0

DONDERDAG BRIEFIES AAN JULLE 4……


Sjoe! Mamma het omtrent lank laas vir julle elke een ‘n briefie geskryf…..

*  REINHARDT:  Oi! Jy is high-maintance Meneertjie! Mamma se oggende begin letterlik net na 5 met jou. En elke oggend het jy ander nukke en grille. Jy vra baie vrae en “sommer” is nie ‘n antwoord vir jou nie. Verlede week toe ek julle gaan haal het by die skool het jy per ongeluk in die paal vasgeloop. Jy was nie gelukkig nie en ja, die blou kol en knop het daar gesit. Die volgende dag het jy my verseker dat jy mooi sal kyk wat jy doen en sal oppas vir die paal!

*  ZANDER:  So more, is dit weer haarsny Meneer Zander! Mamma, gaan dit maar baie stil hou want ek weet hoe jy dit haat. Jy hou regtig nie van hare sny nie, en Mamma wil jou nie nou al ontstel nie. Zandertjie, weereens soos altyd is jy ons sterretjie. Al moet ek se die laaste week was ek amper seker dat jou oortjies toeggegroei het, want Mamma moes ‘n paar keer met jou praat. Mamma wil jou opvreet as jy vir my kyk en se: “Laaste keer Mamma”.

*  QUINTIN:  Vanoggend was jy so bly om Mamma te sien. Ek het ‘n lekker soentjie en drukkie gekry. Jy word nou ‘n groot seuntjie Quinty. Maandag oggend was jy en Reinhardt nou regtig nie lus vir skool gewees nie, en het julle vir Pappa Kobus onder kruisverhoor geneem, want volgens julle gaan julle te veel skool toe. Ai, Quintin – Mamma wil nou nie vir jou slegte nuus gee nie, maar daar le nog ten minste 14 jaar van skool voor, maar later hieroor op ‘n ander dag 🙂

*  DOMINIQUE:  Ai, Sussie! Stories, stories, stories! Jy is so oulik en vol dinge. Party dae kan ek nog nie glo dat Liewe Jesus jou sommer net so vir ons gegee het nie. Mamma kan haar verkyk aan jou. Jy is so anders as jou boeties, en ek moet bieg……. Mamma is bly dat daar net 1 van jou is. Saam met jou boetie Reinhardt is julle ‘n high-maintance spannetjie. 🙂

Baie lief vir julle Pikkewouters!

Soentjies: Mamma Arnell

xAx

0

MY BODY……


Hoe cute is dit?

MY BODY…….. TRIPLET PREGNANCY…..

My body is SO amazing……

Because at some point it has had:

* 4 Heads.

* 8 Hands.

* 8 Legs.

* 4 Different Beating Hearts.

* 4 Different DNA’s.

I AM A MOM!

A MOM TO 3 HEALTHY BABY BOY’S.

How Great is our God!

Blessings.

xAx

 

0

KOESTER JUL KINDERS……


Deur Oud-Pappa van Pretoria geskryf:

Dit is 02:00 in die oggend.  Ek staan saggies op want ek wil my vrou nie pla nie. Ek gaan sit op my stoel. Aanlyn-Beeld maak my net kwaad. Wat maak dit saak of die hemel fisies of geestelik gaan wees? Hoekom wil almal God na hul gedagtes en begeertes vorm? Kan hulle nie maar soos ‘n kind glo nie?

Wat maak dit saak of die ANC die land in sy dinges in regeer? Die NP het net soveel gemors aangejaag en glo my, die volgendes gaan dieselfde wees. Wat de hel maak alles saak?  Wat saak maak, is my seun wat sewe maande gelede oorlede is. Wat saak maak, is my vrou wat nie meer lag nie.  Wat saak maak is dat ek hom orals, dag en nag soek, maar hom nerens kry nie. Die donker gat raak net groter en groter en groter. Hy was te jonk, Here, heeltemal te jonk.

