0

PAPPA – ‘N BRIEFIE VIR JOU …….


Vandag se posstukkie is ‘n bietjie hartseer. Nie so bubbly soos altyd nie, want vandag voel ek ‘n bietjie “af” en “jikky”. So…. as jy in ‘n goeie bui is, sal ek nie omgee as jy nie vandag se posstukkie lees nie. Geen probleem! Kom loer weer in more.

‘n Briefie vir jou Pappa….

Maandag die 5de November sal dit al 5 maande wees vandat  jy jou beroerte gehad het. Dinsdag die 5de Junie 2012 is ‘n dag wat ek nooit sal vergeet nie. Alles het so skielik gebeur. Ongelukkig kan ek nie se dat daar nie tekens was nie.  Daar was – en tot vandag is ek bitter spyt dat ons niks daaromtrent gedoen het nie. Maar nooit sou ons kon dink dat dit die begin van ‘n massiewe beroerte was nie. Miskien was dit onkunde.

Daardie paar dagies wat Pappa in ICU was, onthou ek soos gister. Elke dag, elke uur. Al ons emosies, ons pyn en hartseer. Ek kan tot onthou of dit koud of warm was.  Daardie paar dagies het ek  goedjies gedoen, wat ek vandag glo ek nie weer sal kan doen nie. Ek het nie ‘n keuse gehad nie, ek moes net! Wat so wonderlik was, was die feit dat ek nooit stil geraak het, en gedink het: “Wat as Pappa nou moet doodgaan.” Nee! Doodgaan was nie eers ‘n opsie nie. Soveel mense, vriende, familie, kennisse het gebel en gebid. Daar sou nooit ‘n “Wat as” wees nie.

Pappa, vandag mis ek jou. Ek is so dankbaar dat jy ok is, en dat jy elke dag sterker en beter word. Maar ek mis jou. My Pappa wat altyd so sterk was. Wat my altyd kon troos. Na jou beroerte het ek myself belowe dat dit ALTYD goed sal gaan met my. Ek sal nooit weer teenoor jou kla as ietsie pla nie. Ek wil nie he dat jy jou moet bekommer oor my nie. Maar, Pappa dit gaan nie altyd goed met my nie, en ek mis ons chats!

Ek weet ek moet dankbaar wees, en ek wil nie ondankbaar klink nie. Maar Pappa ek bly ook net ‘n mens, ‘n dogtertjie wat haar sterk Pappa mis. Dit ontstel my om jou so te sien. Dit ontstel my om jou so maer en bleek te sien. Maar ek is dankbaar!

Ons gesels weer elke dag en ek leef vir daardie paar minute van hemel. Ek onthou ons eerste geselsie op die Selfoon na die beroerte. Dit was kort en kragtig gewees, maar die emosies was so powerfull gewees. Ek het vir seker ‘n uur na dit nog soos ‘n babetjie gehuil. Miskien was dit die eerste en enigste keer wat ek dalk ‘n bietjie gebreek het.

Pappa, ek verstaan nie al hierdie dingetjies nie. En ek weet nie hoekom dit moes gebeur het nie. Maar wat ek hieruit geleer het, is dat die lewe baie kosbaar is en so kort is. Ek het ook besef hoe lief ek Pappa het, en dat jy my alles is, my Pappa, my Mentor en my beste Maatjie. Ek dwing myself om nie te dink aan die “Wat as” nie en vorentoe te kyk na die wonderlike tydjie wat vir ons nog voorle.

Pappa, ek weet jy gaan nog heeltemal gesond word en elke dag is ons ‘n treetjie nader daaraan. Maar vandag mis ek jou! Vandag kort ek ‘n drukkie van jou af. Vandag mis ek ons Spur dae – net ek en jy. ‘n Bord Spur tjips met Spur sous en 2 Lime Milkshakes.

Word gou gesond Pappa, en ek “stick” jou vir Spur chips en Lime Milkshakes Desember – net ek en jy. Ok?

Baie Liefde: Ekke xxx

 

 

1

HOME ALONE…… MET 4 BRATZ…..


Laat my dink aan die liedjie van Cher: “I will survive!”…….

Hellooha Vriende!

Wel, soos julle self kan sien: I’ve survived the four days without Kobus, still alive and still kicking! Goeie nuus ook, die vier Monsters leef ook nog. So – all good in the Botha huis.

Sal ek dit gou weer doen – NEE! Is ek moeg vir kinders – JA! Kort ek ‘n ruskansie – JA! en weereens JA!

