kan haar verkyk aan jou. Jy is so anders as jou boeties, en ek moet bieg……. Mamma is bly dat daar net 1 van jou is. Saam met jou boetie Reinhardt is julle ‘n high-maintance spannetjie. 🙂

Baie lief vir julle Pikkewouters!

Soentjies: Mamma Arnell

xAx

Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s