Ek wil in die stille nag in hardloop en gil hoe ek my pragseun mis. Ek wil al die ouers vertel hulle moet hul kinders liefhe, hulle koester. Oppas. More is te laat.  Ek wil vir die kerk en ons land se leiers skreeu: Glo soos ‘n kind in God! Regeer ons land soos ‘n kind, sonder afguns, haat en selfsug. Dit is hoe my seun was.

Here, die dominees en politici het U nodig. Help hulle.

Dan moet ek my snikke inhou, netnou maak ek my vrou wakker.

Here, my oe is al eelte gehuil. Here my God, ek gee nie om hoe U lyk of waar U is nie. Here, ek mis my kind. Here help my, ek kan nie meer nie…..

xAx

0

RUGGA RUGBY 2012……


So het 2012 se Rugby Seisoen aangebreek. Met groot opwinding het die Trips eendag huistoe gekom met Rugga Rugby Briefies van die skool af. Na baie dink en gesels besluit ek en Kobus toe dat dit reg is en dat die Trips Rugby kan speel – hoe gevaarlik en geweldadig  kan dit nou regtig wees? Mmmm….. second thought……. Rugby is gevaarlik en rugby kan geweldadig wees. Glo my! Ons was by een van die Rugga Rugby se Toernooie en glo my op die veld langs ons het daar ‘n geveg uitgebreek, I kid you not. 4/5 jariges wat baklei. Tragies!!!!!

Elk geval terug na my storie. Ons was by 3 van die Trips se Rugga Rugby  Toernooie gewees. Ok, korreksie daar. Ek was by 1 van hulle gewees en Kobus by die ander 2. My senuwees was op! Bottom line…… Is die Trips Rugby Materiaal? Do they have what it takes to be a Bok? Mmmmmm……… Nope! Nada! Nee! Never! Kom ek stel dit so…. Ek dink nie hulle is nou Springbok materiaal nie. Reinhardt het miskien potensiaal, but as for the other two – nee. Quintin, sien nie die punt daarin om agter ‘n bal aan te hardloop en sodra jy hom het, skop jy hom weg of gooi hom weg. Nou wat is die punt dan om die bal te probeer kry as jy hom nie kan hou nie? Mmmmm…… moet se goeie punt Quinty. Zander geniet die gaos en kinders wat rond hardloop agter ‘n bal aan, net jammer meeste van die kere hardloop hy na die verkeerde kant toe en “tackle” hy sommer sy eie spanmaats.

Daarom mensie het ons besluit om volgende jaar die rugby eers ‘n mis te gee en te konsentreer op karate. Jip, karate sal dit wees. Reinhardt oefen deesdae baie hard aan sy karate moves en ek vrees enige iemand wat dalk in sy pad kan kom,  sal dalk ‘n paar tande minder het.

Mensies, daar gelaat. Vandag was hulle laaste Rugga Rugby gewees en hulle elke een het ‘n medalje en sertifikaat gekry vir “Player of the Year” 🙂

Ek deel dit met julle. My 3 Springbokkies 2012.

Geniet!

 

 

0

HELLOOHA!


Hi, Hey Mensies!

Jammer vir die bietjie stil wees die laaste paar dagies. All good hier, behalwe dat ek ‘n bietjie “me time” kort… He He He…..

Met die kinders gaan dit baie goed, woelig soos altyd maar goed. Dominique begin nou al hoe meer soos ‘n regte Dame word. Rokkies wil sy dra, oorbelletjies, hangertjies en ringetjies. Ek geniet haar vreeslik baie, maar het hierdie Madam grille en dinge! Oi! Dankie tog daar is net een van haar 🙂

Met my gaan dit seker goed. Ek het ‘n paar moeilike dae die laaste week gehad by die werk. Gister het dit toppunt bereik en teen gisteraand was ek emosioneel kapot gewees. Vandag het dit beter gegaan, maar ai ek is so agter met my werk dat ek eintlik dink ek is voor. Ek was veronderstel om vanaand op die treadmill te oefen en fiets te ry, maar na die laaste paar dae – nee wat! Daarom chat ek nou maar met julle, roomys in die een hand en ‘n Coke in die ander. Mooi Man! Van een uiterste na ‘n ander 🙂 Toemaar, more begin ons maar weer.

