PAPPA – ‘N BRIEFIE VIR JOU …….


Vandag se posstukkie is ‘n bietjie hartseer. Nie so bubbly soos altyd nie, want vandag voel ek ‘n bietjie “af” en “jikky”. So…. as jy in ‘n goeie bui is, sal ek nie omgee as jy nie vandag se posstukkie lees nie. Geen probleem! Kom loer weer in more.

‘n Briefie vir jou Pappa….

Maandag die 5de November sal dit al 5 maande wees vandat  jy jou beroerte gehad het. Dinsdag die 5de Junie 2012 is ‘n dag wat ek nooit sal vergeet nie. Alles het so skielik gebeur. Ongelukkig kan ek nie se dat daar nie tekens was nie.  Daar was – en tot vandag is ek bitter spyt dat ons niks daaromtrent gedoen het nie. Maar nooit sou ons kon dink dat dit die begin van ‘n massiewe beroerte was nie. Miskien was dit onkunde.

Daardie paar dagies wat Pappa in ICU was, onthou ek soos gister. Elke dag, elke uur. Al ons emosies, ons pyn en hartseer. Ek kan tot onthou of dit koud of warm was.  Daardie paar dagies het ek  goedjies gedoen, wat ek vandag glo ek nie weer sal kan doen nie. Ek het nie ‘n keuse gehad nie, ek moes net! Wat so wonderlik was, was die feit dat ek nooit stil geraak het, en gedink het: “Wat as Pappa nou moet doodgaan.” Nee! Doodgaan was nie eers ‘n opsie nie. Soveel mense, vriende, familie, kennisse het gebel en gebid. Daar sou nooit ‘n “Wat as” wees nie.

Pappa, vandag mis ek jou. Ek is so dankbaar dat jy ok is, en dat jy elke dag sterker en beter word. Maar ek mis jou. My Pappa wat altyd so sterk was. Wat my altyd kon troos. Na jou beroerte het ek myself belowe dat dit ALTYD goed sal gaan met my. Ek sal nooit weer teenoor jou kla as ietsie pla nie. Ek wil nie he dat jy jou moet bekommer oor my nie. Maar, Pappa dit gaan nie altyd goed met my nie, en ek mis ons chats!

Ek weet ek moet dankbaar wees, en ek wil nie ondankbaar klink nie. Maar Pappa ek bly ook net ‘n mens, ‘n dogtertjie wat haar sterk Pappa mis. Dit ontstel my om jou so te sien. Dit ontstel my om jou so maer en bleek te sien. Maar ek is dankbaar!

Ons gesels weer elke dag en ek leef vir daardie paar minute van hemel. Ek onthou ons eerste geselsie op die Selfoon na die beroerte. Dit was kort en kragtig gewees, maar die emosies was so powerfull gewees. Ek het vir seker ‘n uur na dit nog soos ‘n babetjie gehuil. Miskien was dit die eerste en enigste keer wat ek dalk ‘n bietjie gebreek het.

Pappa, ek verstaan nie al hierdie dingetjies nie. En ek weet nie hoekom dit moes gebeur het nie. Maar wat ek hieruit geleer het, is dat die lewe baie kosbaar is en so kort is. Ek het ook besef hoe lief ek Pappa het, en dat jy my alles is, my Pappa, my Mentor en my beste Maatjie. Ek dwing myself om nie te dink aan die “Wat as” nie en vorentoe te kyk na die wonderlike tydjie wat vir ons nog voorle.

Pappa, ek weet jy gaan nog heeltemal gesond word en elke dag is ons ‘n treetjie nader daaraan. Maar vandag mis ek jou! Vandag kort ek ‘n drukkie van jou af. Vandag mis ek ons Spur dae – net ek en jy. ‘n Bord Spur tjips met Spur sous en 2 Lime Milkshakes.

Word gou gesond Pappa, en ek “stick” jou vir Spur chips en Lime Milkshakes Desember – net ek en jy. Ok?

Baie Liefde: Ekke xxx

 

 

Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s