JO’BURGS 94.7 KIDDIES RACE…..


4 Kampioen Fietsryers ry 1km!

En daarmee breek ons groot challenge Saterdag oggend aan. Baie min voorbereiding is gedoen die weke voor die tyd, maar ons was nie bekommerd gewees nie want as jy natuurlike talent het, is jy A for a way! Wel, mensies ek kan nou met groot eerlikheid vir julle se dat ons 50% het van natuurlike talent (R & Z) en 50% het van nie-natuurlike talent nie (Q & D). Om hulle privaatheid  te beskerm wil ek nie hulle volle name bekend stel nie 🙂

Dit het maar dol gegaan Saterdag oggend. Ons moes nommers plak op fietse en  helmets, selnommers op kinders se arms skryf, nommers op hemde plak – ‘n hele storie! Ons het ook hierdie jaar besluit om vir ‘n cause te ry en ons cause was vir Oupa Arrie wat 5 maande terug ‘n beroerte gehad het en wat nog besig is om te herstel. Elke een van die vier het agter op sy hempie geborduur: Quintin ry vir Oupa Arrie ens.  Ons het ook opgebreek in vier groepe. Team Smiles (Wikus & Zander), Team  Race Warriors (Telana & Reinhardt), Team Weakest Link (Mamma Arnell & Dominique) en Team Moan and Groan (Pappa Kobus & Quintin). Later ‘n bietjie meer van ons vier groepe!

*  ONS IS OPPAD! *

* ONS RY VIR ‘N CAUSE – OUPA ARRIE! *

 

* ONS 94.7 FAMILIE FOTO *

* TEAM SMILES * (No. 71)

Team Smiles het letterlik die hele tyd ‘n glimlag op hulle gesigte gehad. Hierdie twee spanmaats het mooi saam gewerk en baie goed gedoen. Hulle het elke oomblik geniet, en was weereens ‘n bewys dat ‘n mens nie altyd hoef te wen nie. Team Smiles, julle het ‘n klompie glimlagte op ander se gesigte gesit met julle positiewe houding. Mooi so!

* TEAM RACE WARRIORS * (No. 68)

Hierdie twee mensies het letterlik nie gras onder hulle voete laat groei nie. By die beginpunt toe die omroeper skree “Go!” was hulle letterlik weg! Well done Team Race Warriors, julle was gewis die beste spannetjie daar gewees. Ps: Wat my laat wonder of ons nie dalk moet aandring op Uriene Monsters nie.

* TEAM WEAKEST LINK *  (No. 64)

Need I say more…… Jip! Ons was gewis die Weakest Team daar gewees. Mamma Arnell moes Madam D vir die hele kilometer dra, fiets and all. Madam het natuurlik ‘n royal tyd gehad, gelag vir almal, water gedrink by die water punt (wou nie eers met ‘n uitasem Mamma Arnell deel nie). So 10m voor die eind streep het ek Madam D op haar fietsie gesit en het sy met “grasie”  oor die eindstreep gery en ek het agter haar gekruip oor die eindstreep! Not a good moment 🙂 Volgende jaar “deps” ek vir Reinhardt van Team Race Warriors!  Ek was kapot!

* TEAM MOAN AND GROAN * (NO. 67)

Wel, ek dink hulle naam se alles. Team Member 1 – Quintin het nie opgehou kla nie. Vandat ons daar gekom het, was hy nie ‘n happy chap nie! En om dinge nog meer moeiliker te maak , wou hy ‘n ballon he. Stel jou voor, ons almal met fietse, helmets, drie  kiddies wat super opgewonde is, een wat moan en groan en nog vier ballonne! No ways! So die ballonne moes eers wag, wat Meneer Quintin nie baie van gehou het nie. Maar bygese Team Moan and Groan het toe deliver aan die einde van die dag en ook baie goed gedoen.

* READY, STEADY, HERE WE GO! *

* TEAM TALK *

* DAAR WAS OOK TYD VIR ‘N BIETJIE FUN *

* ONS MEDALJES! ONS IS WENNERS! *

Wat ‘n lekker dag! Sal ons dit weer doen? Ja en weereens Ja! Dankie 94.7 Highveld Sterio en Momentum vir ‘n great race. Sien julle volgende jaar en ‘n GROOT dankie vir Wikus en Telana wat ons gehelp het met die kiddies, sonder julle kon ons dit nie doen nie. Wat niemand weet nie, is dat ons moes 2 km loop voordat ons by die begin punt kon kom en aan die einde van die kilometer wat hulle gery het, weer die 2km terug kar toe. So in totaal het ons 5km Saterdag afgele.

Quintin, Reinhardt, Zander en Dominique Mamma Arnell is super trots op julle!

94.7 Groete!

xAx

Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s