Vriende, ek deel graag ‘n paar hoogtepunte van ons naweek, sonder Kobus…..

Saterdag net na 5 en my  oggend begin met vier baie opgewonde, besige kleuters. Ek is nie seker of hulle Mamma Arnell se angs kon aanvoel nie, miskien het my bleek gesig boekdele gespreek. Dat hulle reg was vir die volgende 15 uur was gewis. Net soos die noodlot dit wou he was die weer Crap! Koud, wind, en reen met tye. Mooi Man! As dit nou nie genoeg is dat die 4 teen my is nie, is die natuur ook teen my! Wat vir hulle ‘n groot avontuur is, word vir my ‘n nagmerrie.

Goed, ek het ‘n keuse gehad…… Of ek crack sommer dadelik en leef die volgende 48 uur met Calmettes en Red Bull OF ek face die Gaints en wys hulle wie is baas! Keuse nommer twee het vir my na ‘n beter opsie gelyk. Hierdie vier Monsters wat maar net vier jaar oud is en hul sussie van twee en ‘n half MOET leer: Ek is nie meer bang vir hulle nie! Ek sal hulle wys! Dink Survivor! I will outwit, outplay and outlast them. Mamma Arnell will be the ultimate Survivor!

Om ‘n lang storie kort te maak. Saterdag oggend het goed verloop sonder enige “hickups”. Ek het hulle besig gehou soos Bootcamp hulle mensies besig hou. Ons het Kersboom opgeslaan en versier. Ons het vir Vader Kersfees briefies geskryf. Ons het vir hom koekies (klei) gebak. Ons het hom gebel (dankie Gerrit) dat jy Kersvader was. Daar was nie eers tyd vir hulle gewees om aan stoutwees te dink nie. Mooi man! This is easy…… Natuurlik net totdat dit tyd aangebreek het vir hul middag slapie. Gewoonlik slapies  hulle vir so 2 en ‘n halfuur in die middae. Maar, Saterdag het Meneer Reinhardt gedink: Ag nee wat, Mamma Arnell kort geselskap en het almal na 45 minute wakker gemaak. Serious! I kid you not!!!!! Pappie, ek was nie gelukkig nie, en skielik het 12ml Calpol vir al vier van hulle al hoe meer aanloklik gelyk. Maar, ek het nie….. Om 7 uur Saterdag aand is almal gedwing bed toe, of hulle nou moeg was of nie, ek was kapot en kon nie meer duidelik dink of sien nie. Dat ek rus nodig gehad het, was verseker! Natuurlik het ek soos ‘n soet babetjie wat nie tande sny geslaap nie!

Sondag oggend net voor 6 en ek hoor die gekreun van vier Monsters. Gelukkig was daar gou tyd om ‘n skiet gebedjie na Liewe Jesus te stuur om my deur die dag te kry. En dat Hy sommer al my sondes moet vergewe, want of ek die dag sou oorleef was ek nie seker nie! Gelukkig was die natuur my gister goed gesind en kon die viertjies  darem ‘n bietjie buite speel. Halleluja daarvoor!

Overall het dit nie te erg gegaan nie. Zander het net een raps op sy boud  gekry met “Moeg gepraat” (houtlepel) so teen 5 uur gistermiddag, want toe is Mamma Arnell darem al moeg gepraat.

Ons het die naweek ‘n paar reels gebreek, gelukkig was Pappa Kobus nie daar nie. Ons het met die scooters in die huis gery, en ek kan darem nou se dat die Trips nie meer in elke muur vas ry nie, maar elke tweede muur. Roomys is mos kos, en Dominique het vir twee aande roomys gehad vir aandete. Ons het sokker en krieket gespeel in die huis, en ek is verbaas dat daar nie vensters in die slag gebly het nie.

Ek is trots op myself! Moenie lag nie, maar ek is. Ek was ‘n goeie Mamma die naweek gewees, ek het dit geniet – met tye, maar het ook besef hoe moeilik dit is! Ek is vandag dankbaar vir Kobus en Vivian wat my so baie help en kan nie of wil nie sonder hulle hulp nie.

I did it! Maar wil dit nie gou weer doen nie. Net ‘n paar kiekies van ons “o, so besige naweek” alleen.

Geniet!

ONS VERSIER DIE KERSBOOM.

ONS TEKEN PRENTJIES VIR KERSVADER.

ONS BAK KOEKIES VIR KERSVADER.

