DOMINIQUE SE OULIKE SE-GOEDJIES…..


Dominique is nou twee en ‘n half jaar oud. Sy is van die doeke af (dankie tog!)  en daagliks verbaas sy my met haar woordeskat en oulike se-goedjies. Sy leer ‘n nuwe liedjie en rympie letterlik in ‘n paar minute aan – I kit you not!

Die laaste week het sy ons weereens so “ge-entertain” met haar se-goedjies. Ek deel ‘n paar met julle:

*  Verlede week was die weer baie swaar gewees deur die nag. Madam het wakker geword van die dreuning en blits. Ons hoor haar toe oor die Baba Monitor: “Vivian, Vivian. Kom haal my!” Vivian is ons nagverpleegster.

*  Iewerste hierdie week ook deur die nag het sy haar kop gestamp teen die muur. Weereens hoor ons haar oor die Monitor: “Eina! – huil….. Vivian kom help my!”

*  Nou die middag het sy ‘n “nommer 2” in haar klein toilet, sy kyk daarna en se vies: “Ag, sies man!”

* Sy haat dit as die Seuns (haar boeties) ‘n woord verkeert se, sy vervies haar sommer net daar en se vir hulle duidelik en hard: “Kyk na my mond – P-O-L-I-S-I-E-K-A-R!” Sy spel letterlik die woord uit vir hulle!

* Ek groet hulle nou die oggend voordat ek werk toe ry, sy draai om en se vir my: “Ok! Lekker werk!”

*  Haar boeties se verjaarspartytjie is oor 3 dae, en dit is vir haar vreeslik erg dat daar dogtertjies by hulle Spiderman Partytjie gaan wees, sy word sommer kwaad en se hulle mag nie kom  nie want hulle is “Dotterkies” – nou wat van haar dan?

Ai, mensies hierdie is maar net ‘n paar dingetjies waarmee Madam Dominique die laaste week mee vorendag gekom het. Sy is regtig a laugh a minute en ons geniet haar tonne baie!

Lekker dagie verder, en gelukkig is dit Vrydag more.

Mwah

xAx

 

 

Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s