Mandy, Ek  en Merrilyn (MAM) ons groep naampie doen Saterdag die Sisters with Blisters 8km. Mensies! Ek is so onfiks, dit is eintlik scary. Ek het nog nie baie geoefen die laaste ruk nie, en gaan maar die 8km aandurf op geloof en good looks 🙂 Gelukkig het ek darem goeie geselskap en doen ons drie chicks dit vir ‘n goeie doel en nie om medaljes te wen nie – hoopenlik oorleef ons dit!

Vanmiddag het ek Jakkie Louw se “Miljoene Woorde” Video op Kyknet se 146 Kanaal gesien. Sjoe! Beautiful verby! Sad, baie sad maar pragtig. Top punte vir jou Jakkie. Mensies, maak ‘n plan en kyk asb daarna. Stunning!

Daar het julle dit!

Ola Mensies! Bedtyd vir my.

Lekker Slapies.

xAx

NET ‘N IETSIE VIR JULLE…….

0

RUN-AWAY TRAIN :-(


Gister was nie ‘n goeie dag gewees nie. Ek was onder attach heeldag, aldag gewees 😦

Mensies! Die Duiwel is lustig!! Big time!

Gister het ek letterlik gevoel asof ek op ‘n run-away train was oppad na iewers waar dit baie donker en benoud is. Ek het ook weereens besef dat ek nie altyd alles kan fix en beter maak nie en dat daar gaan tye kom waar dinge buite my beheer is en wat my bang maak en dat ek dit nie net kan reg maak  nie! Ek beleef op die oomblik so ‘n seisoen. Dingetjies is besig om te verander, groot veranderinge vind plaas op die oomblik en dit maak my baie bang. Veranderinge waar mee ek nie saam stem nie, waarvan ek nie hou nie.

Ek het ook gister besef dat soms tel my opinie of omgee nie. En weet jy dit is ok! Ek is ok, ek wens net ek kan vroeer besef wanneer om te back-off! Ek het ook gister so mooi in die Duiwel se hande gespeel, vandag is ek  kwaad vir myself dat ek dit toegelaat het. Ek het ook weereens besef dat ons God Almagtig is, maar dat die Duiwel Magtig is. Gee hom credit daarvoor. Hy weet wanneer ons swak is en gebruik dit so vir sy voordeel. Vandag gaan ek vir julle ‘n paar voorbeelde vertel van my padjie gister saam met die lustige Duiwel!

1.  ZANDER…..

Gister middag het ek en Kobus die Spraakterapeut gaan sien t.o.v. sy spraakevaluasie  wat sy elke ses maande met hom doen. Sy is baie tevrede en hy doen mooi vordering, maar ongelukkig is daar nog ‘n groot agterstand wat ons met baie werk en die regte mense kan regstel. Sy is positief daaroor. Sy noem nog intensiewe spraakterapie, arbeidsterapie, fisio en gehoorspesialist. En tipies – die duiwel,  dit is al wat in my kop vassteek….. Issues! Issues! Issues! Dit is ook nie lank hierna nie, toe kry ek ‘n sms van my Tweeling Suster af met die nuus dat haar Seuntjie (vir wie ek baie lief is) 80/90% vir meeste van sy vakke het. Onmiddelik is ek jaloers! Hier sit ek met 4 besige kleuters waarvan 1  issues het en haar seuntjie kry toppunte.  FOUTJIE 1: JALOESIE! 😦