MOEG GEWERK EN NOU HOU ONS PIEKNIEK.

Ps: Ek moet bieg ek het ‘n paar Red Bulls nodig gehad, en ja Sugar Free Red Bulls proe nie dieselfde as die gewone Red Bull nie. En ja – Red Bulls give you wings!

Toedels en julle moet ‘n great week  verder he.

xAx

5

‘n VROU WIL DIT HOOR…….


Praat sag, vermy harde woorde.

Bly lief want jy’t haar belowe.

Wees sterk want sy het jou nodig.

Wees vir haar lig, bly leer om te vergewe.

Bly glo daar’s goed in die lewe.

Bly hoop want sy verwag dit van jou.

Sy wil raak aan jou hart, sy wil vat aan jou siel.

Sy wil als met jou deel, sorg dat jy haar nie verniel.

Sy wil weet wat jou pla, wat’s jou heel diepste vrae.

Moenie stil bly want ‘n vrou wil dit hoor.

Sy wil sien hoe jy opstaan vir haar as jy moet.

Sy wil glo sy’s die vuur wat nog steeds in jou woed.

En dan hou jy haar vas, fluister sag in haar oor.

Maak net seker dat jy haar nooit verloor.

Want ‘n vrou wil dit hoor…..

Sien raak waarna sy strewe.

En as haar moed haar begewe.

Wees daar en se vir haar dat sy kan.

Wys haar die groter plan.

Se meer dit wat haar opbou.

Se weer dit waarvan sy hou.

Kyk mooi na haar want sy’s lief vir jou.

Elke hartklop, elke asem,

‘n Vrou wil dit hoor.

Elke hartklop, elke asem,

‘n Vrou wil dit hoor.

Sy wil raak aan jou hart.

Sy wil vat aan jou siel.

Sy wil als met jou deel, sorg dat jy haar nie verniel.

Sy wil weet wat jou pla, wat’s jou heel diepste vrae.

Moenie stil bly want ‘n vrou wil dit hoor.

Sy wil sien hoe jy opstaan vir haar as jy moet.

Sy wil glo sy’s die vuur wat nog steeds in jou woed.

En dan hou jy haar vas, fluister sag in haar oor.

Maak net seker dat jy haar nooit verloor.

Want ‘n vrou wil dit hoor.

Bobby Van Jaarsveld

0

SPROKIE: DIE DRIE VARKIES…..


Ons almal ken die verhaal (sprokie) van die Drie Varkies. Het julle geweet dat daar eintlik vier verskillende weergawes  is van die Drie Varkies?

* Die Tradisionele Weergawe.

** Die Moderne Weergawe.

*** Die Christelike Weergawe.

**** Mamma Arnell se Weergawe.

Mmmmm…. Gedink julle sou nie weet nie. Wel, vandag gaan ek dit met julle deel…. Geniet Vriende!

1.  DIE DRIE VARKIES (TRADISIONELE WEERGAWE)

Daar was eenmaal ‘n ma-vark wat drie klein varkies gehad het. Toe hulle mooi groot was, het sy vir hulle gese: ” Julle is nou te groot om langer hier te bly. Julle moet weggaan en julle eie huise gaan bou. Maar pasop dat die wolf julle nie vang nie!” Die drie varkies het hulle goedjies gevat, hulle ma gegroet en begin stap. ‘n Entjie verder het hulle by ‘n man gekom wat ‘n bondel stooi op sy rug gedra het. Die eerste varkie het gevra of hy van die strooi kan koop en was baie in sy skik toe die man alles aan hom verkoop. “Ons sal sterker huise bou as joune!” het die ander twee varkies gese. Hulle het hom gegroet en verder gestap. Langs die pad het hulle ‘n man ontmoet met ‘n groot bondel stokkies op sy rug. Die tweede varkie was baie opgewonde en het dadelik die stokkies gekoop. Die derde varkie het alleen aangestap. Hy het ‘n man langs die pad gekry en hierdie man het ‘n klomp bakstene gedra. Die derde varkie was ook die slimste varkie en hy het dadelik al die bakstene gekoop.

Toe bou die eerste varkie vir hom ‘n huisie van strooi. Die tweede varkie vir hom ‘n huisie van stokkies. En die derde varkie het vir hom ‘n mooi en stewige huisie van bakstene gebou. Hy het lank daaraan gebou, want dit was ‘n baie sterk huisie. Toe hy klaar was, was hy baie in sy skik en het gese: “Nou sal die wolf my nie kan vang en opvreet nie!”

