GOD WERK IN JOU EN MY LEWE…….


Die seuntjie  gaan kuier by sy Oupa op die plaas en hy sien sy Oupa lees elke oggend die Bybel en bid. Naderhand begin die seuntjie dit ook doen. Na ‘n hele paar dae vra die seuntjie sy Oupa: “Oupa, hoekom bid Oupa elke dag, maar daar gebeur niks nie?” Die Oupa se toe vir die seuntjie: “Sien jy daardie streepsak wat daar le, vat hom gou onder na die rivier, maak hom vol en bring hom hierheen”. Die seuntjie hardloop toe, maak hom vol en voor hy by sy Oupa kom is hy leeg! Oupa se toe weer: “Hardloop en maak dit weer vol”, dieselfde gebeur toe weer. Die seuntjie vra toe: “Wat is die nut dat ek dit doen as die water nie inbly nie?” Sy Oupa se toe: “My seun, toe jy die streepsak gevat het was hy baie vuil gewees, kyk nou hoe skoon is hy! Dit mag dalk nie vir jou voel dat jy erens kom terwyl jy so aanhou bid nie, maar tog is die Heilige Gees besig om jou van binne af skoon te maak.”

Moenie opgee nie. God werk in jou lewe!

Toedels en julle moet ‘n heerlike koue, reenerige Dinsdag he.

God Bless.

xAx

 

Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s