VAN 1 3-LING MAMMA AAN ‘N ANDER…….


Madelein, oor ‘n paar dagies word jy ‘n Mamma van ‘n Drieling. Twee Seuntjies en ‘n Dogtertjie. Soos ek hier sit, is ek super opgewonde vir jou part – en ja, misien ‘n bietjie jaloers! ūüôā En miskien ‘n bietjie verlig…… ūüôā

Ek weet jy is bang. Ek weet jy is onseker. Ek weet jy twyfel oor of jy ‘n goeie Mamma gaan wees. Ek weet jy is super opgewonde en jy het tonne vlinders in jou maag. Ek weet ook dat jy moeg is. Dat jou rug af is en dat jy weke, ja selfs maande laas ‘n goeie nagrus gehad het.¬†Ek ¬†weet jy verstaan nou die term SOOIBRAND ten volle!

Ek weet die hospitaal, die personeel en dokters maak jou bang. Om nie eers van Neonatal en ICU te praat nie. Al daardie masjiene? Madelein, vandag wil ek net vir jou se – dit is ok om bang te wees. Ek was bang!

Ek wil graag vandag ‘n paar dingetjies met jou deel, nie omdat ek beter weet nie. Nee, inteendeel! Net ‘n paar goedjies om aan vas te hou as dingetjies pla of te veel gaan word met tye (en glo my, daar gaan daardie tye kom).

*  Jy is baie spesiaal, dink net Liewe Jesus het JOU gekies om sy drie kosbare Engel Kindertjies hier op Aarde groot te maak. Wow, vriendin! Hoe spesiaal.

*  Ek weet jy is bang vandag. Bang vir die volgende paar dagies in die Hospitaal. Bang vir die oomblik as hulle gebore gaan word. Bang of jy gaan kan borsvoed. Bang of hulle ok gaan wees, gesond gaan wees.  Ek is seker jou lysie gaan aan. Al wat ek vandag vir jou wil se is: My vriendin, ALLES gaan ok wees! Die Here is by jou die hele tyd. Die Here is by die Dokters, die Teater Personeel, by jou en by Manlief. Die Here hou hierdie drie spesiale Mensies al so styf vas en beskerm hulle die hele tyd.

*¬† Die keiser gaan seer wees. RUS! RUS! RUS! Die Neonatal ICU Personeel is fenominaal en sal mooi na jou drie Engeltjies kyk. Drink al jou pynpille en wees goed vir jouself die volgende paar dagies. Pas jouself mooi op! Onthou: Gebruik hierdie tydjie, want as die drietjie’s eers by die huis is, kan Mamma’s mos nie siek word nie. He He He.

*¬† Wees goed vir Manlief. Ja, hulle is maar dom aan die begin, en vra maar die domste vra. Kobus het gedink die doeke grootte was dieselfde as die kind se gewig, ¬†m.a.w, as baba 4kg weeg, dra hy ‘n Size 4 doek.¬† Keep a straight face en antwoord hom sonder om hom dom te laat voel. Giggel later lekker saam met jou vriendinne daaroor ūüôā

*¬† Vra hulp! Moenie alles alleen probeer doen. Jy gaan dit reg kry vir ‘n week of twee en wat dan? Drie klein babetjies is baie demanding en jy en Manlief bly ook net mense, julle moet ook slaap en eet. Asb! Kry mensies om julle te help, terwille van julle eie “sanity”.

*¬† Humor!!!!!!! Lag baie. Dit is al wat my en Kobus deur daardie moee, bang, demanding tye gekry het. Soms kon ons nie onthou of ons een babetjie drie keer na mekaar droog gemaak het nie ¬†en party dae het ons tot die nat doek weer aangesit en die nuwe, droee doek weg gegooi. Lag, lag en lag…..

*  Huil as jy moet. Moet niks binnehou nie! Dit is nie goed nie. Praat met Manlief as iets pla, moet hom nie uitsluit nie. Onthou Рhy gaan ook deur alles waardeur jy gaan. Sy vrese (finansies) en jou vrese (gewig), mag dalk verskil, maar julle albei moet hierdie drie klein kindertjies groot kry.

*  Geniet jou drie Engeltjies. Hulle is so kosbaar en regte Vegtertjies!

*  Was, was, was jou hande! Jy gaan dit die hele dag, al dag doen. Jy gaan nie genoeg hande kan was nie. Onthou, sulke klein mensies kan baie gou infeksie kry.