Die volgende dag het die wolf met die pad langs gestap en by die strooihuisie gekom wat  die eerste varkie gebou het. Die varkie het vinnig sy huisie se deur gesluit. Die wolf het aan die deur geklop en gese: “Varkie, varkie, laat my binnekom!” “Nee, nooit!” het die eerste varkie gese. “Dan sal ek jou huisie omblaas” het die wolf gese. Hy haal toe diep asem en blaas die strooihuisie om. Toe vreet die wolf die eerste varkie op.

Die wolf het die volgende dag verder gestap en by die stokkieshuisie van die tweede varkie gekom. Die tweede varkie het vinnig sy huis se deur toegesluit. Die wolf het aan die deur geklop en gese: “Varkie, varkie, laat my binnekom!” ‘Nee, nooit!” het die tweede varkie gese. “Dan sal ek jou huisie omblaas” het die wolf gese. Hy haal toe diep asem en blaas die stokkieshuisie om. Toe vreet die wolf die tweede varkie ook op.

Die volgende dag het die wolf verder gestap en by die baksteenhuisie gekom wat die derde varkie gebou het. Die varkie het vinnig sy huisie se deur gesluit. Die wolf het aan die deur geklop en gese: “Varkie, varkie, laat my binnekom!” “Nee, nooit!”  het die derde varkie gese. “Dan sal ek jou huisie omblaas” het die wolf gese. Hy het diep asemgehaal en geblaas en geblaas, maar die baksteenhuisie val nie om nie. Die wolf was baie kwaad gewees. “Varkie, ek gaan jou nou dadelik opvreet. Ek gaan in die skoorsteen afklim en jou kom vang!” Die varkie was baie bang en het ‘n groot pot water op die stoof gesit om te kook. Wolf het op die dak geklim, by die skoorsteen in en af onder toe. Toe hy amper onder was, het die varkie die deksel van die pot afgehaal en die wolf het pardoems binne-in die kookwater geval. Die derde varkie was te slim vir hom.

************** DIE EINDE **************

2.  DIE DRIE VARKIES (DIE MODERNE WEERGAWE)

‘n Tydjie gelede was daar drie varkies, genaamd Spek, Spagetti en Spoetnik. Hulle het by hul  moeder, Mev. Strohrum gewoon. Op ‘n dag het Sambuca Strohrum haar gemanikuurde kloutjies dwars gesit. Sy was keelvol vir hierdie drie skepsels van haar. Hulle het alewig geneul oor haar drinkgewoontes, wat aan die sterk kant was. Boonop het hulle versuim om losies te betaal  en ‘n ou ekstra geldjie sou nie skade aanrig nie. Daarmee sou sy haar groot dors, sonder enige bekommernisse kon les.

Die jong varke het wal gegooi en plegtig beloof om hul snoete uit haar semels te hou. Mev Strohrum het egter kloutjie by stuk gehou, Hulle was spekvet en oud genoem om in die huwelik te tree en varkhok op te sit. Sy het vir elkeen ‘n splinternuwe Billabong reisigerstas gekoop en die pakwerk aan hulle oorgelaat. Daarna het sy vir al drie ‘n enkelrit buskaartjie in die klou gestop.

Hul vader se erfporsie is tussen die drie van hulle verdeel en daarom was geld glad nie ‘n kwessie nie. Elkeen het sy eie kredietkaart gehad, wat nog lank nie sy limiet sou oorskry nie. Op die bus na Pretoria (of nou Twane) het daar in elkeen se kop ‘n plan vorm aangeneem. Hulle was baie opgewonde, onwetend van die drie wolwe (ja, die sprokie voorsien aan elke varkie sy eie wolf) wat op hulle wag.

Spek was duidelik sigbaar, te danke aan sy voorliefde vir voedsel. Hy het ook nie gestroom om self agter die kookpotte te staan nie. Om met eksotiese disse te eksperimenteer was een van sy gunsteling tydverdrywe. Hy het besluit om ‘n restaurant te open. Spagetti was die maerste van almal. Hy het die mooi en duur dinge in die lewe waardeer. Hy het besluit om sy geld aan ‘n sportmotor en huis in die voorstede van Johannesburg te bestee. Spoetnik was vinnig en sy passie was sport. Hy het ‘n lyf gehad wat menigte varke skokkend pienk van jaloesie gehad het. Elke spek was op sy plek…. en hy het dit geweet. Hy het sy geld aan oefenmasjiene bestee.

