RUGGA RUGBY 2012……


So het 2012 se Rugby Seisoen aangebreek. Met groot opwinding het die Trips eendag huistoe gekom met Rugga Rugby Briefies van die skool af. Na baie dink en gesels besluit ek en Kobus toe dat dit reg is en dat die Trips Rugby kan speel – hoe gevaarlik en geweldadig  kan dit nou regtig wees? Mmmm….. second thought……. Rugby is gevaarlik en rugby kan geweldadig wees. Glo my! Ons was by een van die Rugga Rugby se Toernooie en glo my op die veld langs ons het daar ‘n geveg uitgebreek, I kid you not. 4/5 jariges wat baklei. Tragies!!!!!

Elk geval terug na my storie. Ons was by 3 van die Trips se Rugga Rugby  Toernooie gewees. Ok, korreksie daar. Ek was by 1 van hulle gewees en Kobus by die ander 2. My senuwees was op! Bottom line…… Is die Trips Rugby Materiaal? Do they have what it takes to be a Bok? Mmmmmm……… Nope! Nada! Nee! Never! Kom ek stel dit so…. Ek dink nie hulle is nou Springbok materiaal nie. Reinhardt het miskien potensiaal, but as for the other two – nee. Quintin, sien nie die punt daarin om agter ‘n bal aan te hardloop en sodra jy hom het, skop jy hom weg of gooi hom weg. Nou wat is die punt dan om die bal te probeer kry as jy hom nie kan hou nie? Mmmmm…… moet se goeie punt Quinty. Zander geniet die gaos en kinders wat rond hardloop agter ‘n bal aan, net jammer meeste van die kere hardloop hy na die verkeerde kant toe en “tackle” hy sommer sy eie spanmaats.

Daarom mensie het ons besluit om volgende jaar die rugby eers ‘n mis te gee en te konsentreer op karate. Jip, karate sal dit wees. Reinhardt oefen deesdae baie hard aan sy karate moves en ek vrees enige iemand wat dalk in sy pad kan kom,  sal dalk ‘n paar tande minder het.

Mensies, daar gelaat. Vandag was hulle laaste Rugga Rugby gewees en hulle elke een het ‘n medalje en sertifikaat gekry vir “Player of the Year” 🙂

Ek deel dit met julle. My 3 Springbokkies 2012.

Geniet!

 

 

Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s