MAMMA ARNELL SE DINSDAG BRIEFIES AAN JULLE 4……


*  ZANDER:  Gisteroggend was Mamma al oppad na haar kar toe, want ek was (alweer) laat vir werk, toe jy my terug roep en se: “Mamma, gee Zander drukkie. Lief vir jou Mamma!” Boeta, jy WEET NIE wat dit vir Mamma beteken het nie, want ‘n jaar terug kon jy nog nie  praat nie, en was woordjies soos Kat, Hond en Hasie groot woorde vir jou gewees. Zandertjie, Mamma lief jou baie – baie meer as al die sterretjies in die Hemel en al die sandjies op die Strand.

*  QUINTIN:  Ai, ek kry so lekker as Pappa Kobus of Vivian vir jou ietsie wil doen en jy dadelik se: “Nee, Mamma sal!” Mamma weet ek is jou favourite, en so baie dankie daarvoor. Dankie dat jy altyd vir Mamma komplimente gee as jy dink my naels lyk mooi of as ek die dag (wat nie baie gebeur nie), besluit om ‘n rok aan te trek. Gisteraand het jy op my skoot gesit en Mamma het jou ruggie gekrap, jy het omgedraai en vir my geglimlag en gese: “Dankie dat jy my liefies Mamma!”

*  DOMINIQUE:  Jislaak, maar jy is cute! Ek weet Mamma se dit altyd, maar jy is regtig flippen cute. Jy het soveel selfvertroue en ek wens Mamma kon se dat ek myself in jou sien, maar ek doen nie! Mamma, was maar ‘n vaal ou stil dogtertjie gewees waaroor almal geloop het. Dominique’tjie bly net soos jy is, selfversekerd maar tog ook nederig met die sagste ou hartjie denkbaar. Jy is so ‘n groot Blessing vir my, vir Pappa en jou drie Boeties.

 

*  REINHARDT:  Elke dag, elke minuut is so anders met jou. Jy en Mamma kry ons goeie dae en dan ook ons minder goeie dae. Dae wat ons baie koppe stamp en OF ek OF jy huil 🙂 Jy is ‘n baie besige seuntjie en super slim. Jy raak vinnig verveeld en moet elke dag gestimuleer word, wat nie ‘n slegte ding is nie. Ek het nog nooit ‘n seuntjie van vier gesien met so ‘n goeie sin vir humor nie, en jy weet nie hoe baie Mamma, Pappa, Quintin, Zander en Sussie jou grappies geniet en waardeer nie. Met jou saam lag ons baie. Dankie daarvoor!

Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s