Spek se vreemde kombinasies het slegte spysvertering aan inwoners besorg. Dit was nie lank nie of die gesondheidsinspekteur (wolf) maak sy opwagting en beveel Spek aan om toe te maak. Arme Spagetti se huisverband en motorpaaiemente het begin ophoop. Binnekort was die belastinggaarder (wolf) op sy spoor. Spoetnik, die beer onder die soe, was ook in die moeilikheid. Een van sy aanstaande skoonma’s (in die geval ‘n wolvin) het hom met ‘n seer hart gesoek.

Hulle het koppe bymekaar gesit en drie weke later het hulle hul vyande vir ete genooi. Spek het een van sy gunsteling geregte opgetower. Een na die ander het die gaste onwel begin voel. Met behulp van Spoetnik se afrigting kon hulle,  hulle vinnig uit die kloue maak.

Deesdae swerf hulle deur Europa en rits rond in Spagetti se Lamborgini. Elke maand ontvang Mev Strohrum ‘n bos varkore en lees ‘n poskaart van erens. Spek vertel van al die disse wat hulle op die proef stel. Spagetti vertel in kleur van al die motorskoue en argitektuur, Spoetnik van al die mooie soe…… Dan kyk sy na al die dagvaardings, dreigemente en belastingaanslae….. en skink vir haar nog ‘n enetjie…. die derde… een op elkeen van haar varkies. Goed so, dink sy, nou kan ek maar die res van die bottel kry…. En knipoog vir die portret van haar oorlede beer. Elke vark kry sy dag (En in elk geval kry sy nou meer blomme as ooit tevore, wat natuurlik ‘n bonus is).

************** DIE EINDE **************

3.  DIE DRIE VARKIES (DIE CHRISTELIKE WEERGAWE)

Daar was ‘n ma-vark. Sy het drie varkies gehad. Op ‘n dag besef sy dat sy haar varkies moet uit stuur om self te gaan werk en hulle toekoms self te gaan bepaal.

Die Here het dieselfde met elkeen van ons gedoen.

Die eerste varkie hou nie van harde werk nie. Hy bou gou gou sodat hy kan rus. Hy is ‘n lei vark. Die Christen wat nie wil werk aan sy verhouding met Jesus nie. Daar was ‘n ou wat kla dat elke keer wat hy kerk toe kom sing hulle dieselfde liedjies. Betlehem ster en Stille nag. Probleem is hy kom net kerk toe op Kersfees. Die Tweede varkie is meer besorgd oor die uiterlike as verantwoordelikheid en gehoorsaamheid. Sy huis neem hom nie baie langer om te bou as die eerste vark s’n, maar dit lyk darem beter. Hy weet dat as die storm kom, gaan dit nie hou nie, maar daar was so lanklaas ‘n storm…. Die derde varkie het met bakstene gebou op ‘n sterk fondasie. Hy moes hard werk om sement aan te maak en swaar dra aan bakstene bou. Hy het geweet as hy klaar is, sal hy veilig kan rus.

1Kor 3:11: Want niemand kan ‘n ander fondament le as wat daar gele is nie, dit is Jesus Christus!

************** DIE EINDE **************

4.  DIE DRIE VARKIES  (MAMMA ARNELL SE WEERGAWE)

Eendag lank, lank gelede was daar ‘n mamma  “varkie”  gewees en ‘n pappa  “varkie” . Die mamma “varkie” se naam was Arnell en die pappa “varkie” se naam was Kobus.  Hulle wou bitter graag ‘n baba “varkie”  he. Elke liewe dag het hulle gebid dat miskien eendag sal hulle ook ‘n baba “varkie”  he soos al die ander “varkies”  om hulle.  Ongelukkig was daar ook ‘n Wolf (Infertiliteit) gewees. Eendag toe hulle baie moedeloos was, na so baie probeer het hulle by ‘n Dokter “varkie”  uitgekom en sy naam was Dr. Stephan Volschenk gewees. Dr. Stephan het dadelik hierdie twee “varkies” se hartseer en pyn raakgesien en besluit om hulle te help. Mamma Arnell  het dadelik van Dr. Stephan gehou en hom ten volle vertrou. Dit was ook nie gou nie of Mamma Arnell doen haar eerste Invitro by Dr. Stephan. Dit het ongelukkig nie gewerk nie en Dr. Stephan, Pappa Kobus en Mamma Arnell besluit om nog ‘n Invitro te doen. Hierdie keer werk dit, maar hou nie lank nie want Mamma Arnell verloor die baba “varkie”. Nou baie moedeloos en hartseer besluit Dr. Stephan, Pappa Kobus en Mamma Arnell om maar weer te probeer en Whola Mamma Arnell raak  swanger met nie net een “varkie” nie, maar met drie!

