HELLOOHA!


Hi, Hey Mensies!

Jammer vir die bietjie stil wees die laaste paar dagies. All good hier, behalwe dat ek ‘n bietjie “me time” kort… He He He…..

Met die kinders gaan dit baie goed, woelig soos altyd maar goed. Dominique begin nou al hoe meer soos ‘n regte Dame word. Rokkies wil sy dra, oorbelletjies, hangertjies en ringetjies. Ek geniet haar vreeslik baie, maar het hierdie Madam grille en dinge! Oi! Dankie tog daar is net een van haar ๐Ÿ™‚

Met my gaan dit seker goed. Ek het ‘n paar moeilike dae die laaste week gehad by die werk. Gister het dit toppunt bereik en teen gisteraand was ek emosioneel kapot gewees. Vandag het dit beter gegaan, maar ai ek is so agter met my werk dat ek eintlik dink ek is voor. Ek was veronderstel om vanaand op die treadmill te oefen en fiets te ry, maar na die laaste paar dae – nee wat! Daarom chat ek nou maar met julle, roomys in die een hand en ‘n Coke in die ander. Mooi Man! Van een uiterste na ‘n ander ๐Ÿ™‚ Toemaar, more begin ons maar weer.

Mandy, Ek ย en Merrilyn (MAM) ons groep naampie doen Saterdag die Sisters with Blisters 8km. Mensies! Ek is so onfiks, dit is eintlik scary. Ek het nog nie baie geoefen die laaste ruk nie, en gaan maar die 8km aandurf op geloof en good looks ๐Ÿ™‚ Gelukkig het ek darem goeie geselskap en doen ons drie chicks dit vir ‘n goeie doel en nie om medaljes te wen nie – hoopenlik oorleef ons dit!

Vanmiddag het ek Jakkie Louw se “Miljoene Woorde” Video op Kyknet se 146 Kanaal gesien. Sjoe! Beautiful verby! Sad, baie sad maar pragtig. Top punte vir jou Jakkie. Mensies, maak ‘n plan en kyk asb daarna. Stunning!

Daar het julle dit!

Ola Mensies! Bedtyd vir my.

Lekker Slapies.

xAx

NET ‘N IETSIE VIR JULLE…….

Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s