LIGHTS, CAMARA, ACTION!!!!!!!!!


Lights! Camara! Action!

Take 1. Take 2. Take 3……

Die Trips en sussie Dominique se Skoolkonsert is vanaand.  Ek is super opgewonde!  Nou mensies vir ons is dit ietsie groots, want sien dit sal die eerste keer wees wat hulle vier in ‘n konsert is.

Ek kan nie wag vir Dominique om op die verhoog te verskyn met haar kitaar en waar sy en haar ander klasmaatjies “Liewe, liewe Jesus vlekkelose Lam” sing nie. Wat die seuns aanbetref….. hou ek asem op, sit my sonbril op, druk ‘n rescue tablet onder die tong en maak asof ek hulle nie ken nie – want Boetas leer mos nie hulle liedjies se woorde nie.

Nee! Nee! Ek speel net! 🙂 Ek is seker dit gaan super cute wees.

Daar gaan ‘n DVD opname wees, en ek probeer hulle motiveer: Dink Fame, Sterstatus, Supersterre.  Hierdie  kan die begin van groot dinge vir ons wees –  OF NIE!!

So, as die seuns en sussie  dalk volgende jaar ‘n boom of  ‘n  blom is, dan weet ons Supersterre is nie vir ons nie en sal ons maar toekomstige konserte baie stil hou. 🙂

Mensies, ek hou julle op hoogte. Loer maar gerus in Sondag se Rapport, die Trips en hul Sussie mag dalk daarin wees.

Toedels en julle moet ‘n great naweek he. Myne gaan doller as dol wees.

PS:  Quintin, Reinhardt, Zander en Dominique….. Maak nie saak wat vanaand gebeur nie. Dominique’tjie al hou jy dalk die kitaar verkeert om vas, of Reinhardt jy trek gesigte (wat ek WEET jy gaan doen), Zander wat dalk stage fright kry en Quintin wat net na Mamma Arnell toe wil kom –  vir julle viertjies wil ek net se: “Mamma en Pappa is baie trots op julle, en julle viertjies sal altyd ons vier Supersterre wees.”

xAx

MY ROCKERS……..

 

Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s