Op Maandag die 22ste September 2008 word drie pragtige “varkies” gebore in Sandton Medic Clinic.

Quintin, Reinhardt en Zander Botha!

Vandag is hulle al vier jaar oud. Hulle is nie altyd baie soet nie. Hulle is nie altyd baie gehoorsaam nie. Maar hulle is super cute en die mooiste drie “varkies” ooit!

Die Drie Varkies – ons eie Sprokie….

And they live happily ever after!

Ps:  en ja! Die drie Varkies was en is groot Sharks Supporters!

************** DIE EINDE **************

0

BERG & BUSH MTB 2012


 

So ja! Jy is oppad Sterkfontein Dam toe om jou eerste Berg & Bush Mountain Bike naweek te doen. Drie dae van baie kilometers afle, net jy en jou fiets. Dag 1: 90km. Dag 2: 70km en Dag 3: 68km. Jy en Andrew se naam is: Team Freedom. Wel, Team Freedom geniet julle vryheid, geniet die skoonheid van die natuur en trap elke kilometer met ‘n glimlag! Wees vry en geniet God  se volmaakte Skepping 🙂

Ek weet jy is super opgewonde en kan nie meer wag tot more oggend nie. Maar, ek weet ook dat jy baie bang en op jou senuwees is, want sien dit is jou eerste “amptelike” fietswetren. So by the way? Wat noem ‘n mens dit? Skies, jy moet maar baie geduld met my he, ek leer nog al die fietsry terms. Weet darem nou al dat MTB staan vir Mountain Bike….. Mooi Man!

Outjie, jy moet dit baie geniet. Ry asb baie mooi en kom in eenstuk Sondag huistoe. Moet jou nie bekommer oor die spannetjie kinders by die huis nie, ek sal mooi kyk na hulle. Bekommer jouself eerder oor my, hou maar asem op en bid dat hulle goedgesind sal wees teenoor Mamma Arnell en my nie te veel verniel nie.

Geniet elke oomblik, jy verdien hierdie blaaskansie. En onthou: Moenie doen wat Lance Armstrong gedoen het! He He He…..

Enjoy!

Mountain Bike Groete: Ekke, en jou vier-nie-so-soet-vrek-cute-kinders-by-die-huis.

Mwah…… 5 Soentjies x x x x x

xAx

Ps: Die vraag is: Gaan die Trips in hulle pa se fietsry spore volg? Mmm…. Ek dink nogal so……

 

 

0

‘n LUCOZADE EN RED BULL DAG…….. VIR MY………


So vanoggend toe Dominique my 03:30 wakker maak “om net gou te piepie” en ek haar 06:10 wakker maak om op te staan vir skool  en sy vir my se: “Mamma! G A A N    W E G!” Moes ek geweet het, vandag gaan nie ‘n goeie dag wees nie. En by the way ek kon nie weer slaap na 03:30 nie! En by gese, Madam D is nou maar eers 2 en ‘n half! Oi, the joy’s of having teenagers in the house!

Dit is nog nie eers 13:00 nie, en ek het al ‘n groot Lucozade en Red Bull agter my blad, met ‘n handvol Vitamiene Pille ook. En voel ek  al beter! Nope, Nada, Neeeeeeeeeeeee!

 So ek kry myself amptelik jammer….  Mmmm…..

Ok! Haal asem…. Laat ek myself net gou herrinner waaroor alles nou weer gaan 🙂

 

Hierdie twee Figuurtjies is op die oomblik  my challenges! Pappie, hulle hou my besig. Defnitief Kobus se kant van die familie.  Quintin en Zander is lammetjies! My kant van die familie.

Reinhardt is nou op die “Hoekom” en “Waarom” stadium. En Dominique praat terug en as sy nie hou van my manier van dinge doen nie, “wip” sy haar gou en slaan haar kamer deur in my gesig toe. I kid you not! Het ek genoem dat sy nog nie drie is nie?

Maar, hulle is super cute en ek sal hulle vir niks veruil nie. Ok, vandag miskien vir ‘n Bar One (I need that 25 hours) and I need some Energy. And I need some sleep!