*  Ek weet almal kan nie wag sodra Babetjies by die huis is nie. Hou maar die gaste  lysie vir eers baie kort. Dit kan baie veeleisend wees as almal kom kuier (ek weet hulle bedoelings is baie goed), maar ter wille van die drietjies se gesondheid en julle rus.

*¬† Neem baie foto’s. Dit is wonderlik om te sien hoe hierdie drie, spesiale klein mensies elk dag vorder. Van net 3ml’s melk elke 8 ure¬† deur buise in hulle neusies, tot later¬†50-70ml’s uit bottels. Hul eerste bad wat Mamma of Pappa hulle gee is ‘n MOET ¬†foto oomblik. Maande, Jare na dit gaan jy weer daarna kyk en raai wat? Jy gaan net die goeie oomblikke¬†in daardie moeilike selfs bang tye onthou. Vat my woord vriendin – ek verseker jou dit!

*  Wees BAIE  vriendelik met die ICU  en Neontal Highcare Personeel. Hulle werk so hard en waardeer Ouers wat vriendelik is. Hulle is ook net mense. 

*  Kry iemand (verkieslik nie Manlief nie) met wie jy al jou emosies mee kan deel. The Good, The Bad and The Ugly! Ek het vir Mandy gehad, en tot vandag is sy my steunpilaar. 

*¬† Onthou, jy is nou ‘n Mamma van ‘n Drieling. Maar jy is nogsteeds Madelein. Wees goed vir jouself, kyk na jouself en moenie jouself verloor nie.

*¬† Jy gaan foute maak en dit is ok. Onthou hierdie drie mensies is onvoorwaardelik lief vir jou. Elke dag gaan jy meer leer en ons lewens is tog daagliks ‘n leerproses.¬† Daar bestaan nie ¬†iemand soos ‘n Perfekte Mamma nie, maar wel ‘n Mamma wat baie drukkies en soentjies kan gee.

* As ek jou met nog net een gedagte kan laat, is dit dit: Madelein jy gaan baie raad kry by baie verskillende mense, en met tye gaan jy baie deurmekaar en overwhelmed wees. Jy is die Mamma. Hulle is jou Kinders. Volg jou instink. Gou sal jy weet wat vir jou en Babetjies werk en wat nie. Doen wat jy dink reg is. Ongelukkig kom Babetjies nie met Manuals nie! Weet net jy gaan ok wees. Liewe Jesus sal¬†jou nie alleen los nie, en soms gaan dit vir jou voel asof jy alleen is. Maar jy is nie. Liewe Jesus sal vir jou daardie dag iemand stuur om jou te help. Dalk ‘n vriendin, ‘n Verpleegter, ‘n Ma, ‘n Ouma…… Jy sal weet!

*¬† Laastens maar nie die minste nie.¬† Moet nooit Liewe Jesus se hand los nie. Hy¬†het jou en Manlief so “Gebless” en bederf met nie net een babetjie nie, maar met drie.

*¬† En die beste los ek vir laaste…… Hulle word groot! Daar gaan ‘n tyd kom dat hulle hulle bottels self gaan vashou, self sit. Self gaan loop en self gaan eet. Vir Mamma’s wat net een op ‘n slag het, mag dit dalk “wreed” klink dat ons, ons kinders groot wens. Mensie, vat dit maar met ‘n tong-in-die-kies. Daardie Mamma¬†ken nie die gevoel as al drie Babetjies tegelyk wil drink nie en jy net twee hande het nie. En o ja! Jy en Manlief gaan baie kreatief raak as “probleempies” soos hierdie opduik.¬†Ja, jy kan drie babetjies tegelyk optel en bottel gee. Ek sal dit nie aanbeveel nie, en hou maar ‘n kamara weg, want dit is nie so ‘n good sight nie, maar as dit drie skreeu bekkies stil hou, why not?????

*¬† Geniet¬†dit! Dit gaan ‘n Roller¬†Coaster Ride wees! Een met baie op’s en af’s. Maar glo my die lekker gevoel so uit jou maag gaan¬†baie meer wees as die naar huil gevoel.

*¬† Jy kan en jy gaan ‘n baie goeie Mamma wees. Liewe Jesus weet¬†dit! Ek weet dit! Glo jy dit net!

Toedels my vriendin. Ek gaan vir jou kom kuier en kan nie wag om jou Drie Wonderwerk Engeltjies te sien nie. En as jy wil: BEL, BEL, BEL MY!

Drieling Soentjies: Arnell

Ps:¬† My Drie Kabouters! Van Toeka tot Nou! Sien jy – hulle word groot! ūüôā

Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s