2.  BEROERTE…..

Ek het ook gister besef hoe kwaad ek werklik is vir Pappa se Beroerte! Ek is kwaad. Beroerte het my beste maatjie van my afgevat. Ek kan nie meer met Pappa chat soos altyd nie. Ek kon altyd my hart uitpraat by hom en het altyd baie beter na dit gevoel. Beroerte het dit weggevat! Beroerte het my steunpilaar, my lekker chat maatjie, my alles deel maatjie van my af weg gevat. Beroerte het my DIY Pappa wat alles om en in ons huis reggemaak het weggevat. My sterk, gesonde Pappa is weg.  FOUTJIE 2: KWAAD! 😦

3.  NET ‘N MAMMA….

Deesdae voel dit vir my asof ek net al hoe meer maar net ‘n Mamma is. Niks daarmee verkeert nie. Maar mensies, as jy die heeldag aldag al jou asem en tyd vir jou kinders gee, wat bly oor vir jouself? Gister middag oppad skooltoe bid ek: “Liewe Jesus, asb staan my by as ek nou die kinders gaan haal dat niemand sal huil nie, dat hulle al 4 na my sal luister, dat ons in vrede sal huistoe ry en niemand sal baklei om voor te sit nie, asb Here.” Raai wat? Wat gebeur toe? Dit is gaos! Hulle baklei wie sit voor, ek moet al 4 sakke dra, Reinhardt loop in ‘n paal vas! Trane! Trane! Trane! Mooi Man. Weet julle ek sweer as ek nie gebid het nie, het alles seepglad verloop. My punt: Ek is onder attack. Die Duiwel hou nie daarvan nie! FOUTJIE 3: ONDANKBAAR! 😦

Ja, mensies! Skaam om te se, maar dit was my dag gister. Ek het gisteraand nie ‘n oog toegemaak nie, en glo my vandag voel ek dit. Vir die om my lyk ek seker vreeslik. Jammer daarvoor, gelukkig help ‘n bietjie grimering darem.

My plan: Let Go! Let God! God, I surrender! Ek gaan nie meer alles fix nie. Ek gaan nie meer bid om te cope met die kids nie, nee nou gaan ek bid, Here help my om teen die Duiwel op te staan. Om dankbaar te wees dat Pappa nog lewe, en dit van daar af te vat. Daar is dingetjies wat besig is om te verander, waaroor ek geen beheer het nie, Here Laat U Wil Geskiet! U weet beter! Here, ek back-off sodat U, U werk kan doen.

Vandag is ek kalm. Vandag surrender ek en weet ek dat die Duiwel wag om my uit te lok. Vandag wil ek vir die Duiwel se: “Mannetjie, bring it on! Ek en my Here is nie bang vir jou nie.”  Vandag wil ek ook vir Zander se: “Mamma is jammer, jammer dat my geduld soms te kort is met jou en dat alles ok gaan wees.” Vandag wil ek vir Arno se: “Well done! Jy verdien die goeie punte want jy werk baie hard daarvoor. Ons is so trots op jou.” Vandag wil ek vir Kobus se: “Ek is jammer, ek lig altyd my opinie en soms is dit onnodig. Ek vertrou jou en weet jy sal  doen wat die beste is. Ek is trots op jou en gun jou, jou oefen tyd.”

Liewe Jesus – you and me – A Team?

xAx

 

 

 

 

0

JO’BURGS 94.7 KIDDIES RACE…..


4 Kampioen Fietsryers ry 1km!

En daarmee breek ons groot challenge Saterdag oggend aan. Baie min voorbereiding is gedoen die weke voor die tyd, maar ons was nie bekommerd gewees nie want as jy natuurlike talent het, is jy A for a way! Wel, mensies ek kan nou met groot eerlikheid vir julle se dat ons 50% het van natuurlike talent (R & Z) en 50% het van nie-natuurlike talent nie (Q & D). Om hulle privaatheid  te beskerm wil ek nie hulle volle name bekend stel nie 🙂