Toedels Maters.

xAx

 

 

0

VAN 1 3-LING MAMMA AAN ‘N ANDER…….


Madelein, oor ‘n paar dagies word jy ‘n Mamma van ‘n Drieling. Twee Seuntjies en ‘n Dogtertjie. Soos ek hier sit, is ek super opgewonde vir jou part – en ja, misien ‘n bietjie jaloers! 🙂 En miskien ‘n bietjie verlig…… 🙂

Ek weet jy is bang. Ek weet jy is onseker. Ek weet jy twyfel oor of jy ‘n goeie Mamma gaan wees. Ek weet jy is super opgewonde en jy het tonne vlinders in jou maag. Ek weet ook dat jy moeg is. Dat jou rug af is en dat jy weke, ja selfs maande laas ‘n goeie nagrus gehad het. Ek  weet jy verstaan nou die term SOOIBRAND ten volle!

Ek weet die hospitaal, die personeel en dokters maak jou bang. Om nie eers van Neonatal en ICU te praat nie. Al daardie masjiene? Madelein, vandag wil ek net vir jou se – dit is ok om bang te wees. Ek was bang!

Ek wil graag vandag ‘n paar dingetjies met jou deel, nie omdat ek beter weet nie. Nee, inteendeel! Net ‘n paar goedjies om aan vas te hou as dingetjies pla of te veel gaan word met tye (en glo my, daar gaan daardie tye kom).

*  Jy is baie spesiaal, dink net Liewe Jesus het JOU gekies om sy drie kosbare Engel Kindertjies hier op Aarde groot te maak. Wow, vriendin! Hoe spesiaal.

*  Ek weet jy is bang vandag. Bang vir die volgende paar dagies in die Hospitaal. Bang vir die oomblik as hulle gebore gaan word. Bang of jy gaan kan borsvoed. Bang of hulle ok gaan wees, gesond gaan wees.  Ek is seker jou lysie gaan aan. Al wat ek vandag vir jou wil se is: My vriendin, ALLES gaan ok wees! Die Here is by jou die hele tyd. Die Here is by die Dokters, die Teater Personeel, by jou en by Manlief. Die Here hou hierdie drie spesiale Mensies al so styf vas en beskerm hulle die hele tyd.

*  Die keiser gaan seer wees. RUS! RUS! RUS! Die Neonatal ICU Personeel is fenominaal en sal mooi na jou drie Engeltjies kyk. Drink al jou pynpille en wees goed vir jouself die volgende paar dagies. Pas jouself mooi op! Onthou: Gebruik hierdie tydjie, want as die drietjie’s eers by die huis is, kan Mamma’s mos nie siek word nie. He He He.

*  Wees goed vir Manlief. Ja, hulle is maar dom aan die begin, en vra maar die domste vra. Kobus het gedink die doeke grootte was dieselfde as die kind se gewig,  m.a.w, as baba 4kg weeg, dra hy ‘n Size 4 doek.  Keep a straight face en antwoord hom sonder om hom dom te laat voel. Giggel later lekker saam met jou vriendinne daaroor 🙂

*  Vra hulp! Moenie alles alleen probeer doen. Jy gaan dit reg kry vir ‘n week of twee en wat dan? Drie klein babetjies is baie demanding en jy en Manlief bly ook net mense, julle moet ook slaap en eet. Asb! Kry mensies om julle te help, terwille van julle eie “sanity”.

*  Humor!!!!!!! Lag baie. Dit is al wat my en Kobus deur daardie moee, bang, demanding tye gekry het. Soms kon ons nie onthou of ons een babetjie drie keer na mekaar droog gemaak het nie  en party dae het ons tot die nat doek weer aangesit en die nuwe, droee doek weg gegooi. Lag, lag en lag…..

*  Huil as jy moet. Moet niks binnehou nie! Dit is nie goed nie. Praat met Manlief as iets pla, moet hom nie uitsluit nie. Onthou – hy gaan ook deur alles waardeur jy gaan. Sy vrese (finansies) en jou vrese (gewig), mag dalk verskil, maar julle albei moet hierdie drie klein kindertjies groot kry.

*  Geniet jou drie Engeltjies. Hulle is so kosbaar en regte Vegtertjies!

*  Was, was, was jou hande! Jy gaan dit die hele dag, al dag doen. Jy gaan nie genoeg hande kan was nie. Onthou, sulke klein mensies kan baie gou infeksie kry.

