‘n WARE VRIENDIN……..


Die lewe is so ‘n gejaag….. En eintlik is dit meeste van die kere net ‘n gejaag na wind – na niks. In vandag se lewe kan jy so gelukkig en mag ek maar die woord  bevoorreg gebruik as jy ‘n goeie vriendin in jou lewe het, want vir kuier en sommer net chat is daar mos nie meer tyd voor nie.

Ai mensies! Dit is bitter hartseer.

MAAR……….

Ek is baie gelukkig om ‘n vriendin in my lewe te he, wat SO deel is van my daaglikse,  uurlikse bestaan.

Mandy!

Maatjie, so baie dankie vir alles. Dankie dat ons alles kan deel, ons laggies, hartseer, trane, ons kinders – ag sommer net alles. Ons MOET elke dag chat of dit nou vir 3 minute of ‘n uur is. Ek wil graag die volgende aan  jou opdra:

* Jy  laat my voel ek weeg 50kg, terwyl ek 60kg weeg.

* Jy laat my 26 voel terwyl ek eintlik 36 is.

* Jy laat my belangrik voel soos Donald Trump se PA terwyl ek eintlik net my man se PA (Persoonlike Aija) is.

* Jy is die een wat my eerste traan afvee, die 2de een vang en seker maak die 3de een gebeur nie.

* Jy is die een wat wanneer dit winter in my hart is, die koue en donker verdyf met jou sonnige geaardheid en Jesus liefde, warmte en lig uitstraal en my die reenboog na die storm laat sien.

* Jy is die een waar ek my hart kan leeg maak, want jy luister met oop ore en ‘n toe mond.

* Jy is die een wat my soos Angelina Jolie laat voel selfs wanneer ek eerder soos Daisy de Melker lyk.

Mensies, as jy so iemand het in jou lewe, hou vas want God het jou geseen met ‘n perel uit Sy Konkinkryk. Mandy, jy is my vriendin – my maatjie, ‘n Perel uit Jesus se Koninkryk en ek lief jou tonne baie.

Mwah xxxx

Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s