Dit het maar dol gegaan Saterdag oggend. Ons moes nommers plak op fietse en  helmets, selnommers op kinders se arms skryf, nommers op hemde plak – ‘n hele storie! Ons het ook hierdie jaar besluit om vir ‘n cause te ry en ons cause was vir Oupa Arrie wat 5 maande terug ‘n beroerte gehad het en wat nog besig is om te herstel. Elke een van die vier het agter op sy hempie geborduur: Quintin ry vir Oupa Arrie ens.  Ons het ook opgebreek in vier groepe. Team Smiles (Wikus & Zander), Team  Race Warriors (Telana & Reinhardt), Team Weakest Link (Mamma Arnell & Dominique) en Team Moan and Groan (Pappa Kobus & Quintin). Later ‘n bietjie meer van ons vier groepe!

*  ONS IS OPPAD! *

* ONS RY VIR ‘N CAUSE – OUPA ARRIE! *

 

* ONS 94.7 FAMILIE FOTO *

* TEAM SMILES * (No. 71)

Team Smiles het letterlik die hele tyd ‘n glimlag op hulle gesigte gehad. Hierdie twee spanmaats het mooi saam gewerk en baie goed gedoen. Hulle het elke oomblik geniet, en was weereens ‘n bewys dat ‘n mens nie altyd hoef te wen nie. Team Smiles, julle het ‘n klompie glimlagte op ander se gesigte gesit met julle positiewe houding. Mooi so!

* TEAM RACE WARRIORS * (No. 68)

Hierdie twee mensies het letterlik nie gras onder hulle voete laat groei nie. By die beginpunt toe die omroeper skree “Go!” was hulle letterlik weg! Well done Team Race Warriors, julle was gewis die beste spannetjie daar gewees. Ps: Wat my laat wonder of ons nie dalk moet aandring op Uriene Monsters nie.

* TEAM WEAKEST LINK *  (No. 64)

Need I say more…… Jip! Ons was gewis die Weakest Team daar gewees. Mamma Arnell moes Madam D vir die hele kilometer dra, fiets and all. Madam het natuurlik ‘n royal tyd gehad, gelag vir almal, water gedrink by die water punt (wou nie eers met ‘n uitasem Mamma Arnell deel nie). So 10m voor die eind streep het ek Madam D op haar fietsie gesit en het sy met “grasie”  oor die eindstreep gery en ek het agter haar gekruip oor die eindstreep! Not a good moment 🙂 Volgende jaar “deps” ek vir Reinhardt van Team Race Warriors!  Ek was kapot!

* TEAM MOAN AND GROAN * (NO. 67)

Wel, ek dink hulle naam se alles. Team Member 1 – Quintin het nie opgehou kla nie. Vandat ons daar gekom het, was hy nie ‘n happy chap nie! En om dinge nog meer moeiliker te maak , wou hy ‘n ballon he. Stel jou voor, ons almal met fietse, helmets, drie  kiddies wat super opgewonde is, een wat moan en groan en nog vier ballonne! No ways! So die ballonne moes eers wag, wat Meneer Quintin nie baie van gehou het nie. Maar bygese Team Moan and Groan het toe deliver aan die einde van die dag en ook baie goed gedoen.

* READY, STEADY, HERE WE GO! *

* TEAM TALK *

* DAAR WAS OOK TYD VIR ‘N BIETJIE FUN *

* ONS MEDALJES! ONS IS WENNERS! *

Wat ‘n lekker dag! Sal ons dit weer doen? Ja en weereens Ja! Dankie 94.7 Highveld Sterio en Momentum vir ‘n great race. Sien julle volgende jaar en ‘n GROOT dankie vir Wikus en Telana wat ons gehelp het met die kiddies, sonder julle kon ons dit nie doen nie. Wat niemand weet nie, is dat ons moes 2 km loop voordat ons by die begin punt kon kom en aan die einde van die kilometer wat hulle gery het, weer die 2km terug kar toe. So in totaal het ons 5km Saterdag afgele.

Quintin, Reinhardt, Zander en Dominique Mamma Arnell is super trots op julle!

94.7 Groete!

xAx