*  Ek weet almal kan nie wag sodra Babetjies by die huis is nie. Hou maar die gaste  lysie vir eers baie kort. Dit kan baie veeleisend wees as almal kom kuier (ek weet hulle bedoelings is baie goed), maar ter wille van die drietjies se gesondheid en julle rus.

*  Neem baie foto’s. Dit is wonderlik om te sien hoe hierdie drie, spesiale klein mensies elk dag vorder. Van net 3ml’s melk elke 8 ure  deur buise in hulle neusies, tot later 50-70ml’s uit bottels. Hul eerste bad wat Mamma of Pappa hulle gee is ‘n MOET  foto oomblik. Maande, Jare na dit gaan jy weer daarna kyk en raai wat? Jy gaan net die goeie oomblikke in daardie moeilike selfs bang tye onthou. Vat my woord vriendin – ek verseker jou dit!

*  Wees BAIE  vriendelik met die ICU  en Neontal Highcare Personeel. Hulle werk so hard en waardeer Ouers wat vriendelik is. Hulle is ook net mense. 

*  Kry iemand (verkieslik nie Manlief nie) met wie jy al jou emosies mee kan deel. The Good, The Bad and The Ugly! Ek het vir Mandy gehad, en tot vandag is sy my steunpilaar. 

*  Onthou, jy is nou ‘n Mamma van ‘n Drieling. Maar jy is nogsteeds Madelein. Wees goed vir jouself, kyk na jouself en moenie jouself verloor nie.

*  Jy gaan foute maak en dit is ok. Onthou hierdie drie mensies is onvoorwaardelik lief vir jou. Elke dag gaan jy meer leer en ons lewens is tog daagliks ‘n leerproses.  Daar bestaan nie  iemand soos ‘n Perfekte Mamma nie, maar wel ‘n Mamma wat baie drukkies en soentjies kan gee.

* As ek jou met nog net een gedagte kan laat, is dit dit: Madelein jy gaan baie raad kry by baie verskillende mense, en met tye gaan jy baie deurmekaar en overwhelmed wees. Jy is die Mamma. Hulle is jou Kinders. Volg jou instink. Gou sal jy weet wat vir jou en Babetjies werk en wat nie. Doen wat jy dink reg is. Ongelukkig kom Babetjies nie met Manuals nie! Weet net jy gaan ok wees. Liewe Jesus sal jou nie alleen los nie, en soms gaan dit vir jou voel asof jy alleen is. Maar jy is nie. Liewe Jesus sal vir jou daardie dag iemand stuur om jou te help. Dalk ‘n vriendin, ‘n Verpleegter, ‘n Ma, ‘n Ouma…… Jy sal weet!

*  Laastens maar nie die minste nie.  Moet nooit Liewe Jesus se hand los nie. Hy het jou en Manlief so “Gebless” en bederf met nie net een babetjie nie, maar met drie.

*  En die beste los ek vir laaste…… Hulle word groot! Daar gaan ‘n tyd kom dat hulle hulle bottels self gaan vashou, self sit. Self gaan loop en self gaan eet. Vir Mamma’s wat net een op ‘n slag het, mag dit dalk “wreed” klink dat ons, ons kinders groot wens. Mensie, vat dit maar met ‘n tong-in-die-kies. Daardie Mamma ken nie die gevoel as al drie Babetjies tegelyk wil drink nie en jy net twee hande het nie. En o ja! Jy en Manlief gaan baie kreatief raak as “probleempies” soos hierdie opduik. Ja, jy kan drie babetjies tegelyk optel en bottel gee. Ek sal dit nie aanbeveel nie, en hou maar ‘n kamara weg, want dit is nie so ‘n good sight nie, maar as dit drie skreeu bekkies stil hou, why not?????

*  Geniet dit! Dit gaan ‘n Roller Coaster Ride wees! Een met baie op’s en af’s. Maar glo my die lekker gevoel so uit jou maag gaan baie meer wees as die naar huil gevoel.

*  Jy kan en jy gaan ‘n baie goeie Mamma wees. Liewe Jesus weet dit! Ek weet dit! Glo jy dit net!

Toedels my vriendin. Ek gaan vir jou kom kuier en kan nie wag om jou Drie Wonderwerk Engeltjies te sien nie. En as jy wil: BEL, BEL, BEL MY!

Drieling Soentjies: Arnell

Ps:  My Drie Kabouters! Van Toeka tot Nou! Sien jy – hulle word groot! 🙂